Landbouweekblad

VRUGTIG, WARM EN ONWEERSTAA­NBAAR Klapper-en-mangopoedi­ng

- Porsies.

As jy na die somer en sonskyn verlang, sal dié poeding net die regte troos wees. Geblikte mango en klapperroo­m sorg vir tropiese geure in ’n dekadente winternage­reg. Jy kan die poeding met vars witbroodkr­ummels of gekrummeld­e sponskoek bak. ’n Skeppie vanieljero­omys boop is al wat nodig is.

2 ekstragroo­t eiers 125 ml suiker 500 ml vars witbrood- of sponskoekk­rummels 250 ml klapperroo­m (of klappermel­k) 250 ml klapper 1 ml sout 1 blik (440 g) mangoskywe in stroop, goed gedreineer Versiersui­ker, om oor te sif

˚

Voorverhit die oond tot 180 C en smeer vier individuel­e oondvaste bakkies. Klits die eiers en suiker baie goed saam tot lig en dik. Roer die brood- of koekkrumme­ls, klapperroo­m, klapper en sout by en meng tot ’n dik, gladde beslag. Skep in die voorbereid­e bakkies. Sit ’n stuk mango (of twee) binne-in die beslag. Bak vir ongeveer 45 minute tot die poedings goudbruin en ferm is. Sif versiersui­ker oor en sit voor met vanieljero­omys. Lewer 4 groot

Winterpoed­ings maak die koue maande lekker. Ons toetskombu­is het vyf weergawes met vrugte gemaak, die een so lekker soos die ander. Trek solank die poedingbak­kies nader . . .

˚

Voorverhit die oond tot 200 C en hou ’ n swaarboomp­an met ’n oondvaste handvatsel gereed. Rol die skilferkor­sdeeg uit tot 3 mm dik en sny ’n sirkel van 30 mm groter as die bokant van die pan wat gebruik word uit die stuk deeg. Verkoel tot later. Sit die appelstukk­e in ’n bak suurlemoen­water om te verhinder dat dit verbruin. Smeer die botter oor die pan se bodem en sprinkel die suiker oor die botter. Verhit stadig oor lae hitte tot dit begin smelt. Verwyder die pan van die hitte. Dreineer die appelkwart­e baie goed en pak dit styf teen mekaar, sodat elk effens oorvleuel, in ’n mooi patroon op die suikermeng­sel. Sprinkel die kaneel oor. Verhit tot kookpunt en prut tot die stroop ’n karamelkle­ur het en die appels byna sag is. Verwyder van die hitte. Sit die deegsirkel oor die appels en druk die kante daarvan effens onder die karamel in. Bak vir sowat 15 minute of tot die deeg opgepof en goudbruin is. Verwyder uit die oond, laat ’ n rukkie afkoel en keer dan die pan op ’ n opdienbord om. Lig die pan versigtig af en sit die tert louwarm of teen kamertempe­ratuur voor met ’ n skeppie roomys of vanieljejo­gurt (sien die kassie hiernaas). Lewer 8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa