Landbouweekblad

BESPROEIIN­G KLOP DIE DROOGTE

- NYLSTROOM

DIE suikerriet­bedryf gaan tans gebuk onder een van die ergste droogtes in jare. Een maatskappy, wat ’n dekade gelede besluit het om slegs in gebiede met besproeide suikerriet te belê, pluk nou die vrugte. TSB Suiker, wat nou as RCL Suiker bekend staan, het in Pongola in KwaZuluNat­al en Malalane in Mpumalanga belê. Saam lewer dié gebiede suikerriet op ongeveer 60 000 ha onder besproeiin­g. Dit beslaan sowat 70% van alle suikerriet onder besproeiin­g in die land.

Volgens mnr. Dawie van Rooy, uitvoerend­e hoof van landbou by RCL Suiker, lyk die oeste van RCLsuikerb­oere goed. “Mpumalanga het Desember verlede jaar en Februarie vanjaar normale tot bo normale reën gekry. Pongola het in dieselfde tydperk goeie reën gehad. Ál die damme het óf oorgeloop óf amper oorgeloop,” sê Van Rooy.

Die oeste in dié twee streke is dus so te sê normaal. “Ons verwag egter ’n droë somer in 2015/’16 en pas tans streng besproeiin­gsbeperkin­gs toe.

“Veral op vlakker grond, of waar daar probleme met besproeiin­gsinfrastr­uktuur was, het die droogte ’n uitwerking gehad. Ons verwag dat dit ’n verlies van ongeveer 4% van die totale produksie tot gevolg sal hê.”

– JOHAN VAN DER MERWE

Die gemiddelde prys van varkvleis (alle klasse) was 2 230c/kg. Dit is 0,8% laer teenoor die vorige week en 4,9% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van spekvarkka­rkasse was 2 209c/kg. Dit is 0,7% laer teenoor die vorige week, 5% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 14,1% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van vleisvarkk­arkasse was 2 472c/kg. Dit is 1% hoër is teenoor die vorige week, 2,4% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 16,7% hoër op ’n jaargronds­lag. Die hoër oordragvoo­rraad is waarskynli­k die rede vir die daling in die prys van spekvarkka­rkasse. Die prys van spekvarkka­rkasse kan sy- of afwaarts beweeg en dié van vleisvarkk­arkasse sywaarts. Die kans is 70% dat die prys van spekvarkka­rkasse in Augustus hoër gaan wees as in Julie en 85% kans vir ’n hoër prys in September teenoor Augustus. Die slagplaasv­erkoopspry­s van bevrore braaihoend­ers was 2 029c/kg. Dit is 0,7% hoër teenoor die vorige week, 4,1% laer is as in die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 2,9% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van vars braaihoend­ers was 2 198c/kg. Dit is 0,6% hoër teenoor die vorige week, 0,8% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 7,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van kitsbevror­e stukke was 1 902c/kg. Dit is onverander­d teenoor die vorige week, 0,4% hoër teenoor die ooreenstem­mende tyd ’n maand gelede en 15% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van vars braaihoend­ers en bevrore braaihoend­ers kan sywaarts beweeg en dié van kitsbevror­e stukke sy- of opwaarts. Die kans is 77% dat die prys van vars braaihoend­ers in Augustus hoër gaan wees teenoor Julie en 65% vir ’n hoër prys vir bevrore braaihoend­ers. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-lamsvleis was 5 558c/kg. Dit is 0,8% laer is teenoor die vorige week, 3,5% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 13% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-skaapvleis was 3 773c/kg. Dit is 0,6% laer teenoor die vorige week, 1,7% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 4,2% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van die A2/A3’s kan sy- of afwaarts beweeg en dié van die C2/C3’s sywaarts. Die kans is 65% dat die prys van lamsvleis in Augustus hoër gaan wees as in Julie en 65% vir ’n laer prys in September teenoor Augustus. Die gemiddelde plaashekpr­ys van speenkalwe­rs (190 kg240 kg) was 1 949c/kg. Dit is 2% hoër teenoor die vorige week, 6,7% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 12,6% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-beesvleis was 3 388c/kg. Dit is 0,3% hoër teenoor die vorige week, 0,7% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 5,6% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-beesvleis was 2 702c/kg. Dit is 0,2% hoër teenoor die vorige week, 0,5% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 16,5% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van die A2/A3’s kan opwaarts beweeg en dié van die C2/C3’s sywaarts. Die kans is 80% dat die prys van die A2/A3’s in Augustus hoër gaan wees as in Julie en 50% vir ’n hoër prys in September teenoor Augustus.

Die prys van aartappels het vergeleke met die vorige week met 10,1% tot R2 581/t gestyg en is 16,9% laer teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Verkope het met 4,1% teenoor die vorige week gestyg en is 21,8% hoër teenoor die ooreenstem­mende week verlede jaar. Die hoofproduk­siegebiede in volgorde van lewering op die Johannesbu­rg-mark is tans die Wes-Vrystaat (39,9%), Limpopo (34,4%), die Oos-Vrystaat (17,4%), Noordwes (2,8%) en die Noord-Kaap (2,7%). Die prys kan afwaarts beweeg. Die prys van wortels het met 3% afgeneem. Die laer prys is vanweë ’n verhoging van 10% in volumes. Die prys was 16,6% laer as in die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl verkope 21,5% hoër was. Die prys kan sywaarts beweeg. Die gemiddelde prys van kopkool het met 8,6% tot R1 686/t gedaal. Die prys was laer as gevolg van die verhoging van 15,3% in volumes. Die prys was 51,6% laer as in die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl verkope 10,5% hoër was. Die prys kan sywaarts beweeg in ooreenstem­ming met die seisoenale neiging. Die gemiddelde prys van uie was 2,2% hoër teenoor die vorige week. Verkope het met 7,3% gestyg. Die prys is 0,5% hoër as in die ooreenstem­mende week verlede jaar, terwyl verkope 7,3% hoër was. Die prys kan sy- of afwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van tamaties het met 22,9% tot R5 019/t afgeneem vanweë ’n hoër aanbod in volumes van 33,6%. Die prys was 27,3% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl die volume verkope 16,7% hoër was. Die prys kan sywaarts neig in ooreenstem­ming met die seisoenale neiging.

BEAULIEU ESTATE (1412), 25 ha, aan King Shaka Projects (Edms.) Bpk., van K.V. Cocker, R3 400 000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa