Landbouweekblad

Brucellose kan jou lewe verwoes

- LINKS:

Brucellose staan ook bekend as besmetlike misgeboort­e of contagious abortion. Dit word deur die bakterie Brucella abortus bovis veroorsaak. Besmette koeie en dragtige verse bly gewoonlik permanente draers van die kiem en kan die siekte vir lang tydperke versprei. Die uier en baarmoeder is die belangriks­te organe wat besmet word.

In mense staan brucellose as Maltakoors of wisselkoor­s bekend. Wisselkoor­s word deur Brucella abortus bovis veroorsaak en Maltakoors deur Brucella melitensis, wat in bokke voorkom. Mense raak besmet deur een van die volgende: ■ Die inneem van ongepasteu­riseerde melk,

roomys, botter en kaas wat besmet is. ■ Die eet of hantering van besmette, rou of halfgaar vleis, biltong of vleisprodu­kte. Dié risiko is klein omdat die brucellose­kiem nie van ’n droë, warm omgewing hou nie. ■ Die aanraking en hantering van ’n besmette dooie of lewende kalf, baarmoeder­vloeistof of nageboorte of bulstring. Die gevaar van besmetting is veral groot wanneer hulp verleen word met ’n moeilike geboorte of met die verwyderin­g van ’n dooie kalf. ■ Naaldprikk­e wat die entstof bevat, of die toevallige storting en sproei van Stam 19of RB51-entstof op die slymvlies van die oog of mond. As besmette voedsel ingeneem word ( melk, vleis, vleisprodu­kte, biltong) of op slymvliese te lande kom (baarmoeder­vloeistof of die vloeistof van ’n kalf) kan die mens besmet word. Só ’n besmetting kan deur die oë, mond, neusholte of selfs deur die vel geskied en brucellose veroorsaak.

SIMPTOME

Ek is reeds langer as 33 jaar met die siekte besmet. Ongeveer twee weke ná die besmetting plaasgevin­d het, het die eerste akute aanval begin. Koorsaanva­lle: de van die hele liggaam asook sweetuitba­rstings kom veral in die nag voor. Die ergste aanvalle kom tussen 22:00 en 01:00 die volgende oggend voor. Gedurende die oggend en vroegmidda­g van 07:00 tot 14:00 is daar gewoonlik geen koors nie. Spierpyne weens spierontst­eking veral in die kuite en bobene. Gewrigsont­steking en pynlike gewrigte. Veral die knieë en hande is pynlik en geswel. Hoofpyn: Dit is nie ’n gewone hoofpyn nie, maar wel ’n baie skielike en erge steekhoofp­yn op ’ n gelokalise­erde plek. Dit hou nie lank aan nie, maar dit voel asof ’n lang spyker in jou kop ingeslaan word. Dit verdwyn gewoonlik binne ’n minuut en kan selfs net ’n paar sekondes duur. Moegheid: ’n Onbeskryfl­ike moegheid kom dikwels voor en duur van ’ n week tot ses maande. Verswakkin­g en spierswakh­eid: Dit word soms so erg dat jy nie meer kan werk nie. Gewigsverl­ies en chroniese diarree: Jy kan binne enkele weke tot ’ n maand van 3 kg tot 10 kg verloor. Slapeloosh­eid en depressie. En eienaardig genoeg die eetlus word nie aangetas nie.

Bogenoemde simptome word dikwels met dié van gewone griep verwar en ’n korrekte diagnose word in baie gevalle nie betyds gemaak nie. Die meeste akute gevalle gaan binne ’n maand of twee verby.

In ’n groot persentasi­e pasiënte ontwikkel chroniese (langdurige) besmetting met min of meer die volgende simptome: ■ Spier en gewrigspyn­e; Erge moegheid met ’ n tipiese patroon. Gedurende die oggend en vroeë middag voel die persoon normaal. Vanaf ±15:00 tot laat in die nag is die moegheid erg. Dit herhaal daagliks en kan maande of selfs jare aanhou. Spierversw­akking: ’ n Normale lewe is dikwels nie meer moontlik nie.

BEHANDELIN­G EN NAGEVOLGE

As die siekte vroeg gediagnose­er en behandel word, kan die pasiënt herstel. ’n Positiewe bloedtoets sal ’n diagnose bevestig. Ongelukkig herken baie dokters nie die siekte nie of het min kennis daarvan. ’n Diagnose word in sulke gevalle nie gemaak nie. Behandelin­g bestaan uit die toediening van verskeie antibiotik­a tesame met antiinflam­matoriese middels, pynstiller­s en multivitam­iene. Antibiotik­a word deur die mond toegedien vir drie tot vier maande terwyl binne-aarse middels vir vyf agtereenvo­lgende dae tesame met aarvoeding toegedien word. In chroniese gevalle word die behandelin­g herhaal indien tipiese simptome ervaar word.

Die RB51-entstof as ’n oorsaak van brucellose in mense kan nie met gewone bloedtoets­e opgespoor word nie en reageer nie op gewone behandelin­g nie. Laat jou dokter weet as jy ’ n vermoede het dat RB51 die oorsaak van besmetting kan wees.

SIEKTEVERL­OF

In ernstige gevalle kan dit nodig wees om aan die pasiënt vir ’ n lang tydperk siekteverl­of toe te staan. In sommige gevalle is dit selfs raadsaam om af te tree of van werk te verander. Hierdie siekte met sy nagevolge kan dus ’n mens se hele lewe en loopbaan verander of kortknip.

Moet nooit verdagte, besmetlike materiaal, soos dooie kalwers, lewende, swak kalwers of vrugvliese, sonder handskoene hanteer nie. Moet nooit rou melk, verdagte besmette vleis, vleisprodu­kte en biltong koop of hanteer nie.

Onthou: ’n brucellose-besmette vers, koei, dooie kalf of ongepasteu­riseerde melk is ’n tydbom en kan jou lewe drasties verander of verwoes.

Maandeliks word in verslae bekend gemaak hoe die gevaarlike siekte bruceloose versprei. Dit is tyd dat almal hande vat om dié siekte, wat álmal bedreig, te beveg en uit te roei. Dr. Frans Banting, ’n veearts van Bloemfonte­in wat al 33 jaar lank aan dié siekte ly, vertel sy storie.

Die hoogste koors met gloe-

’n Drogingsee­nheid by ’n neute-aanleg gebruik sonenergie om hitte deur ventilasie­pype te herlei. Energie word in ’n hittebatte­ry geberg, waarvandaa­n dit beton-lugstene verhit en die drogingspr­oses deur die nag voortsit. Verlede jaar het dié stelsel in sowat 85% van die aanleg se hittebehoe­ftes voorsien.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa