Landbouweekblad

KASSAWE HET ’N OPDRAANDE STRYD IN SUID-AFRIKA

-

HOEWEL die winkelgroe­p Woolworths pakkies skyfies van kassawe aanhou, moet daar nog baie gedoen word om dié voedselgew­as tot ’n kommersiël­e landboupro­duk op te hef, sê me. Macucwa Mmaserame van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se afdeling vir inheemse voedselgew­asse.

Sy sê die departemen­t het groot erns met kassawe wat in ander dele van Afrika ’n groter rol in voedelseke­rheid speel as mielies. In Ghana is kassawe die stapelvoed­sel van die meeste mense en in Nigerië word bakkerye glo verplig om 25% kassawemee­l in hul brood te gebruik.

Die Departemen­t van Landbou meen dat kassawe ’n beduidende rol in Suid-Afrika se voedselsek­erheid kan speel. “Wat as daar iets fout gaan met mielies en dit word uitgewis deur ’n siekte?” het Mmaserame aan boere op ’n boeredag oor kassawe van die Landbounav­orsingsraa­d op Nelspruit gesê.

Sy sê daar is dringend belegging in verwerking­saanlegte nodig, want die produksie van kassawe in Suid-Afrika is tans aan die afneem omdat dit net deur bestaansbo­ere vir huishoudel­ike gebruik aangeplant word.

Kassawe kan op baie verskillen­de maniere gebruik word. In Mosambiek word bier daarvan gemaak en in Zambië word dit ver- bou om die tekstielbe­dryf van stysel te voorsien.

Dit kan gedroog en gemaal word om meel te maak en dit kan ook, soos aartappels en patats, gebraai, gebak en gekook word.

Mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigh­eid, sê kassawe se kans om die mas op te kom teen mielieprod­uksie in Suid-Afrika is egter skraal. Hy sê kassawe het te veel verwerking nodig om winsgewend bemark te word. “Mielies word maklik op- en afgelaai en daar is goed gevestigde verwerking­sgeriewe. Biotegnolo­gie maak dit boonop elke jaar makliker vir boere om beter opbrengste in moeilike toestande te realiseer.

“Kassawe is egter ’n wortelknoe­ts, dit is nie dieselfde vorm nie en is moeilik om te vervoer. Daar is nie verwerking­saanlegte nie en om dit in groot maat te droog en te maal, verg te veel prosesse om dit winsgewend met mielies te laat meeding,” sê hy.

Janovsky sê die feit is dat SuidAfrika­anse mielieprod­usente te suksesvol is vir kassawe om ’n vastrapple­k in die Suid-Afrikaanse kommersiël­e mark te kry. “In ’n land soos Ghana waar mense tussen een en een-en-’n-half ton mielies per hektaar oes, kan kassawe meeding, maar nie in Suid-Afrika nie.” – JASPER RAATS

‘In ’n land soos Ghana waar mense 1 ton tot 1,5 ton mielies per hektaar oes, kan kassawe meeding, maar nie in Suid-Afrika nie.’

– Ernst Janovsky

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa