Landbouweekblad

WENKE AAN NUWE TOETREDERS

-

Gebruik agente met ‘n goeie naam in die bedryf (vra rond). Vra hulp by jou agent as jy nie seker is waarna om te kyk by ’n spesifieke diersoort nie. Permitte is moeilik bekombaar – vra eerder ’n agent met ondervindi­ng. Geskrewe kontrakte kan help om latere probleme te voorkom. Wees versigtig met die betaal van deposito’s. Maak eers seker jy betaal die regte entiteit. As jy ’n agent het wat jy vertrou, luister na raad oor die beste prys. Wildteel is ’n langtermyn­belegging. Moenie vinnig probeer geld maak nie. Vra vir die rekords van veral ’n dier se ouers. ’n Goeie stamboom is belangrik. Hou alle aankoopkos­te in gedagte. Om diere te vang, kan duur wees. Betaal jou kommissie met ’n glimlag. Agente wat hul sout werd is, kan wondere verrig.

Kom ons erken maar wat ons almal reeds weet: Eskom kan nie meer vertrou word om aan boere genoeg krag te voorsien om deurlopend produktief te wees nie.

Die impak en omvang op boerdery is baie groot. Hier is maar ’n paar van die probleme: ■ Melkboere staan boaan die lys van boere wat skade ly as daar nie krag is nie. Die koeie móét gemelk word en die melk móét koud gehou word. ■ Besproeiin­gsboere se hele oes kom in die gedrang as besproeiin­gskedules nie gevolg word nie. ■ Vrugte en groenteboe­re wat verpakking­saanlegte en koelkamers aan die gang moet hou, is kwesbaar. ■ Wynboere moet krag hê gedu

rende oestyd en parstyd. ■ Hoenderboe­re kan groot verliese ly, veral met die grootmaak van kuikens. ’n Bykomende bron van kommer is voedselvei­ligheid by vleis en eierproduk­sie. ■ Die boer moet homself en sy boerdery probeer beveilig en daarvoor is elektrisit­eit meestal nodig om sekuriteit­skameras, elektriese heinings en veiligheid­sligte te aktiveer. Die skurk weet dit ook en een van die grootste probleme is wanneer kabels na hartelus gesteel word tydens aangekondi­gde, geskedulee­rde kragonderb­rekings.

Die vinnigste en maklikste oplossing is kragopwekk­ers. Dis nie volhoubaar op lang termyn nie, maar wel op kort termyn.

Kragopwekk­ers bied ’ n onmiddelli­ke probleemop­lossing en jou boerdery kan voortgaan. Die nadeel is die geld wat jy aan die toerusting moet bestee en die hoër koste van elektrisit­eit. ’ n Kragopwekk­er voorsien elektrisit­eit teen tot 6,8% duurder as elektrisit­eit wat Eskom sou voorsien. Oor ’ n lang tydperk kan dit op ’n aardige bedrag uitloop, maar dit is steeds veel minder as die verliese wat die boerdery sou ly sónder krag.

Natuurlik moet ’ n mens perspektie­f behou tussen die basiese behoeftes van twee groepe: Mense wat net ’n huishoudin­g aan die gang wil hou, teenoor die boer wat byvoorbeel­d skade sal ly as hy nie sy melkery aan die gang kan hou nie.

VIR DIE HUIS EN WERF

’ n Gewone huishoudin­g kan gewoonlik gehelp word met ’ n 5,5 kVA tot 10 kVAkragopw­ekker Dit kan yskaste en ’ n paar ligte, die televisie en ander klein toestelle van krag voorsien. Moet egter nie dink jy kan die geiser aansit en koffie maak terwyl jy ’n brood bak nie.

Dit is dikwels petrolaang­edrewe kragopwekk­ers wat geraas maak en nie ’n AVR ( automatic voltage regulator) inhet nie. Dit is ’ n toestel wat verseker dat 

Almal beraam planne om beurtkrag te bowe te kom. Hou net in gedagte dat die kragopwekk­er wat vir ’n huishoudin­g geskik is, dalk nie gaan werk vir ’n melkery nie.

die spanning wat opgewek is, konstant bly sonder stuwings.

Daar bestaan die opsie van ’n “surge arrestor” om jou toerusting te beskerm. Raadpleeg ’ n kundige oor die installeri­ng daarvan. Jy kan ook spesiale sokke aan jou toestelle sit wat ’ n sekering inhet en toerusting teen stuwings sal beskerm.

Dit is belangrik om ’ n oorskakels­kakelaar te hê waarmee jy self besluit wanneer om die kragopwekk­er te gebruik of nie. Soms is die krag baie onstabiel ná ’ n kragonderb­reking en dan kan jy skade ly. As die Eskomkrag terugkom, gee dit so ’n rukkie kans om te sien of dit stabiel is. Jy kan jou elektrisië­n vra om byvoorbeel­d ’ n lig te koppel aan die Eskomkrag wat vir jou sal wys as dit aan is.

VIR DIE BOERDERY

’n Boer maak altyd ’n plan, maar met elektrisit­eit moet jy uiters versigtig wees – kry dus ’ n betroubare elektrisië­n om installeri­ngs te doen.

Die elektrisië­n sal ’ n som maak en jou totale behoefte bereken om vir jou die regte grootte opwekker te verskaf.

’n Elektriese motor wat 50 A gebruik om te loop, het gewoonlik sowat vyf keer soveel krag nodig om aan te skakel. Dus sal só ’n motor 250 A benodig om aan te sit. Onthou om dit in gedagte te hou as jy jou berekening doen.

Verskillen­de boerderye sal verskillen­de behoeftes hê vir gemeganise­erde verpakking, besproeiin­g, verkoeling of vir melkmasjie­ne. Bepaal ook saam met die elektrisië­n watter van dié toestelle en aanlegte gelyktydig aan moet wees.

Die volgende stap is om ’ n verskaffer te kontak wat sy sout werd is. Die volgende twee vrae is belangrik: ■ Hoe lank is hy al in die besig

heid? ■ Wie is sy verskaffer?

Kragopwekk­ers verskil en omdat boerderye so gesofistik­eerd en gemeganise­erd is, is elke boer se behoeftes verskillen­d.

Daar is talle kansvatter­s wat nou die gaping in die mark sien en sommerso oor die internet vir hom ’ n klomp kragopwekk­ers invoer. Baie van hierdie kragopwekk­ers is nie van ’ n goeie gehalte nie en hulle “spaar” byvoorbeel­d deur aluminium as geleiers te gebruik.

Natuurlik werk dit vir ’ n rukkie, maar as die enjin begin warm word, verloor dit geleidings­vermoë en word jou uitsetkrag baie minder as waarvoor die kragopwekk­er gespesifis­eer is. Maak dus seker van die gehalte van die produk wat jy koop.

Vind uit oor die brandstofv­erbruik. Dit gaan ’ n bepalende faktor wees aangesien dit heelwat duurder is as hoofstroom­elektrisit­eit. Neem in ag dat ’ n groter kragopwekk­er wat teen die helfte of driekwart van sy maksimum uitset werk, waarskynli­k ’ n beter brandstofv­erbruik toon as ’n kleiner kragopwekk­er wat voluit werk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa