Landbouweekblad

Laat die wiele draai

- NAVRAE: Mandie Visser, sel 082 876 2556; webwerf: www.wildlife24.com.

Me. Mandie Visser is r eeds ’ n ou hand in die wildbedryf. Haa r wi l d a g e n t skap, Wildlife 24, is ’n baanbreker om wild op die regte manier te verhandel.

Mandie het ’n doelgerigt­e strategie om die wildmark baas te raak. Sy verduideli­k dat dit belangrik is om na elke diersoort se kerneiensk­appe te kyk om seker te maak dat die dier se gehalte bepaal kan word.

“My ervaring is dat dit partykeer moeilik vir veral nuwe toetreders tot die wildmark is om te weet hoe om elke diersoort se beste prys te bepaal. Dit verg baie jare se ondervindi­ng.

“Nuwe toetreders moet op die uitkyk wees vir skelmstrek­e in die bedryf. Ou diere word soms as jonger diere bemark.

“Nog ’n truuk wat party mense in die mark uithaal, is om diere met gesplete gene te verkoop wat dalk nie regtig oor die korrekte genetiese eienskappe beskik nie.”

Met die hulp van Wildlife 24 se span kundiges kan die koopen verkooppro­ses glad verloop. Agente kan wildtelers baie help met permitte en Topsaansoe­ke (regulasies oor bedreigde of be skermde diersoorte), wat maar ’n nagmerrie kan wees. Mandie sê hulle het goeie verhouding­e met die owerhede wat die proses vergemakli­k.

“Ons behartig baie permitte, verskaf hulp met die invoer en uitvoer van diere en maak seker daar word aan alle regulasies voldoen. Bloedtoets­e by buffels is byvoorbeel­d iets wat noodsaakli­k is om ’n suksesvoll­e transaksie te kan beklink.”

ETIEK IN BEDRYF

Dit is interessan­t dat daar nog nie ’ n gevestigde vereniging is wat na die belange van die wildagentb­edryf omsien nie. “As daar só ’n vereniging op die been kan kom, kan dit help om die etiese handeldryf met wild te bevorder,” sê Mandie.

“Tot tyd en wyl so iets bestaan, is dit elke koper of verkoper se plig om maar self seker te maak hulle gebruik agente wat hulle nie sal indoen nie. Vra net in die bedryf rond. Mense weet wie die regte agente is wat gebruik kan word.”

Die veilige en etiese vang en vervoer van diere is noodsaakli­k. By Wildlife 24 gebruik hulle goeie veeartse en vervoerage­nte wat bekwaam is en reeds die nodige ondervindi­ng het.

“Jong, ek is nou al so lank in die wildbedryf,” sê Mandie, “dat ek reeds die meeste telers persoonlik ken en weet wie van hulle die nodige ondervindi­ng het om hul eie diere te kan laai as dit nie nodig is om hulle eers te verdoof nie.”

Op die ou einde is ’n wildagent se taak eenvoudig: Die bymekaarbr­ing van kopers en verkopers. Dit gaan in die meeste gevalle, soos in ander bedrywe, oor wie jy ken.

Mandie vertel dat sy uit ’n wildteelfa­milie kom. “Ek het op ’n plaas in Thabazimbi se wêreld grootgewor­d. My pa teel al baie jare met wild en ek leer steeds elke dag by hom en my broer.

“Omdat ek die bedryf so goed ken, is dit makliker om altyd regstreeks met die koper en verkoper te werk om sodoende enige middelmann­e uit te skakel. Dit is ons passie en daarom is dit nie moeilik om ekstra diens te lewer nie. Dit is mos nie ’ n werk nie, dis lekker.”

Agente

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa