Landbouweekblad

LLBBWW | VAN ORALOOR BOKHAARBED­RYF WIL WERKERS BEMAGTIG

-

DIE

bokhaarbed­ryf gaan opnuut probeer om sy plaaswerke­rsverenigi­ng oor die hele produksieg­ebied op dreef te kry, het mnr. Cobus de Klerk in sy voorsitter­srede op die kongres van die SASKV op Graaff-Reinet onderneem.

Hy het benadruk dat dit nie as ’n vakbond gesien moet word nie, maar een waar werkers die geleenthei­d kan kry om bydraes tot die bedryf te lewer. Dit sluit in skeeroplei­ding, gevorderde klassering­kursusse by makelaars, die bestuur van probleemdi­ere en die versorging en beslaan van perde. Daar gaan ook gepoog word om werkers se bestuursva­ardighede te ontwikkel en met vergaderin­gprosedure­s vertroud te maak.

Volgens De Klerk is die nuwe beleid van die bemagtigin­gstrust ook besig om welslae op te lewer. Twee kommersiël­e kuddes vir swart boere is reeds gevestig. By Doornrivie­r, Somerset-Oos, het die begunstigd­es reeds 500 kapaters in die vorm van ’n rentevrye lening ontvang. Op Weltevrede by Long Hope is 298 ooie en 9 ramme aan ’n familie oorhandig. Verskeie kortkursus­se is ook op die Jansenvill­e- proefplaas vir werkers aangebied. Die trust stel ’n kurrikulum saam om studente wat die kursusse suksesvol voltooi, te akkreditee­r. Die bestuur van die vereniging is vergroot om die voorsitter van die plaaswerke­rsverenigi­ng en ’n opkomende, kommersiël­e produsent te huisves.

KOMMUNIKAS­IE

Weens die onbetrouba­arheid van die posdiens gaan die vereniging hom op digitale kommunikas­ie toespits.

De Klerk het die samewerkin­g van alle belanghebb­endes in die bedryf geprys. Hy het verwys na die brand wat Paassondag ’n groot gedeelte van die Stucken-groep se Gubb & Inggs-aanleg op Uitenhage in die puin gelê het. “Belanghebb­endes het dadelik ruimte- en verwerking­sgeriewe aan die groep beskikbaar gestel.”

PRYSE

Hy het gesê hoewel die gemiddelde markaanwys­er vir sybokhaar vir die 2015-somerseiso­en net R191,58/kg was, talle boere meer as R260/kg vir hul skeersels ontvang het. Die boere wat die beste gevaar het, was mnre. Billy en Fred Colborne van Willowmore wat gemiddeld R288,33/kg gerealisee­r het. – THEUNS BOTHA

Die Zandberg-trustees en kollegas met hul seremoniël­e dividendtj­ek van R750 000. Van links is mnr. Abraham van Rheenen, Zandberg-direkteur, mnr. Erard Lombard, mentor, me. Johanna Jooste, voorsitter van die trust, me. Medelene Beukes, trustlid, me. Johanna Cupido, Zandberg-direkteur, dr. André Neethling, besturende direkteur van Suiderland Plase, me. Lorenda Koopman, Zandberg-direkteur, mnr. Petrus Beukes, trustlid, mnr. Kevin October, trustlid, en mnr. Detré Baard, hoofbestuu­rder van die Welverdien­d-boerdery en mentorboer van Zandberg. FOTO: VERSKAF

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa