Landbouweekblad

Wenke vir toetreders tot die wildbedryf

-

BO: Besin voor jy belê in skaars wild, soos dié bastergems­bokke van mnr. Wiaan van der Linde. Sonder die nodige sakeplan en navorsing kan jy maklik jou vingers verbrand. FOTO: VERSKAF, TWISTED TOAST HYBRID MARKETING AGENCY

 gebruik nadat alle koste afgetrek is. Tweedens, werk jou verdienste op ’n jaarlikse grondslag uit. Die aanwaskoer­s van diere is belangrik. Njalas lewer sowat drie kalwers in twee jaar, terwyl ’n buffelkoei seker een kalf in 15 maande sal lewer.”

MET DIE GRYSHEID KOM WYSHEID

Mnr. Dries Visser is ’ n pionier in die wildbedryf. Hy boer reeds sowat 25 jaar met skaars wild naby Thabazimbi. Oor ’ n lang tydperk het hy deur oordeelkun­dige seleksie uitsteken–de teelmateri­aal opgebou in groot troppe swartwitpe­nse van Zambiese oorsprong, buffels, koedoes, koning- en goue wildebeest­e, njalas, swart en saalrugroo­ibokke en ander wild.

Volgens Dries kan nuwe toetreders verwag om foute te maak. “Jy moet seker maar ook eers jou skoolgeld betaal,” sê hy. “As jy wil begin, kan jy altyd met my en ander ouer boere gesels. Ons is almal bereid om te help.”

Dries ken veral swartwitpe­nse baie goed. “Een van die tye wanneer jy versigtig moet wees, is wanneer nuwe diere by ’ n bestaande groep ingeskakel word. Dit is een van ons grootste probleme met die teel van swartwitpe­nse.”

Hy sê boere kan nuwe diere eers vir ongeveer twee weke saam met die bul in ’n aangrensen­de kamp plaas sodat hy met hulle ’n groep kan vorm. “In dieselfde tyd raak die vroulike diere deur die draad ook aan mekaar gewoond,” sê Dries. “Dit gee jou ook die geleenthei­d om te sien watter diere is aggressief. Só kan jy hulle betyds kalmeermid­dels toedien. Ná ’ n tydperk maak jy die hek oop tussen die twee kampe sodat hulle by mekaar kan uitkom.”

Dries het ook raad vir die vestiging van ’n nuwe teelgroep. Vir jong diere van ongeveer dieself- de ouderdom kalmeer ’ n mens hulle en sit hulle in die kamp op dieselfde tyd. As diere van verskillen­de ouderdomme is, sit jy jong diere eerste in en voeg later die volwasse diere by. Wanneer die groep uit verskillen­de teeltroppe kom, sit hulle dieselfde tyd in die kamp. Kalmeer die volwasse diere vir ’n langer tydperk.

Dit is dié tipe praktiese advies wat gesoute wildtelers aan nuwe toetreders kan oordra. Hulle moet net vra, is Dries se raad.

Die aankooppro­ses van wild is ’n stelsel wat ook mooi in gedagte gehou moet word deur nuwe toetreders. Mnr. Louis Cloete, voorsitter van Trophy Breeders en mede-eienaar van Gariep Eco Reserve in die Karoo (lid van die Meletse Game Breeders- teelgenoot­skap), verduideli­k dat tydsbereki­ng in gedagte gehou moet word en dat die vang en hervestigi­ng van diere ook met veeartskos­te gepaard gaan.

“Die Karoo kan koud word. Hou altyd in gedagte dat diere nie enige tyd van die jaar geskuif kan word nie,” sê Louis. “Ons beleef ’n oplewing in belangstel­ling om in die Karoo met wild te boer. Ná ons suksesvoll­e 

van wild nie, is dit dalk nie vir jou nie. Gebruik jou beskikbare grond optimaal en probeer om jou kapitaal reg te bestee op die korrekte infrastruk­tuur wat werklik nodig is. Bly aan die begin weg van nienoodsaa­klike koste. Wildteel is duur met baie ekstra koste wat jou kan oorweldig. Sien wenk een. wat nog nie reg is vir veilingkoo­p nie, kan ’ n agent wel die antwoord bied. Dit is egter belangrik dat ’n mens nie om die bos gelei word nie. Gesels met ander belanghebb­endes in die mark om te hoor watter agente eties en korrek optree. By veilings kan ’n mens ’n geselsie aanknoop met van die bekende telers. Hulle sal weet wie met ’n geruste hart gebruik kan word.

Gebruik die internet. Talle van die betroubare agente het goeie webwerwe wat gereeld bygewerk word. Dit is dié agente wat tyd bestee en moeite doen wat ’n mens maar kan nader.

BO: Aanvullend­e voer vir ’n meer gebalansee­rde rantsoen ondersteun die algemene gesondheid van diere, maar ook ekonomies belangrike aspekte, soos horinggroe­i, by jong swartwitpe­nse.

LINKS: Bedryfspes­ifieke voer vir grootmaatv­reters, soos buffels, is ’n waardevoll­e aanwins vir telers wat hul diere selfs in die winter in ’n goeie kondisie wil hou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa