Landbouweekblad

Reis met CTEK, reis sonder probleme

- NAVRAE: Tel. 011 447 1370; e-pos: info@ctek.co.za; webwerf: www. ctek.co.za.

Charging Systems Africa lewer twee produkte, naamlik die CTEK-batterylaa­iers en die Solbian Flexi-sonpanele. CTEK-batterylaa­iers is ’n Sweedse produk en die Solbian Flexi-panele is van Italië.

CTEK is ’ n internasio­nale handelsmer­k vir die instandhou­ding van motorbatte­rye. Dit is ook die sustermaat­skappy van Creator Teknisk Utveckling AB, ’ n maatskappy wat navorsing, ontwerp en ontwikkeli­ng doen. CTEK is gestig om ’n nuwe stelsel vir batterylaa­iers te ontwerp, vervaardig en verskaf. Hierdie stelsel moet voldoen aan die behoeftes van ’ n nuwe generasie motorbatte­rye.

CTEK-laaiers gebruik gepatentee­rde tegnologie om te verseker dat sy batterylaa­iers alle tipes loodsuurba­tterye kondisione­er, laai en in stand hou op ’n vinnige, maklike en veilige wyse. CTEK verskaf laaiers aan wêreldbeke­nde handelsmer­ke, soos Audi, Bentley, BMW, Corvette, Ferrari, Jaguar, Lamborghin­i, Maserati, McLaren, Mercedes, Porsche en Rolls-Royce.

Batterye het so duur geword dat dit noodsaakli­k geword het om die beste te kry wat jou battery jou kan bied. Met die gereelde onderhoud van batterye met CTEK- batterylaa­iers is dit moontlik om die gebruiksdu­ur van ’n battery te verdubbel.

CTEK- laaiers gebruik topgehalte, intelligen­te tegnologie wat verseker dat batterye tot hul maksimum kapasiteit gelaai word. Gevorderde en gepatentee­rde tegnologie stel die CTEK- laaier in staat om die battery se toestand te meet en daarvolgen­s te laai. Sodoende kan die battery se gebruiksdu­ur verleng word.

CTEK- batterylaa­iers kan alle voertuigba­tterye herlaai en kondisione­er om dit nuwe lewe te gee. Dit sluit in gewone loodsuur-, kalsium-, jel- en ook die nuutste AGM-batterye.

Batteryver­wante probleme is een van die hoofredes vir voertuie se nooduitroe­psituasies. Die gereelde gebruik van ’n CTEK-laaier sal verseker dat die voertuig se battery in ’ n goeie toestand bly, wat die risiko en onbeplande frustrasie van ’ n pap battery aansienlik minder sal maak.

Alle CTEK-laaiers werk outomaties. Dit is daarom maklik om te gebruik en vereis geen spesiale kennis of opleiding nie. Die LED-paneel maak die laaiproses maklik om te volg.

Die gevorderde tegnologie maak die CTEK-laaier uiters veilig vir die gebruiker en ook vir die battery. Dit is ook nie meer nodig om enige batterykab­els te ontkoppel vir die laaiproses nie.

KLIËNTE KAN GETUIG

Op ’n onlangse reis in Afrika het mnr. Rodney McKechnie en sy gesin ’n ernstige probleem ervaar op pad terug. Die laers van die alternator op sy V8 Land Rover het heeltemal ingegee. Normaalweg sou dit beteken dat die voertuig gestrand is, want die alternator is nodig om die krag in die voertuig se battery te hervul.

Op ’ n afgeleë plek kan dit dae duur om die alternator te vervang voordat hulle hul reis sou kon voortsit. Maar Rodney se voertuig was gelukkig toegerus met ’ n CTEK- dubbele batteryste­lsel. Daarom kon hy die 90 W-sonpaneel op die dak van sy voertuig inspan om krag regstreeks in die battery van die voertuig te stuur.

Deur ten volle van daglig gebruik te maak, kon hulle normaalweg deur die dag reis. Die CTEK-laaier met sy MPPT-funksional­iteit was sterk genoeg om die voertuig aan te skakel. Sodra die enjin geloop het, het dit genoeg elektrisit­eit gelewer om die elektronie­se toerusting van die voertuig aan die gang te hou. Dit het hulle drie dae gekos om terug te keer huis toe met gemiddeld ses uur se reistyd in daglig.

Die CTEK-laaier lewer sowat 250 W sonkrag. As dit in normale toestande gebruik word, kan dit sonder sukkel drie stelle 103 A/h-batterye laai. BO: Danksy CTEK se betroubare batterylaa­ier en die opsie om ’n sonpaneel daaraan te koppel, is dit nou maklik om pap batterye te laai, selfs in die boendoes.

WAAR IS HULLE GELEË?

Charging Systems Africa Edms. (Bpk.) het die verspreidi­ngsregte vir lande suid van die Sahara vir CTEK-batterylaa­iers en Solbian Flexi-panele. In Suid-Afrika bedien hulle meer as 800 verspreide­rs.

Die hoofkantoo­r is in Parktown- Noord in Johannesbu­rg. Die maatskappy het sterk verteenwoo­rdiging in alle provinsies oor die land heen en ook in buurlande.

As jy dalk daarvan droom om ver te reis, maar bang is jou voertuig se battery gaan nie hou nie, bied CTEK se batterylaa­iers vir jou die oplossing. CTEK-laaiers werk outomaties en vereis geen spesiale kennis of opleiding nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa