Beleggingsopsies maak bedryf toeganklik
Wild is dikwels ’ n vertakking waarin bestaande boere belê om byvoorbeeld marginale grond beter te benut of hul boerderybelange te diversifiseer.
Landbouweekblad het met adv. Albert Murphy, voorsitter van die Gamevest-groep, gesels oor die beleggingsmoontlikhede wat die wildbedryf inhou en hoe ’ n organisasie soos Gamevest
saam met beleggers werk. die voorlopers in die bedryf is. Gamevest besit en beheer verskeie wildplase in Limpopo, Noordwes en die Karoo waar op uiters gevorderde en wetenskaplike grondslag met wild – veral wildsoorte met kleurvariasies – geboer en geteel word.
Die organisasie gebruik kampstelsels met geëlektrifiseerde hoësekuriteitomheinings waarin geselekteerde teelgroepe geplaas word by van die beste teelramme en -bulle in Suid-Afrika.
Goed opgeleide personeel sien om na die uiters waardevolle diere se welstand. Daar word ook behoorlik rekord gehou van elke dier, waaronder DNS- rekords. Veeartsenydienste en gevorderde voedingsprogramme word daagliks op die Gamevest-plase verskaf.
Voornemende wildboere wat by die bedryf betrokke wil raak, kan dus wild by Gamevest aankoop, in vennootskap met Gamevest wat na die diere omsien en op ’n wetenskaplike grondslag daarmee boer.
Eienaarskap van die aanvanklike teelgroep wat deur die wildeienaar by Gamevest aangekoop word, bly dié van die wildeienaar. Alle aanteel (nageslag) van so ’n teelgroep word daarna besit deur die vennootskap tussen Gamevest ( 60%) en die
Wildboerdery is nes enige ander boerdery ’n besigheid. Maar anders as die meeste boerderye is dit baie algemeen dat stedelinge met ’n liefde vir die natuur en ’n hunkering om eendag self te boer begin om in die wildbedryf te belê.
Daar is verskeie beleggingsgeleenthede in die wildbedryf waarvan Gamevest een van
eienaar (40%).
Gamevest voorsien in hierdie vennootskap die grond, infrastruktuur, kundigheid ( bestuur en veeartsenydienste) en voer. Die voornemende wildeienaar se uitgawe is beperk tot die aanvanklike kapitaaluitleg vir die teelgroep, terwyl Gamevest daarna alle lopende koste en uitgawes dek.
Die resultate wat op hierdie grondslag bereik word, is verstommend en uiters lonend vir albei partye.
Wildeienaars word aangemoedig om van tyd tot tyd na hul wild op die plase te kom kyk en benut dan die luukse verblyfgeriewe wat op die plase beskikbaar is.
WIE BELÊ IN WILD?
LBW: Hoe groot is die belangstelling in sulke beleggings en wat maak dit so aanloklik? AM: Ons navorsing toon dat daar reeds meer as 3 000 wildboere in SuidAfrika is wat met skaars wild en wild met kleurvariasies teel. Bo en behalwe sulke gevestigde boere is daar etlike duisende voornemende wildeienaars wat tot die bedryf toetree in verskillende projekte en vennootskapsooreenkomste wat met boere gesluit word.
Gamevest is self in vennootskap met ’n aantal wildeienaars en hierdie vennootskappe besit reeds van die duurste en beste aanteeldiere in SuidAfrika.
Verlede jaar is die saalrugblesbok Topdeck gekoop vir wat mense tóé gedink het ’n reusagtige bedrag van R7,8 miljoen was. Sedertdien het mnr. Piet du Toit ’n belang van 50% in ’n ram soortgelyk aan Topdeck in Februarie vir R15 miljoen verkoop.
Dit wys die verstommende potensiaal wat deur sulke beleggings behaal kan word. dit risiko’s wat bestuur kan word.
Wildboerdery word byvoorbeeld min geraak deur beurtkrag danksy die gebruik van grotendeels sonkrag vir geëlektrifiseerde, wildwerende heinings. Troppe word in hoësekuriteitkampe aangehou sodat roofdiere, soos jakkalse en luiperds, van teeldiere af weggehou word.
Gamevest se teeldiere word daagliks gemonitor deur opgeleide wildmonitors op veldfietse wat al die diere daagliks tel en deurkyk as deel van die wetenskaplike bestuur en rekordhoudingstelsel.
Alle diere se DNS word geneem by wyse van bloedmonsters sowel as haarmonsters. Elke dier het ’n lêer met foto’s waarin vol ledige besonderhede van die dier aangeteken word. Verder word elke dier van ’n mikroskyfie en genommerde oorplaatjies voorsien wat die identifisering van elke dier moontlik maak.
Danksy die individuele identifisering van elke dier word alle Gamevestwildeienaars se diere in afsonderlike teelkampe aangehou. Omdat DNS betrokke is, is dit wetenskaplik moontlik om te bewys wie die moer en vaar van elke dier op Gamevest se plase is.
Danksy wetenskaplike en gerekenariseerde bestuurstelsels, ondersteun deur professionele, opgeleide personeel, word risiko’s op dié plase grotendeels beperk.
GAAN DIE ‘BORREL’ BARS?
LBW: Wat is jul siening rondom waarskuwings dat die ekonomiese “borrel” gaan bars?
AM: Gamevest is baie bewus van die doemprofete en ongelukkig veral die media se “borrel”teorie. Selfs groot kokkedore, soos dr. Johan Rupert, het ’n eiertjie daaroor te lê, maar ongeag sy beswering het Rupert reeds sy geld dubbel en dwars teruggekry nadat hy en sy vennote R40 miljoen vir ’n buffel betaal het.
Die wildbedryf en veral die “eksotiese” wildbedryf is besig om wild wat op baie plekke in Afrika uitgedelg is, te vervang en te hervestig sodat die toerismebedryf uiteindelik weer die voordeel sal trek uit die teenwoordigheid van hierdie diere.
Wat verder in gedagte gehou moet word, is dat die teel van topdiere tot gevolg het dat die uitvaldiere weer op hul beurt beskikbaar gestel word aan die jagbedryf. Dit is ook hier waar daar ’ n bietjie suur druiwe is, veral vanuit die plaaslike mark waar plaaslike jagters jare
Soos met enige bedryf is daar risiko’s aan verbonde, maar in die geval van wildboerdery is
FOKUS
lank bederf is deur belaglik lae pryse in die wildbedryf. Die lae jagpryse het boere genoop om met beeste en ander vee te boer wat op hul beurt groot probleme in veral die Bosveld veroorsaak het weens indringerplante en oorbeweiding.
Ons is tans nog net by die punt van die ysberg in die eksotiese en normale wildbedryf. Afrika lê braak vir die herlewing van wild in talle oorde. Wildboere word reeds vanuit verre oorde oorval met navrae rondom die uitvoer van wild en die werklike uitvoer daarvan gebeur reeds onder almal se neuse.
Ek stel dit onomwonde dat as die wildbedryf in ’n ekonomiese borrel is, dan sou ’ n mens kon redeneer dat die mynbedryf of die tabakbedryf waarby Rupert betrokke is, ook in ’n “borrel” is.
Die grondslag van daardie bedrywe bestaan uit natuurlike grondstowwe. Wild is iets wat van die vasteland kom.
Gamevest se bestuur was verlede jaar betrokke by een van die grootste private plaastransaksies in die land se geskiedenis toe die organisasie meer as 26 000 ha top-wildplase ter waarde van sowat R500 miljoen aan een nuwe buitelandse eienaar verkoop het. Die spesifieke transaksie waarby Gamevest betrokke was, is ’n onbetwisbare aanduiding van die beleggingsvertroue in die wildbedryf.
Die Gamevest- groep is ook betrokke by ’ n verdere beleggingstransaksie van meer as R1 miljard in die wildbedryf. Dit onderskryf net weer die vertroue in die wildbedryf.
Doemprofete is vinnig om die wildbedryf te bestempel as ’n “borrel” wat gaan bars.
As ’ n organisasie verkies Gamevest egter om die leiding van suksesvolle sakemanne en boere, soos mnre. Norman Adami ( gewese voorsitter van SA Brouerye), Pieter Bellingan, Jacques Malan (eienaar van die Malan & Seuns Groep), Piet du Toit, adjunkpresident Cyril Ramaphosa en honderde ander vooraanstaande sakemanne en suksesvolle boere te neem as ’n beter maatstaf vir die toekoms van die bedryf.
GEMAK VAN BELEGGING
LBW: Hoe maklik is dit om in wild te belê en wat is die belegger se verantwoordelikhede?
AM: Met goed deurdagte en deeglike huiswerk is dit moontlik vir enige voornemende wildeienaar om te belê in die wildbedryf waar suksesvolle vennootskappe gesluit kan word tussen bekwame en ervare boere en sulke voornemende eienaars.
Gamevest bied byvoorbeeld verskeie pakkette aan vir voornemende wildeienaars.
Daar is dus verskeie beleggingsgeleenthede en opsies vir wildeienaars om betrokke te raak in die bedryf sonder om grond, infrastruktuur en kundigheid ten duurste te bekom.
Die Gamevest-model beperk die voornemende wildeienaar se belegging tot kapitaal. Die grond, infrastrutuur en kundigheid soos hierbo gemeld, word deur Gamevest verskaf.
LEER BY SUKSESVOLLES
LBW: Is daar voorbeelde van suksesvolle beleggings wat die proses kan verduidelik?
AM: Daar is tientalle suksesvolle vennootskappe al gesluit tussen Gamevest en nuwe wildeienaars, soos die Topdeck-transaksie.
’n Verdere voorbeeld is waar ’ n gewese plaasbestuurder van Gamevest ’n klein rooibokteeltrop met gesplete gene gekoop het. Dié teeltroppie het in minder as ’n jaar deurslaggewende groei vir die bestuurder opgelewer deurdat die trop reeds die eerste swart lammers gelewer het. Die waarde daarvan beteken ’n suksesvolle belegging deur die voormalige plaasbestuurder.
Gamevest skroom nie om sy geouditeerde balansstate aan voornemende wildeienaars beskikbaar te stel nie. Dit sal só ’n eienaar gemoedsrus gee oor met wie hy in vennootskap tree en wat die werklike groei is wat behaal kan word.