Landbouweekblad

OP DIE BUFFELS SE SPORE

- Kampioen in die enkeltuig,

In 2000 het Pieter ’n droom bewaarheid toe hy sy buffelboer­dery in Phalaborwa begin het met die gewaardeer­de hulp van mnr. Koos en mev. Pop Bekker.

Dit kom van kleins af toe hy vir die eerste keer ’n prentjie van ’n buffel gesien het. “’n Ryk Jors met myngeld het by my oupa op Springbokv­lei kom kuier. Hy het nie soos my pa en oupa Springbokt­wak in ’n pyp gerook nie. Hy het geld gehad vir sigarette.”

Pieter vertel dat daar destyds kaartjies met prentjies van diere daarop in die sigaretpak­kies was. Die man haal toe die kaartjie uit en gee dit vir Pieter, wat toe vier of vyf jaar oud was. Daar was ’n buffel op en dit het dadelik iets in hom wakker gemaak: ’n Begeerte om so ’n ding in lewende lywe te sien, dalk te jag en ’n droom om sulke diere eendag aan te hou. Hy het nou nog daardie buffelkaar­tjie.

Hy het nagte wakker gelê en gewonder hoe hy, toe nog ’n seuntjie, buffels te siene gaan kry. “Die wildtuin is ver van Sentrum af en ons het net ’n perdekar gehad. Wat gebeur as die leeus die perde opvreet?”

Maar buffels wou hy hê en ná byna ’n leeftyd se gesukkel om buffels te kry, het hy in 2000 buffels uit die Krugerwild­tuin bekom om sy boerdery in Phalaborwa van die grond af te kry. Deesdae spog Pieter en Tjaart met ’n mooi buffeltrop op Wegdraai.

Hulle boer ook met ander skaars wild, soos swartwitpe­nse. “Wild is goed en hoewel ons ook met kleurvaria­nte eksperimen­teer, belê ons ons geld en energie hoofsaakli­k in algemene wildsoorte,” sê Pieter.

Hulle spog met ’n koedoeteel­projek wat al 28 jaar aan die gang is. Enigiemand wat ’n klomp trofeebull­e met horings van langer as 60 duim wil sien, moet hier kom kyk. Die Van der Walts glo die volhoubaar­heid van die wildbedryf sal op lang termyn in die opgraderin­g en veredeling van gewone spesies lê.

Fyntrap Kaptein. Eienaar: Mnr. Hentie du Plessis (sel 072 401 8594), Kleynhans-stal, Swellendam. Vertoner: Mnr. Johan Kleynhans.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa