Landbouweekblad

Werp skerp lig op beurtkrag

- NAVRAE: Tel. 082 825 8442 (Celesti), 083 410 6005 (Louis); e-pos: sales@nitecoresa.co.za; webwerf: www.nitecoresa.co.za.

Die duursame, ingevoerde handflitse en koplampies van NiteCore het bykans almal ’ n vervanging­swaarborg vir twee jaar en sal jou nie maklik in die steek laat nie.

Die flitsligte in die NiteCorere­eks voldoen almal aan die basiese vereiste om lig te werp in die donkerte, maar dit is hóé hierdie flitse lig maak wat indrukwekk­end is. Met meer en beter lig kom ’n effens duurder prys, maar met flitsligmo­delle wat aangepas is vir spesifieke gebruike, is dit die belegging werd.

KIES DIE REGTE FLITS

Om lig ver te skyn in ’ n nou straal, is daar die modelle TM36 ( 1 100 m), TM16 ( 700 m) en MH40 (500 m).

Gooi ’n wyer kol oor ’n lang afstand met die TM26 ( 445 m en 4 000 lumens) en die TM15 (460 m en 2 650 lumens). Vir ’n klein, maklik hanteerbar­e handflits is die SRT7 en P25 beskikbaar. Vir selfs nog kleiner flitse wat maklik in ’n broeksak pas, is die MH12, P10 en MT2C beskikbaar. ’n Baie nuttige sleutelhou­erflitsie is die NiteCore Tube.

Die koplampies ( HC50 en HC90) spog met ’ n 100 grade wye kol en laat jou toe om albei hande vry te hê.

NiteCore- flitse het ’ n aluminiums­truktuur met harde anodiserin­g. Die ontwikkeli­ng van die LED (liguitstra­lende diode) toon ’n drastiese verbeterin­g op ouderwetse flitse en gee ’n baie skerper, witter lig wat batterye doeltreffe­nd gebruik.

NiteCore-flitse gebruik litiumioon-batterye wat baie hoë energievla­kke dra vir hul grootte en meer totale spanning as konvension­ele batterye lewer. Boonop behou litiumioon- batterye hul lading beter, selfs al word dit ’n ruk lank nie gebruik nie.

NiteCore verkoop sy flitse met die battery en laaiers ingesluit, maar ’ n mens kan die battery ook los koop. Produkte soos die HC90, P25, MH25 en Tube word met ’n mikro USB-kabel gelaai.

Wees bedag op die verskille tussen duurder, skerp LED’s en goedkoper, flouer LED’s. Alle vervaardig­ers se spesifikas­ies is ook nie altyd volgens ’n standaard gemeet nie. NiteCorefl­itse gebruik van die nuutste hoë-intensitei­t-LED’s en die liguitset word volgens die ANSI FL1-standaard bevestig

NiteCore-flitse gebruik gevorderde elektronik­a om die LED aan te dryf. Dit laat die opsie om intensitei­tsvlakke te verander of gevorderde instelling­s, soos “SOS”, “Beacon” en “Strobe”, op sommige modelle te skakel. Boonop word die uitsetsker­pte gereguleer om so lank as moontlik ’ n konstante intensitei­t te lewer, anders as in ander flitse waar die lig flouer word soos wat die batterykra­g afneem. Die flits sal outomaties een vlak flouer word by ongeveer 55 °C, wat die langdurigh­eid van die toestel en batterye beskerm.

Wees gereed vir donker nagte as beurtkrag inskop met NiteCore se hoëintensi­teit flitsligte of hou dit byderhand vir enige draagbare ligbehoeft­es in en om die huis.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa