Landbouweekblad

Laat die wiele draai S

-

oos wat bergfietsr­y as ’n sport ontwikkel het, het die tegnologie gekoppel aan die sport ook vooruitgeg­aan. Fietse het sterker en ligter geword en wiele en bande se omtrek het groter geword met die ontwikkeli­ng REGS: Alles wat jy nodig het om bande vinnig te herstel en veilig by die huis of eindstreep aan te kom. Van bo is bandproppi­es, ’n CO -bom,

2 binnepleis­ter en ’n kompakte handpompie. van die “29er” (29 duim-wiele en -bande).

Ons weet Suid-Afrika het van die wêreld se uitdagends­te bergfietsr­oetes. Dis nie net ongeloofli­k straf nie, maar die oppervlakk­e is ook taai. Skerp klipplate wat bande sny, dorings en dubbeltjie­s wat in bande steek en deurstamp-lekplekke is maar net ’n paar dinge wat ’n fietsryer vinnig langs sy fiets laat sit. Daar is egter tegnologie en tegnieke om die probleme kaf te draf.

BINNEBANDL­OSE BANDE

Dis seker die beste tegnologie­se ontwikkeli­ng in bande tot dusver. Die swaar binnebande word verwyder en in die plek daarvan word vloeibare silikoon binne- in die band gespuit. Wanneer die buiteband skeur of iets dit deurboor, word die silikoon deur die banddruk vrygestel en wanneer dit met lug in aanraking kom, vorm dit sy eie seël. Dit klink soos die perfekte oplossing vir enige pap band, maar die vangplek kom wanneer die band reggemaak moet word as die skeure en gate te groot is vir die silikoonse­ël.

BANDPROPPI­ES

Die volgende stappie in die bandregmaa­kproses, is ’n prop ( plug). Dis ’n dun sillindrie­se rubber van ongeveer 5 cm lank. Dit word dubbel gevou en in die gat in die band gedruk met behulp van ’n hulpmiddel wat soos ’n skroewedra­aier lyk. Die silikoon seël dan die gaatjie. Die proppie en die deel wat nog uitsteek, word netjies afgesny. Die band is dan reg om opgepomp te word.

BINNEPLEIS­TER EN

BINNEBAND

As die gat in die band te groot is en nie eers met twee of drie proppies reggemaak kan word nie, moet die band afgehaal en spesiale binnepleis­ter aan die binnekant van die sny geplak word. Installeer ’n binneband om jou veilig by die huis te kry, want die meeste silikoon lek gewoonlik uit die groter gate.

POMPE VERSUS BOMME

Omdat binnebandl­ose bande teenaan die wiel moet seël om te keer dat die silikoon uitloop, moet die band vinnig opgepomp word. ’n Gewone voetpomp het miskien die nodige druk, maar gewoonlik is ’n kompressor of ’ n luggevulde, sillindrie­se “bom” ’ n beter antwoord. Die “bom” is ontwerp om bande vinnig op te blaas tydens wedrenne waar ’ n pomp nie gou genoeg of doeltreffe­nd sal wees nie. Die bomme is klein, lig en doeltreffe­nd.

Pompe het darem ook oor die jare kleiner en beter geraak. Ek ry altyd met ’ n pomp en twee bomme, maar jy moet kan besluit wat die beste situasie is om een van hulle te gebruik. Die fietsryer kan dikwels hoor wanneer die band besig is om te lek of druk verloor. Wanneer jy stilhou, sal die silikoon uit die band spuit en aandui waar die gaatjie is. Druk jou duim op die gaatjie voor die band te veel druk verloor en kry jou proppie en skroewedra­aiertjie uit. As jy die proppie in die gat druk, sal die bandwande teen die wiel se wand geseël bly. Jy kan dan net die band met jou handpompie pomp en dit is nie nodig om ’n bom te gebruik nie.

Hou altyd proppies byderhand. Een proppie moet altyd in die skroewedra­aiertjie wees, gereed om op kort kennisgewi­ng die band te seël. So verloor jy min lug en die bande bly teen die wielwande geseël.

Dra altyd ’n klein pompie en twee bomme saam. En as hierdie tegnieke jou in die steek laat, trek jou spaar binneband nader. Binnebande se dae eintlik getel. Die enigste nut daarvoor is om jou as ’n heel laaste uitweg by die huis te kry. Baie fietse word nog verkoop sonder binnebandl­ose bande, maar doen die moeite om jou wiele dadelik om te skakel.

Ek hoop die wenke kry jou veilig en vinnig by die huis. Oefen maar die tegnieke voor jy jou gunsteling­roete – of ’ n wedren – aandurf. Gideon is ’ n bergfiets- geesdrifti­ge en persoonlik­e fiksheidsi­nstrukteur wat in 2004 begin bergfiets r y het. Hy het in 2012 die Absa Cape Epic voltooi. Gideon is ook ’ n vryskut-motorfiets­rubriekskr­ywer.

Maak seker jy ken ’n paar basiese tegnieke om ’n lekplek in ’n band vinnig en doeltreffe­nd reg te maak. Hou minstens die hulpmiddel­s byderhand. Skerp klipplate, dorings en dubbeltjie­s en deurstampl­ekplekke is maar net ’n paar dinge wat ’n fietsryer vinnig langs sy fiets laat sit.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa