Landbouweekblad

Invoer tot Mei 94% hoër

- ERNST JANOVSKY en WESSEL LEMMER (OP FOTO)

DIE

hoë vlak van invoer van melkproduk­te het in Mei voortgeduu­r.

Luidens die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO) se tydskrif Melkbullet­in was die totale invoer in die eerste vyf maande van vanjaar 39 143 ton – 94% meer as in dieselfde tydperk verlede jaar.

In Mei alleen is 10 876 ton melkproduk­te ingevoer.

Hoewel uitvoer in die tydperk 3,4% laer was, is Suid- Afrika steeds ’n netto uitvoerder sowel op grond van gewig as die melkekwiva­lente grondslag van wat uitgevoer is. Melkekwiva­lent is die hoeveelhei­d liter melk wat na raming in die vervaardig­ing van die betrokke produkte gebruik is. spreidings­marges van melk gestyg het. Laer produsente­pryse lei daartoe dat die boer se aandeel in die verbruiker­srand skerp daal.

Hoë voerkoste dra ook tot die kleiner marges by wat die belangrikh­eid van skaalekono­mie beklemtoon. Groter en beter geïntegree­rde melkboerde­rye behoort hul winsgewend­heid in die huidige moeilike ekonomiese toestande beter te kan handhaaf.

Die afname in mededingin­g skep egter ’n geleenthei­d vir nuwe toetreders tot die melkmark. Die gaping tussen kleinhande­l- en produsente­pryse het vergroot. Gevolglik het die winsmarges van verwerkers merkbaar op die rug van plaaslike melkproduk­sie toegeneem.

Ondernemen­de melkboere het nou die geleenthei­d om verder aan in die waardekett­ing te integreer. Dit beteken dat hulle dit moet oorweeg om individuee­l of koöperatie­f in die vervaardig­ing en verspreidi­ng van melkproduk­te betrokke te raak en sodoende hul skaalekono­mie te vergroot. Vir die boere wat net wil melk, lyk dinge egter nie so rooskleuri­g nie.

Die huidige ekonomiese toestande kan ’n daling in melkproduk­sie versnel. Sodra een liter melk minder as 1,68 kg mielies kan koop, verminder melkboere hul voerverbru­ik om koste te probeer verminder. Gevolglik daal produksie. Om te oorleef, moet boere ekonomiese­r en produktiew­er melk produseer.

Dit is nie vir almal moontlik nie en gevolglik word verwag dat melkproduk­sie kan daal. Dit sal daartoe lei dat die bedryf verder konsolidee­r. Gegewe die huidige aannames oor potensiële verhogings in produsente­pryse en laer voerkoste behoort produksiem­arges egter teen einde volgende jaar beter te vertoon.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa