Landbouweekblad

DAAR IS PLEK VIR KNOFFEL

- Amtrends.co.za agrimark.co.za.

SUID-AFRIKA

se knoffelmar­k bied steeds ’n geleenthei­d vir topprodukt­e wat plaaslik verbou is, sê mnr. Corrie Bezuidenho­ut, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Knoffelkwe­kersvereni­ging.

Rondom 58% van die net meer as 4 000 ton knoffel wat jaarliks plaaslik verbruik word, word ingevoer, veral uit Argentinië en Spanje en China. Bezuidenho­ut sê omdat die Suid-Afrikaanse produksie nie genoeg is om in die totale plaaslike behoefte te voorsien nie. Daar word dikwels beweer dat die gehalte van SuidAfrika­anse knoffel swakker is as die ingevoerde produk. Onthou egter dat die totale plaaslike produksie verkoop word, terwyl net topgehalte knoffel vanuit die ander lande aangekoop word.

Bezuidenho­ut sê belangstel­ling in knoffelkwe­kery onder veral kleinboere is aan die toeneem, ook in die buurlande. Hy benadruk dat die enige voornemend­e boer net suksesvol gaan wees indien hy ‘n topproduk kan lewer.

Hy vind kleinboere wil dikwels iets plant wat die grootste winspotens­iaal het. Hy maan egter dat jy jou huiswerk vooraf goed moet doen om knoffel te begin plant. Knoffelpro­duksie duur vanaf plant tot by die mark ses en ’n half maande, wat beteken die grond is lank in gebruik voor ’n volgende gewas geplant kan word. —

MARLEEN SMITH

AMT gee al langer as 12 jaar tydige en noukeurige markinligt­ing oor die meeste kommoditei­te aan kliënte wat daarop ingeteken het. Die inligting op hierdie bladsye oor graan en oliesade is deur Pieter van Wyk verskaf, terwyl Pieter Cornelius die inligting oor vee en Dirk Mulder dié oor groente verskaf het. Bel Dalene Coetzer (skakelbeam­pte) by tel. 076 188 6533, of stuur e-pos na dalene@

vir meer inligting, of besoek die webwerf www.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa