Landbouweekblad

LEEFSTYLPL­ASE OP LANDGOED

- PHILIPPOLI­S

Vergeleke met plaasgrond­pryse in Amerika, Brittanje en Australië presteer die Suid-Afrikaanse mark goed.

Volgens Savill, ’n eiendomsko­nsultasiem­aatskappy in Brittanje, het plaasgrond­pryse in dié land vanaf 1950 jaarliks met ongeveer 7,5% toegeneem.

In Amerika was die styging in dié tyd sowat 6,6% per jaar. Die afgelope dekade het plaaspryse in Brittanje egter met 13,7% per jaar gestyg en in Amerika met 8,1% per jaar.

Savill voorspel dat boere in Amerika se winsgewend­heid ’n groter rol in plaasgrond­pryse gaan speel as in Brittanje, waar beleggers in die landbou ’n groter rol in hierdie pryse speel. In Amerika het produkprys­e ’n regstreeks­e uitwerking op die winsgewend­heid van die boerdery, asook op plaasgrond­pryse.

Die prys van graanprodu­kte het daar die laaste jaar baie gedaal, daarom het plaasgrond­pryse, veral in die graanprodu­serende gebiede, gedaal. Die prys van plaasgrond wat hoofsaakli­k vir veeproduks­ie gebruik word, het gestyg. Dit is omdat veeboere se winsgewend­heid danksy laer voerkoste gestyg het.

In teenstelli­ng met Amerika word plaasgrond­pryse in Brittanje meer deur leefstylbo­ere bepaal en minder deur die winsgewend­heid of produksiep­otensiaal van die grond. In sommige dele van Suid-Afrika kan dié uitwerking ook gesien word.

In Australië het plaasgrond­pryse in die westelike dele van die land volgens die Australies­e kommoditei­tsburo (Abares) van 2008 tot 2013 met soveel as 44% gedaal. Dit volg nadat pryse in 2008 ’n hoogtepunt bereik het. In ander dele van die land het plaasgrond­pryse nie so dramaties gedaal nie.

In Suid-Afrika het die prys van plaasgrond die afgelope paar jaar ondanks baie onsekerhed­e met gemiddeld 10% per jaar toegeneem en in sommige dele selfs met meer. Die prys van plaasgrond in Suid-Afrika presteer dus goed of selfs beter as in die res van die wêreld.

— FRANCOIS HUMAN

Die duurste bul op Meaker Brafords se derde produksiev­eiling op die plaas Draaihoek, Warden, is teen R47 500 aan mnr. Van Aardt Greyling van Lady Grey verkoop. Twee bulle is teen R45 000 stuk aan onderskeid­elik mnre. Gert en Stefan van der Merwe van Standerton en Carl de Jager van Ladysmith verkoop. Altesame 29 bulle is teen gemiddeld R29 568 stuk verkoop. CMW/OVK het die veiling aangebied en mnr. PM Swart was die afslaer. Op die jaarlikse veiling van die Wes-en Suid-Kaapse Angus-klub op Moorreesbu­g is die duurste bul teen R33 000 aan die JH Blankenber­g-boerdery, Klipheuwel, verkoop. Links is mnr. Johan Esterhuize­n van die CBR Angus-stoetery, Montagu, verkoper van die duurste bul, by mnre. Appie Maritz, afslaer van BKB in die Paarl, en Danzel Lukas, hanteerder. Vyf Angusbulle is teen gemiddeld R25 200 stuk verkoop. BKB het die veiling aangebied.

Dié bul (’n Beefmaster-Bovelder-tipe) is op die sesde Volksrusts­e Grasveld-bulveiling op die plaas Alexander, Volksrust, teen die hoogste prys van R42 500 verkoop. Die verkoper was mnr. Frans Duminy van die Harwar-boerdery, Volksrust, en die kopers mnre. Hendrik Odendaal en David Schoeman van die Allemansgr­as-boerdery, Warden. Altesame 33 bulle is teen gemiddeld R25 803 stuk verkoop. CMW/OVK het die veiling aangebied en mnr. Louwrens Bibbey was die afslaer.

ALGEMEEN

23-25 JULIE: Studente-ekspo. Greenstone-winkelsent­rum, Johannesbu­rg. Web: www. student-expo.com. 31 JULIE-1 AUGUSTUS: !Nabakos-en-wynfees, Upington. Sonja, sel 082 410 7669. Web: www.naba foodandwin­e.co.za. 27-30 AUGUSTUS: Kaapse Blommeryk-ekspo. Megapark, Bredasdorp. Agri Mega. Eunice Joubert, sel 082 808 1114, of e-pos: eunicek@ agrimega.co.za. Chris van Rhyn, tel. 021 863 0397, of e-pos: marke ting@capefloral­kingdom.co.za. 16-19 SEPTEMBER: Agri-Megaweek. Megapark, Bredasdorp. Pikkie Louw, sel 082 566 5880, of e-pos: pikkie@agrimega.co.za. Reinette Basson, tel. 021 863 0397, of e-pos: reinette@agrimega.co.za. 15-17 OKTOBER: Agri-Expo Livestock 2015, Sandringha­m, Stellenbos­ch. Tel. 021 975 4440, of e-pos: admin@agriexpo.co.za. Web: www. livestock.org.za. 28-31 OKTOBER: Agri Capeweek, wyn-, vrugte- en varsproduk­te-ekspo. Kleinplasi­e, Worcester. Anne-Marie le Roux, tel. 021 863 0397, of e-pos: annemarie@agri mega.co.za.

Marco, sel 082 872 2745. Kraampies, Johandré, sel 076 662 3535. Algemeen, Andries, sel 072 265 1039.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa