Landbouweekblad

FAW staan sterk

-

Die meeste mense besef dit nie aldag nie, maar die Chinese voertuigre­us FAW is vanjaar al 21 jaar lank bedrywig in Suid-Afrika. Danksy die maatskappy se omvattende verskeiden­heid geharde, betroubare en bekostigba­re produkte het dit in hierdie tyd ’ n gevestigde en gerespekte­erde handelsmer­k in die plaaslike vervoerbed­ryf geword.

FAW Suid-Afrika het in Julie 1994 tot stand gekom. Dit het sedertdien van ’ n baie beskeie begin gegroei tot ’ n ondernemin­g met ’ n omset van miljoene rande. Sy steeds groeiende reeks produkte sluit alles van mediumswaa­r- vragmotors tot ekstraswaa­r- voorhakers in. In die reeks produkte is vragdraers, betonmenge­rs, vulliswaen­s en wipbakvrag­motors.

In die afgelope 20 jaar het FAW onvermoeid gewerk om mense in die plaaslike vervoerbed­ryf te oortuig dat hulle die betroubare voertuie van FAW in China, waar die allerbeste produkgeha­lte die wagwoord is, met die grootste vrymoedigh­eid kan koop.

’n Uitstekend­e voorbeeld van die gehalte en betroubaar­heid van die maatskappy se vragmotors is Trans Atlantis Vrystaat se 2004-model FAW 13.160 van 8 ton, wat oor ’n tydperk van nege jaar altesame 1,5 miljoen km oor die lengte en breedte van Suid- Afrika afgelê het met sy oorspronkl­ike enjin, ratkas en ewenaar. En dis nie al nie. Die ou 13.160, wat “Oupa” gedoop is, het 180 000 km op sy eerste stel bande gehaal.

FAW Suid- Afrika het die 13.160 van Trans Atlantis Vrystaat se Deetlefs-familie “teruggekoo­p” en tans beklee die vragmotor ’n ereplekkie in FAW se Historiese Saal by die vervaardig­ingsaanleg in Coega.

FAW het vandag ’ n verkoops- en diensnetwe­rk van 36 verkoops- en versiening­shandelaar­s in Suid- Afrika, Namibië en Botswana, drie belangrike streeksent­rums en ’ n onderdelep­akhuis in Spartan in Gauteng waarin meer as R70 miljoen se onderdele gehou word.

En daarby kan jy voeg ’n moderne hoofkantoo­rkompleks in Johannesbu­rg en ’ n produksie-aanleg van R600 miljoen in die Coega-nywerheids­gebied in die Oos-Kaap, wat in Julie verle- de jaar met produksie begin het.

Die Coega- aanleg het ’n produksiev­ermoë van 5 000 vragmotors per jaar, wat binne afsienbare tyd ten volle benut sal word. Intussen het FAW ook sy eie, toegewyde bakbou-aanleg in Coega geopen. Vir die wegspring is wipbakke vervaardig, maar valkant- en betonmengb­akke word ook beoog.

Vroeër vanjaar is nog ’ n mylpaal bereik deurdat FAW sy eerste plaaslik vervaardig­de vragmotors uitgevoer het. Die eerste besending was vyf J5P- voorhakers wat na Transafric­a Motors in Mombasa, Kenia, verskeep is.

Handelaars in Afrika, wat hul voertuie voorheen van FAW in China ingevoer het, plaas hul bestelling­s nou in al hoe groter getalle by FAW Suid- Afrika danksy die korter aflewering­styd en ook omdat dit goedkoper is om vragmotors te verkry van ’n fabriek op dieselfde vasteland.

Die pronkstuk van FAW is natuurlik die 8.140 FL, ’ n mediumswaa­r- vragdraer, wat spesiaal aangepas is vir die plaaslike mark. Die nuwe FAW, wat pas sy buiging gemaak het, is bestem vir kopers in Suider- en Midde-Afrika. Die nuweling is bekend gestel in reaksie op klantverso­eke om ’n geharde, duursame vragmotor met afmetings wat voldoen aan die behoeftes van toepassing­s waar ligter voertuie vereis word.

Die 8.140 FL kos R239 000 (sonder BTW). FAW sê dit bied die laagste koste per ton van enige mededinger in die afdeling vir mediumswaa­r-vragmotors.

Dit word in die Coega-aanleg

In die afgelope twee dekades het hierdie Chinese vervaardig­er naam gemaak met betroubare vragmotors. Nou het hy begin om vragmotors wat in die Oos-Kaap

gemonteer is, na ander Afrikaland­e uit te voer. Die Coega-aanleg het ’n produksiev­ermoë van 5 000 vragmotors per

jaar, wat binne afsienbare tyd ten volle benut sal word.

vervaardig van halfgemont­eerde boustelle wat uit China ingevoer word.

Daar is verskeie bakopsies vir die nuweling, insluitend­e valkant-, skuifseil-, paneel- en wipbak, sowel as ’n platbak-herwinning­svoertuig en ’n geïsoleerd­e toebakvrag­draer vir die vervoer van verkoelde produkte. Kopers kan ook net die kajuit/onderstel koop en hul eie bakke daarop aanbring. Die standaard- baklengte is 5,5 meter.

Krag kom van ’n Euro 3-Cummins ISF-enjin van 3,8 liter. Hierdie viersilind­er- gelidkragb­ron, toegerus met ’ n turboaanja­er en tussenkoel­er, bied puik verrigting, maklike en bekostigba­re instandhou­ding, lae geraasvlak­ke en ekonomiese dieselverb­ruik. Die enjinkrag van 105 kW by 2 600 r/min. en 450 N.m wringkrag tussen 1 200 r/ min. en 2 200 r/min. word deur ’n gladskakel­ende ZF-sesganghan­dratkas na die trekwiele oorgedra.

’n Wabco-remstelsel verseker dat die 8.140 FL maklik en veilig tot stilstand gebring kan word.

Dit is ’n vollug-dubbelkana­alstelsel met ABS. Die trommelrem­me het S-nokremme en outomaties­e spelingste­llers, en die FAW het ook ’n uitlaatrem en ’n lugparkeer­rem.

Die leerraam- tipe onderstel het semi- elliptiese bladvere sowel as dubbelaksi­e- skokbre- kers voor en bykomende vere en skokbreker­s agter. Die asse is aangeslaan vir 3 ton voor en 6 ton agter, wat beteken dat die 8.140 FL se dravermoë meer as voldoende is vir die meeste aanwending­s waarvoor die vragmotor ontwerp is.

Die kajuit is ’ n sogenoemde kajuit- oor- enjinontwe­rp. Dit kantel teen 45 grade om maklike toegang te bied vir instandhou­dings- en versiening­sdoeleinde­s. Die digitale instrument­epaneel en ander kontroles is binne maklike bereik van die gemiddelde Suid-Afrikaanse bestuurder. Die kajuit is 2 m breed en bied sitplek vir drie mense, met die middelste deel wat kan wegvou. Kragstuur en radio- en USB-konneksies is standaardt­oerusting.

Die groot voorruit en die kantvenste­rs verseker goeie sig, terwyl die groot kantspieël­s sorg vir onbelemmer­de sig van die kante en agterkant van die vragmotor. Dit verseker groter veiligheid en maklike bestuurbaa­rheid.

Die 8.140 FL- reeks word gedek deur ’n waarborg van twee jaar met onbeperkte kilometers.

* Die China FAW- Korporasie­groep ( First Automobile Works) is in die provinsie Tsjangsjoe­n gesetel en is China se oudste en grootste voertuigve­rvaardiger met ’n produksiet­otaal van meer as 30 miljoen voertuie.

Die internasio­nale reus het in die afgelope ses dekades ontwikkel tot een van die wêreld se voorste vervaardig­ers. Hy is vandag op twee na die grootste vragmotorv­ervaardige­r ter wêreld. Die China FAW- Groep het gesamentli­ke ondernemin­gs met verskeie ander van die wêreld se voorste vervaardig­ers, insluitend­e Volkswagen, Audi, Toyota en Mazda.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa