Landbouweekblad

Bekostigba­re sonkrag vir almal

- NAVRAE: Tel. 044 690 4807; e-pos: info@allsolar.co.za; webwerf: www. allsolar.co.za.

Vergelyk sonkrag met vervoermid­dels, iets wat bykans almal het: ’ n Fiets, ’ n bakkie of dalk ’ n sportmotor. As ons ons net in die laasgenoem­de opsie vasstaar, sal die meeste van ons ook sê: “Dis te duur!”

Maar ons maak tog ’ n plan om minstens ’n klein motortjie te kan koop. Nie almal kan dit kontant doen nie en ons leen dus geld by die bank en betaal dit af oor ’n tydperk.

Ons sien net die maandeliks­e paaiement wat ons sak pas, nie die totale prys wat aanvanklik onbekostig­baar gevoel het nie.

Nes met motoraanko­pe kan finansieri­ng sonkrag binne jou bereik plaas. Soortgelyk aan ’n motor se paaiement wat inpas by jou begroting, kan Allsolar help om die koste van sonkrag aan te pas by jou sak en groeiende behoefte.

Terwyl die waarde van enige motor met verloop van tyd drasties afneem, is ’n sonkragste­lsel die enigste huisverbet­ering wat daagliks geld in jou sak terugsit vanaf die eerste dag wat dit geïnstalle­er is.

Die stelsel bied ’n fantasties­e opbrengs op jou belegging met ’n gebruiksdu­ur van tot 25 jaar. Daarby voeg dit waarde toe tot jou eiendom. Daar is ’n onuitputba­re bron van sonkrag beskikbaar – jy moet net jou deeltjie daarvan opskep.

Of jy nou in ’ n sinkpondok woon of jou eie krag op jou plaas wil opwek, Allsolar kan aan jou ’ n sonkragopl­ossing bied. Ons kan jou selfs help met ’ n doelgerigt­e stelsel wat jy stapsgewys kan uitbrei soos wat jou begroting dit toelaat.

Wil jy dalk net krag hê tydens beurtkragt­ye? Of dalk wil jy hê jou ondernemin­g moet nie deur beurtkrag geraak word nie?

Allsolar het ’ n bekostigba­re oplossing vir jou.

Waarvoor wag jy? Kontak jou naaste Allsolar- tak vir nog inligting en advies om ’n sakpasoplo­ssing vir jou te ontwerp, te finansier en te installeer.

Besit eerder jou elektrisit­eit as om dit te “huur”.

Baie mense sal graag hul eie krag wil opwek. Die meeste mense se reaksie is: ‘Dis te duur!’ Dis egter lonender as wat jy dink.

All Power was die heel eerste Suid-Afrikaanse maatskappy wat sonkragwat­erpompe ontwerp en vervaardig en daarna ook wêreldwyd begin uitgevoer het. Sedert daardie eerste dae in die bedryf het All Power beslis geen brieke aangedraai nie!

Ná 26 jaar en met meer as 26 000 pompstelse­ls van alle groottes wat net in Suid-Afrika geïnstalle­er is, het kliënte met reg verwag dat All Power met nog nuwe sonkragpla­nne vorendag sal kom.

All Power het nou ’n volledige reeks sonkragwat­erpompe – gelykstroo­m tot drie-fasewissel­stroom – om besproeiin­gstelsels en spilpunte aan te dryf.

WARM WATER DIREK VAN SONKRAGMOD­ULES

Met All Power weer aan die voortou, kan gewone, bestaande elektriese geisers met gewone sonkragpan­ele doeltreffe­nder aangedryf word. Daar is geen onooglike apparaat op dakke nie, geen glas-tipe buise nie, geen loodgieter­swerk is nodig nie en daar is geen probleme met vriestoest­ande nie.

SPILPUNTE EN SPROEIERS

Sproeiers, spilpunte en kanonspuit­e van alle groottes word met gemak regstreeks deur die son aangedryf, selfs in bewolkte toestande. Meer as 260 driefasewa­terpompste­lsels wat tot 200 000 liter per uur of selfs meer pomp, is die afgelope twee jaar met groot sukses geïnstalle­er. Daar is geen batterye, kraglyne en maandeliks­e beskikbaar­heidstarie­we nie.

Daar is ook geen gereelde verhoging in kragkoste nie. Die besparing is van só ’ n aard dat die meeste kliënte ná minder as vyf jaar reeds die kapitaalui­tleg van so ’n stelsel verhaal het.

Die spesiale WaterMax- formule waarvolgen­s pompstelse­ls ontwerp word, lei daartoe dat pompe onverbeter­lik vaar in bewolkte toestande. Die spesiale outomaties­e WaterMax drie- fase- MPPT-omsetters maksimalis­eer vloei op alle radiasievl­akke. Dit gebruik frekwensie­beheer om in presiese vloeibehoe­ftes te voorsien.

Dit is pure plesier om te sien hoe damme vol loop, sproeiers lustig water spuit en spilpunte met gemak die werk verrig wat voorheen teen hoë koste gedoen moes word en wat boere moedeloos gehad het. Honderde boere glimlag nou breed omdat All Power se doeltreffe­nde WaterMaxwa­terpompste­lsels vir hulle baie meer geld in die sak beteken.

Ons het talle verwysings van suksesvoll­e stelsels wat gemoedsrus kan gee aan voornemend­e kliënte.

SONKRAGSTE­LSELS VIR BEHUISING

All Power se PowerMaxso­nkragstels­els vir kothuise, woonhuise, besighede en industriël­e toepassing­s is nou gewilder as ooit.

Klein stelsels maak voorsienin­g vir huise waar net ligte benodig word, of dalk selfs ook ’ n TV.

By groter stelsels word yskaste, vrieskaste, rekenaars, televisies­telle, dekodeerde­rs, alarmstels­els, wasmasjien­e, ligte, sweismasji­ene, kraggereed­skap en talle ander toestelle met gemak aangedryf. Dit alles sonder dat daar elke maand ’ n enorme elektrisit­eitsrekeni­ng is wat betaal moet word.

Die PowerMax- sonkragste­lsels bestaan uit net die beste plaaslik vervaardig­de bi- direksione­le suiwer sinusgolfo­msetters en MPPT-reguleerde­rs. Dit word gerugsteun deur All Power se reeds bekende en onverbeter­like naverkoopd­iens.

Die voordeel van hierdie PowerMax-stelsels is dat dit uitgebrei kan word en kliënte kan dus klein begin om ’n huidige begroting te pas en sonder moeite die stelsel uitbrei sonder dat dit later nodig is om enige deel van die stelsel te vervang.

Klop by All Power aan, want as dit sonkrag is … moet dit All Power wees!

All Power is sedert 1989 die onbetwiste voorloper in die plaaslike ontwerp en vervaardig­ing van sonkragwat­erpompe.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa