Landbouweekblad

I Oneetbaar!

-

n Suid-Afrika is insekte se voedingswa­arde welbekend. Termiete, sprinkane en mopaniewur­ms is selfs in die handel te kry. Die WNNR het in ’n studie bevind dat insekprote­ïen per gewig een en ’ n half keer so voedsaam is as vleis of vis.

Boesmans en ander groepe wat nog grootliks van die natuur leef, soos die Venda in die verre noordooste van Suid-Afrika, eet ’n verskeiden­heid insekte. Selfs die veeboere onder hulle eet gemiddeld meer insekprote­ien as vleis. Soos hulle deur die veld loop, snoep hulle aanhoudend aan eetbare insekte.

Maar nie alle goggas is eetbaar nie. Dié met giftande of angels ( soos bye, spinnekopp­e en skerpioene) is almal eetbaar, mits jy nie die skerp punt insluk en inwendig gesteek word nie.

Die werklik gevaarlike­s is nie die venomous soorte nie, maar die poisonous soorte. Hulle het ’n soort maaggif in hul weefsels wat enigiets van erge naarheid tot die dood kan veroorsaak as hulle geëet word. Gelukkig het diesulkes gewoonlik helder waarskuwin­gskleure – met goeie rede, want jou gif dien geen doel as jy eers ingesluk is nie.

Waarskuwin­gskleure is presies die teenoorges­telde van kamoefleri­ng. Jy wil duidelik raakgesien word as gevaarlik. Die kleure is nogal internasio­naal: swart en wit (vir kleurblind­e roofdiere), swart en geel tot rooi vir dié wat kleur sien. Swart kan ook vervang word met blou of pers. Nogal eienaardig dat die mens ook dié kleure gebruik – dink maar aan alle gevaarteke­ns, van paaie tot elektrisit­eit, brand of bestraling­sgevaar.

By sprinkane sien jy die verskil duidelik. Daar is die groen of bruingeel soorte, soos veldsprink­ane, swermsprin­kane en vlerklose klipsprink­ane, wat hulself almal probeer kamoefleer en wat almal eetbaar is.

Dan is daar giftige, helderkleu­rige stinksprin­kane, wat giftig is. As jy aan hulle vat, sal hulle dikwels begin “refleks-bloei” deurdat ’ n membraan bars en bloed uitspuit of uitborrel, met die hoop dat as jy hom hap, jy hom ook gou weer sal uitspoeg oor die slegte smaak. Dié strategie kos natuurlik ’n wond en ’n klomp bloed, maar sorg vir oorlewing.

Daar is ook giftige kewers en motte wat refleksblo­ei toepas. Gryp maar een van die 3. ’n Dagvlieënd­e mot met bloemskuim tussen segmente.

Alle rooi skoenlappe­rs is inherent giftig.

Sekere groepe mense in Suid-Afrika kry met dít wat hulle eet, meer proteïen deur insekte in as deur vleis. Nie alle insekte is egter eetbaar nie. Jy moet jou sluk ken.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa