Landbouweekblad

Bankvas agter bedryf sedert die eerste wildveilin­g

-

Di e vordering wat i n die j ongste aantal jare in die wildbedryf gemaak i s , i s ongeloofli­k. Vleissentr­aal was daar t oe die heel eerste veiling gehou i s en s al i n die 2015-seisoen meer as 70 wildveilin­gs aanbied. Vleissentr­aal was en is steeds betrokke by aanbevelin­gs en voorstelle vir regulasies om die bedryf te reguleer en ’n sukses daarvan te maak.

Die ekonomiese groei wat die wildbedryf in die afgelope tien jaar getoon het, is welbekend. Wat net so belangrik is, en baie keer vergeet word, is die vordering wat gemaak is om die gehalte van die diere te verbeter.

Wat verbeterin­g betref, is buffels en veral swartwitpe­nse ’n goeie voorbeeld van die vordering wat oor die jare in horingleng­tes gemaak is. Vroeër was teelbulle se horingmate­s 32” tot 34”. Vanjaar sal daar verskeie bulle met horingleng­tes van 50” en groter op Vleissentr­aal-wildveilin­gs aangebied word.

Vleissentr­aal het saam met die bedryf gegroei tot waar wildboerde­ry vandag al hoe meer ’n “stoetbedry­f” bestuur waar die wetenskap en moderne tegnologie ingespan word. Die DNS van diere word bepaal en dit alles dra by tot die reuse genetiese vordering wat gemaak is.

Die mark ken nou die verskil tussen uitmuntend­e en middelmati­ge diere. Die vraag na diere van topgehalte op Vleissentr­aal-wildveilin­gs het oor die jare net groter geword. Dit is vir telers belangrik om uitsonderl­ike diere te teel en aan die mark te voorsien.

WAT IS DIT WERD?

Wildgetall­e het in die afgelope klompie jare aansienlik toegeneem, hoofsaakli­k omdat daar ’ n ekonomiese waarde aan die diere geheg is. Wildveilin­gs is die enigste platform waar hierdie waarde bepaal word.

Die een vraag waarmee elke wildboer worstel, is: “Wat is my dier werd?”

’n Wildveilin­g is die plek waar hierdie uitsonderl­ike diere se waarde, asook die waarde van gewone vlaktewild, bepaal word. Hierdie pryse word gebruik in die regstreeks­e bemarking van soortgelyk­e diere.

GELOOFWAAR­DIGHEID

Om ’n wildveilin­g suksesvol aan te bied, verg harde werk omdat ’n groot klomp faktore in berekening gebring moet word. Een van die belangriks­te faktore is geloofwaar­digheid. Vleissentr­aal het oor die jare ’n geloofwaar­digheid by kopers én verkopers opgebou.

Verkopers bevestig die geloofwaar­digheid van en hul vertroue in Vleissentr­aal deur hul uitsonderl­ike diere op Vleissentr­aal-veilings aan te bied. Die keersy is dat kopers die vertroue het om hul swaarverdi­ende geld op so ’n veiling te bestee.

Dit is vir Vleissentr­aal noodsaakli­k dat die korrekte inligting vanaf die verkopers, soos ouderdom, teling en horingmate­s, op veilings verskaf word.

Persoonlik­e kontak met moontlike kopers is van onskatbare waarde. Dit is uiters belangrik om nasorg aan kopers te verskaf en vas te stel of hulle tevrede is. Die verkopers moet waarborge wat aan kopers gegee is, uitvoer.

PUIK OPBRENGS

As daar na die wildbedryf in geheel – skaars wild sowel as vlaktewild – gekyk word, bly dit tans ’n ongeloofli­ke belegging.

Die opbrengs wat oor die afgelope jare gemaak is op die geld wat belê is, kan nie maklik in enige ander bedryf behaal word nie. En dan praat ’ n mens nie eens van die wonderlike leefstyl, mense en onskatbare plesier van wildboerde­ry nie.

Vleissentr­aal is bevoorreg om as die leiers in die wildbedryf bekend te staan en bedank graag almal in die bedryf vir die lojale ondersteun­ing deur die jare. Mnr. Niel Swart is ’n wildafslae­r van Vleissentr­aal Bosveld.

Vleissentr­aal kan met reg daarop aanspraak maak dat hy die maatskappy is wat sedert die eerste wildveilin­g in 1972 op Hoedspruit nou betrokke by die wildbedryf is. Wildgetall­e het in die afgelope jare aansienlik toegeneem, hoofsaakli­k omdat daar ’n ekonomiese waarde aan die diere geheg is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa