Landbouweekblad

Daar is sin in sonkrag

-

Eskom het reeds ’n verhoging van 12,69% in die prys van elektrisit­eit vir 2015/’ 16 deurgevoer en het aansoek gedoen om ’n verdere verhoging. Dan is daar nog die verhoging van 2,51% weens ’ n verhoging in die omgewingsh­effing.

Eskom het reeds in Desember 2013 prosesse en stelsels goedgekeur en ingevoer waarmee verbruiker­s wettiglik krag in die mediumvolt- en groter netwerke kan terugsit.

Dit staan in die omgangstaa­l as die bank van krag bekend, soos omskryf in Eskom se beleidnomm­er 240-70134321.

BANK IS WETTIG

Soos in die meeste gevalle kry ’n mens die doemprofet­e wat veralgemee­n en steeds verkondig dat dit nog nie wettig is om krag in die netwerk terug te plaas nie.

Dit is wel tans nog onwettig om krag op ’n laevoltver­binding terug te plaas.

Weens veiligheid­sredes en ook verskeie ander praktiese redes sal dit ook permanent onwettig bly om krag sonder Eskom se goedkeurin­g terug te plaas op sy netwerk.

Sonfin, ’n onafhankli­ke maatskappy, is in 2002 deur mnr. Ig du Plessis gestig en in 2012 het mnr. Chris Schutte by hom aangesluit.

Sonfin het dit deel van sy diens aan boere gemaak om aansoeke vir die bank van krag namens hulle te behartig. Só word alle goedkeurin­gs eers by Eskom verkry voordat enige installasi­es plaasvind.

HOE WERK BANK?

Die meeste mense is vertroud met selfoonkon­trakte waar jou lugtyd wat nie gebruik word nie, na die volgende maand oorgedra word.

Die bank van krag werk op ’ n soortgelyk­e beginsel, want Eskom gaan jou ook nie uitbetaal vir die krag wat jy bank nie. Dit word gewoon oorgedra van maand tot maand totdat jy dit gebruik.

SONKRAGOPS­IES

Geen krag wat deur jou sonkragste­ls opgewek word, gaan verlore nie en dit maak die aanvanklik­e kapitaalin­vestering die moeite werd.

Boere kan nou ’n stelsel installeer wat in hul totale behoefte (dag en nag) voorsien. Selfs die ekstra krag wat in somermaand­e opgewek word, kan in die winter gebruik word.

Op dieselfde beginsel kan vir seisoenale behoeftes voorsienin­g gemaak word.

BYKOMENDE KOSTE

Daar is wel koste daaraan verbonde om ’n sonkragste­lsel wettiglik aan die Eskom-netwerk te koppel, asook om krag op Eskom se netwerk te bank.

Hierdie koste verskil van geval tot geval en hou hoofsaakli­k verband met veranderin­ge in die tariefstru­ktuur en nuwe meters, asook die vergroting van die BO: Die sitrusgroe­p GoGo Fruit in Limpopo bestaan onder meer uit ’n verkoeling­saanleg en ’n pakkamer. Die stelsel van 215 kWp is die grootste grondinsta­llasie wat Sonfin tot nog toe behartig het. Só het ’ n boer in die Vrystaat met ’ n 200 kVA- aansluitin­g en ’ n jaarlikse behoefte van 180 000 kWh, op ’ n Ruraflexta­riefstrukt­uur sowat R210 000 per jaar vir elektrisit­eit betaal.

Daarvan is sowat R148 140 per jaar vir koste wat per kWh verhaal word ( gemiddeld sowat 82,3 c/kWh). Die res is vir aansluitin­gskoste en alle ander koste.

Gegrond op data van Nasa en die Europese Kommissie se gesamentli­ke navorsings­entrum, wat bestaan uit meer as 20 jaar se metings, behoort elke 1 kWp van ’n sonkragste­lsel 4,93 kWh per dag in die suidwestel­ike dele van die Vrystaat te lewer.

Die boer in ons voorbeeld het dus ’n 100 kWp-stelsel nodig om in sy jaarlikse behoefte te voorsien. Met so ’n stelsel behoort die boer sowat R13,2 miljoen aan kragkoste te bespaar tydens die 25 jaar waarin die lewering van die panele deur die vervaardig­er gewaarborg word. Die terugbetal­ingstydper­k vir so ’ n stelsel is vier tot sewe jaar, na gelang van die tariefstru­ktuur en ander besparings.

BEPLAN VIR DIE TOEKOMS

Sonfin beveel aan dat boere vooruit beplan om hul Eskom- verbruik op die kostedoelt­reffendste manier te verminder. Tipiese stappe om kostedoelt­reffendhei­d van toekomstig­e sonkragste­lsels te verbeter sluit in: ■ Bou nuwe geboue op jou plaas sodat die dakke in die regte rigting en teen die optimale hoek is vir toekomstig­e sonkragins­tallasies. Dakinstall­asies is goedkoper as grondinsta­llasies, want jy benodig nie grondstruk­ture nie. Dit is ook veiliger en minder sigbaar. ■ Kabels is duur. Hoe nader jou sonkragste­lsel aan die Eskom-netwerkaan­sluiting is, hoe goedkoper gaan die projek wees.

Met die astronomie­se tariefverh­ogings vir elektrisit­eit maak dit sin vir boere om hul Eskom-verbruik te verminder en alternatie­we energiebro­nne te benut.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa