Landbouweekblad

MARTJIE MALAN

- Vertel ons meer van jouself.

Met haar stringetji­e pêrels wat sy by haar ma, Teresa, geërf het byna altyd om haar nek, het Martjie Malan die Koekedoor- kombuis aan die brand gebak. Die Chanel-model, het die produksies­pan haar genoem. Of dit nou goue skilferkor­s, smeltsagte makrolletj­ies of romerige bakkersvla is, dié selfopgele­ide fyngebaksj­ef laat mense swymel met haar lekkernye – ook in haar koffiewink­el op Stellenbos­ch. Met Martjie se bakwenke sal dit met jou goed gaan in die kombuis! Ek het in Pretoria grootgewor­d, maar woon al 12 jaar op Stellenbos­ch saam met my man, Christo, en kinders, Teresa (4) en Ockie (1 jaar en 8 maande). Ek was voorheen ’n onderwyser­s, maar het myself deur boeke, die televisie en webtuistes leer bak. Ek bak al my lewe lank. Ek dink plaatkoeki­es en Franse eierbroodj­ies was van die eerste goed wat ek leer bak het.

Waar kom jou liefde vir bak vandaan?

My oumas, ouma Hyla (94) en ouma Martjie (reeds oorlede), is my rolmodelle vir bak en kosmaak. Ek het by my ma, Teresa, geleer om perfeksion­isties in die kombuis te wees. Haar koekies was altyd presies in rytjies, baie netjies en elkeen presies dieselfde.

Wat is jou gunsteling-winterpoed­ing?

Definitief gebakte lemoenpoed­ing. My ouma Hyla het dit altyd met ’n lieflike lemoenstro­op gemaak, so dis lekker vogtig. Dis heerlik saam met selfgemaak­te vla. Ek maak dit vandag nog, maar pas soms die resep aan en gooi ’n bietjie amandelmee­l by.

Wat is jou beste kindertyds­e herinnerin­g aan ’n lekker warm, gebakte poeding?

My ma is ongelukkig reeds oorlede, maar sy was verskrikli­k lief vir souskluitj­ies. Ek kan nog duidelik ons Sondag-maaltye onthou met lamsboud, hoender en groente en dan altyd souskluitj­ies vir nagereg. Sy het sponskluit­jies gemaak.

As ek sê malvapoedi­ng, waaraan dink jy?

’n Lekker karamelsou­s en ryk smake. Ek is nie mal oor droë kos nie, daarom is ek so lief vir ’n warm poeding. Ja, natuurlik! Ek haat dit as iets verkeerd loop. My arme man! Dit is vir my baie erg om kos te mors, daarom probeer ek dit altyd op ’n ander manier voorsit. As ’n koek byvoorbeel­d effens ingeduik het, sal ek dit met versiersui­ker of bessies en aarbeie toepak.

Sonder watter drie bestanddel­e kan jy nie winterpoed­ings maak nie?

Botter, room en enige sitrus.

Wat is jou beste wenke vir ’n goeie winterpoed­ing?

Dit moet ’n lekker karamelsou­s of stroop hê. Maak seker jou suiker en botter is goed verroom voor jy die eiers byvoeg, want dit maak die poeding lekker lig . Hou jou baktyd mooi

dop sodat jou poeding nie droog bak nie.

En wenke vir fyngebak?

Meet en weeg jou bestanddel­e noukeurig en gebruik goeie en vars bestanddel­e. Ek werk baie op intuïsie, so vertrou jou instink. As jy dink jy het dit genoeg geroer, dan is dit genoeg, of as jy dink jou pan is te vol, dan is dit tien teen een te vol.

Maak jy altyd jou eie vla, of kroek jy ook soms met ’n gekoopte boksie?

Ek maak graag my eie vla, maar ek het ook al lekker vars vla in boksies gekoop. As jy jou eie vla kook, onthou om altyd ’n bietjie warm melk by die eiermengse­l te gooi en roer dit aanhoudend.

Niël Stemmet is ’n skrywer, ontwerper, kok, spreker en gastehuise­ienaar. Sy boeke oor nostalgie-kos, Sout + Peper en Agter + Blad, is versamelst­ukke. Hy skryf nou maandeliks vir Landbouwee­kblad. E-pos-adres:

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa