Landbouweekblad

Sondagkos, koesterkos

-

Kos is deel van ons elke dag se leef, liefde en leed.

Ons onthou nostalgies soos ons ouer raak die dae van weleer, toe oumas se kosbare hande ons om lang tafels gevoed het en toe ons eie ma’s vir ons kos met die liefde van haar hand voorberei het. Toe kos nog ’n seën was van tuin-geoeste groente en vleis van die veld, eie melk, room en botter.

Onthoukos was ’ n religie. Die kombuis ’n tabernakel vir die voorbereid­ing van die maaltye. ’n Vertrek wat jubel met kombuisgel­uide. Die vertel van stories so saam met die knie van brood, die roer van die bonesop, die kerf van groenbone, die uitrol van skilferdee­g, die deel van die geheime van kos, die vertel van resepte wat jy geleer is van jouse ma, soos sy dit weer van haarse ma geleer het en hoe sy dit weer van haarse ma geleer het. Ware erfeniskos verwoord van geslag tot geslag, saam met die liefmensst­ories van die grootjies en die oumas saam.

Die kos van my onthou vorm vandag steeds my voete waarmee ek loop, die vingers waarmee ek boeke op my rekenaar skryf. Leef ek in my gedagtes meer en meer in die verlede en veral in die onthou van Sondae se koesterkos.

Dit is Sondag. Ek raak wakker met die klank van kerkklokke wat beier deur die dorp, die gekoer van my vliegduiwe buite in die duiwehok. Ek hoor die veraf gekraai van ’n hoenderhaa­n, ’n hond wat eentonig blaf, die werskafgel­uide van Mietha in die kombuis. Die geure van skaapboud en braaihoend­er kom in die gang af, en skuifel onder deur my kamerdeur en kom bly in my neus. My katte strek hul uit by my voete en begin die deken te knie.

Ek bad, trek my pak klere aan. Die das druk my nek – ek haat die pak klere, die das, die kerk. Ek trek my skoon, blink kerkskoene aan en kam my hare glad met Vitalis.

Ek sit links agter, in my Pa se gewaste motor. Ons ry in stilte kerk toe. Altyd die stilte in die motor voor kerk. My ma wat links voor sit, met haar nuutste hoed vasgespeld in haar hare. My pa in sy donkerswar­t diakenpak met die wit hemp en die swart das.

Die spierwit geverfde kerkgebou is baie groot met drie galerye en ’n reuse-kerkorrel met 75 orrelpype. Die hoë, wit staalplafo­nne het groot koperkande­lare. Daar is duur geelhoutpa­nele teen die mure. ’n Dieprooi mat voor die preekstoel. ’n Silwer doopvont. ’n Geelhout-nagmaaltaf­el met stinkhoutv­oete. ’n Ruiker kerkblomme, altyd op sy plek links van die preekstoel. Die ouderlingb­anke links en die diakenbank­e regs van die preekstoel. Ek kyk die diakens deur, my pa sit soos altyd op sy plek in die voorste ry. Die houtbanke blink met die deurgesitt­e kussings hier en daar. Elke Sondag neem elke familie plaas op sy sitplek, jaar in en jaar uit, eien hy homself die sitplek toe.

Daar is die reuk van oumense, die vergeelde gesangeboe­ke, die lig bo in die dak as die stof daarin dans, soms die duiwe se gefladder, die klanke van die groot orrel, die gesange en dan die seën van die hande: Gaan in vrede. Halleluja.

BRAAIHOEND­ER EN SKAAPBOUD

Sondagskoo­l terwyl die tortels buite baljaar, my gedagtes saam met hulle in die bome. Dan – uiteindeli­k – vryheid van die pakklere en die wurgdas. Huis toe – Mietha-se-kos toe!

Ek maak die kombuisdeu­r oop en ruik Mietha se braaihoend­er. Skaapboud. My ma maak witsous vir die blomkool, daar is groenertji­es met suiker en kruisement, soetpampoe­n met kaneelsuik­er, witrys en eenkant op die stoof staan die pot met visolie – nou moet ons net wag vir die braai van die aartappels. Ek hoor hulle sis en spat – dis amper etenstyd.

Ons gesin ( sonder Mietha) sit aan tafel. My pa bid en sê dankie vir die hande wat die kos voorberei het, maar die hande, by name Mietha, eet in haar kamer, haar uitskepkos in haar eie bord saam met haar eie tjipbeker en eie mes en eie vurk en eie lepel.

Ná die ete eet ons bakpoeding met vla en en daarna drink ons slukkies swart moerkoffie. Dan die stilte wat oor die huis sak, weer net die gekoer van die duiwe, hier en daar ’n hond wat blaf, die salige wegsak in ’n diep slaap – die Sondagmidd­agslaap.

Om oor die onthou van kos te skryf, is soos om ’n boek te skryf, want jou hele lewe se onthou word drie keer per dag met kos deurweef. Die geure van skaapboud en braaihoend­er kom in die

gang af, en skuifel onder deur my kamerdeur en kom

bly in my neus.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa