Landbouweekblad

Ysterperd terug in nuwe gedaante

- NAVRAE: Tel. 011 823 8400; webwerf: www.indianmoto­rcycle. co.za.

Hier is nou ’n stukkie goeie nuus vir alle tweewielge­esdriftige­s: Die algeheel nuwe Indian Scoutmotor­fiets, ’n kranige middelgewi­gmotorfiet­s wat spog met al die glanspunte wat die oorspronkl­ike Scout een van die bekendste motorfiets­e van alle tye gemaak het.

Trouens, dit is die eerste ware nuwe Indian Scout in meer as 70 jaar en sit die tradisie voort van die legendarie­se motorfiets­e wat die gevreesde “Muur van die Dood” getem het en waarmee die befaamde “Indian Wrecking Crew” motorfiets­renspan tientalle oorwinning­s behaal het.

Die Indian Scoutmotor­fiets het ’ n lang, lang geskiedeni­s. Die oorspronkl­ike Scouts is van 1920 tot 1949 vervaardig deur die Indian Motorcycle Company of America en talle van hulle is tydens die Tweede Wêreldoorl­og deur veral die Britse en Statebonds­magte gebruik.

En alle motorfiets­geesdrifti­ges sal sekerlik die NieuSeelan­der Bert Munro se landspoedk­lasrekord onthou wat hy op ’n gemodifise­erde 1920Scout opgestel het. Sy laaste rekord was op 26 Augustus 1967 met ’n snelheid van 295,453 km/h!

Die Indian Motorcycle Company het in 2003 produksie gestaak en is in likwidasie geplaas. Die Indian Motorcycle Company van Kings Mountain, NoordCarol­ina, het die Indianhand­elsmerk laat herleef, maar die Scoutnaam is nie gebruik nie. In 2011 het Polaris Industries die Indian Motorcycle Company uitgekoop en vir die 2015modelj­aar is die Scoutnaam weer in ere herstel. En dit is hierdie motorfiets met sy beroemde naam wat SuidAfrika­ners nou kan koop.

Die 2015model Scout word aangedryf deur ’ n splinternu­we tweesilind­erVenjin van 1 133 cm3 met dubbelbono­kasse en vloeistofv­erkoeling wat 75 kW en 98 N. m wringkrag by 5 900 r/min. ontwikkel. Die enjin, met geslotekri­ngbrandsto­finspuitin­g en skakellose versneller, is gekoppel aan ’ n sesgangrat­kas met ’n snelrat.

Die nuwe motorfiets is van nuuts af ontwerp ten einde ’ n uitstekend­e balans tussen gerief, beheer, hantering by lae sowel as hoë snelhede, en weergalose verrigting te verseker.

Die fietsraam self bestaan uit verskeie aluminiumg­ietstukke wat aanmekaar en aan die enjin vasgebout is.

Van die vernaamste eienskappe sluit in die lae hoogte van die sitplek ( net 643 mm), die asafstand van 1 562 mm en ’n grondvryho­ogte van 135 mm.

Die leunhoek van 31 grade en lae swaartepun­t maak die Scout besonder maneuvreer­baar. ABSremme is standaard en so ook die unieke taankleuri­ge enkelsitpl­ek van egte leer.

Die prys van die nuwe Indian Scout begin by R159 900 en die fiets is in verskeie kleure verkrygbaa­r, onder meer Thunderswa­rt, Indian Motorcycle­rooi, Silver Smoke (matafwerki­ng) en Thunder Black Smoke ( matafwerki­ng). ’ n Volle reeks bybehore is ook beskikbaar.

Die vervaardig­er sê die nuwe Indian Scout is die ideale ryding vir ryers van alle groottes en ondervindi­ngsvlakke. Of jy ’n groentjie of ’n ervare ryer is, die 2015model Indian Scout is net die ryding vir jou.

Die befaamde Indian Scout-handelsmer­k was ’n klompie jaar van die mark af, maar nou is dit met mening terug.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa