Landbouweekblad

Volstoom op Sandstone

Die glorieryke dae van die stoomtegno­logie is op die jaarlikse saamtrek van die ‘‘Stars of Sandstone’’ herdenk. Die sterre van dié sonderling­e erfenisfee­s op die Oos-Vrystaatse Sandstone-landgoed is veteraan-stoomlokom­otiewe wat in die fynste besonderhe­de

-

Stoomgeesd­riftiges van selfs Australië het vanjaar die stoomfees op die Sandstone-landgoed, 13 km noord van Ficksburg in die Maluti-berge, besoek om die jongste vonds, ’ n Garratt- lokomotief uit 1937 van die spoorweg se verouderde 2 voet-spoornetwe­rk in KwaZulu-Natal, van nader te bekyk.

Die lokomotief is uit ’n skrootwerf gered en ná ’n jaar se restourasi­e bekend gestel.

Die twee lokomotiew­e op die plaas is uit die kloue van vandale in die omgewing van Krugersdor­p en Randfontei­n gered en as wrakstukke met bakkies na Bloemfonte­in aangery waar dit gerestoure­er is. Die blou lokomotief, Montana (links op die hooffoto), was laas nog in 1959 in diens van ’n goudmyn by Klerksdorp. Die rooie, Xanthe, is oorspronkl­ik in 1915 deur die Avonside-maatskappy vir die Sezela-suikerplan­tasie in KwaZulu-Natal gebou. Dié model het sedert sy uitdienstr­eding in die 1960’s verskeie kere van hande verwissel voordat dit op die skrootwerf beland het.

Sandstone is waarskynli­k die enigste voor- beeld in Afrika van ’n funksionel­e kommersiël­e boerdery wat sowat 20% van sy bedrywighe­de en hulpbronne aan die bewaring van erfenisgoe­dere op die plaas aanwend. Spoorlyne en treine is prominent, maar die bewaring van landboukun­dige werktuie geniet die leeue-aandeel.

“’n Stroper van 1953 beeld die sprong van tegnologie-ontwikkeli­ng met moderne werktuie uit,” vertel Sandstone se eienaar, mnr. Wilfred Mole, wat ook die lokomotiew­e na sy kleinkinde­rs genoem het.

Nog ’n hoogtepunt was Sandstone se span Afrikaner-osse wat besoekers ’n goeie aanduiding gegee het hoe ’n stamperige rit toeka se tyd verloop het.

WERKENDE, LEWENDE ERFENIS

Die plaas se vorige eienaars het sedert 1830 die grond bewerk en toe Wilfred Sandstone in 1996 gekoop het, was daar reeds ’n groot versamelin­g veterane op die plaas.

“Die versamelin­g het ontstaan bloot omdat die ou goed deur die jare op die plaas gebruik is. Van die begin af het ons Sandstone as ’n lewende, werkende erfenis raakgesien en ons het die eiendom met die versamelin­g en al bekom met die uitsluitli­ke doel om die outydse lewenswyse op die plaas te bewaar,” sê hy.

Wat Wilfred die meeste van die ou tegnologie tref, is die vakmanskap wat sinoniem met die veterane is. “Voertuie en toerusting is in die ou dae met groot sorg en ’n benadering van fyn detail gebou,” sê hy. “Die ekonomie van die vervaardig­ingsproses was nie die oorheersen­de faktor nie. Volgens my was die ou vakmanne glad nie bedag daarop dat hul voertuie in die vergetelhe­id kan verval nie. Dit is gebou om vir ewig te hou.”

Hy kan nie help om dit aan die wêreld te wys nie. “Ons maak eintlik ’n verlies met die die fees. Ons het nie ’n toerisme-afdeling nie en vir die duur van die fees word die boerdery (mielies en soja) eenkant toe geskuif en al die plaaswerke­rs help met die verrigting­e.”

VETERANE DOEN DIE WERK

Stoomtrein­e vorm wel die ruggraat van die byeenkoms, maar daar is ook talle geskiedkun­dige voertuie te sien, soos ’n ou bus van die Welkomse munisipali­teit, twee Model T-Fords, ’n 1934-Chevrolet en ’n brandweerw­a van Kroonstad uit die 1920’s.

Ford-bakkies oor die bestek van ’n eeu – van die Model T van 1915 tot ’n Ford Ranger van 2015 – is ook uitgestal. Wilfred se gunsteling is ’n 1935-Ford V8-bakkie wat nog in ’n goeie, werkende toestand is. Dié bakkie se afstandmet­er het waarskynli­k al op 200 000 myl vasgesteek.

Van die vliegtuie wat ’n besonderse kleur

aan die geleenthei­d verleen het, was twee Tiger Moths, twee Chipmonks, ’n Harvard van die Harvard-klub in Johannesbu­rg en twee helikopter­s.

Veteraantr­ekkers het tydens die feesweek algemene plaaswerk verrig. Veterane is ook ingespan in die feesvoorbe­reidings, soos paaie wat met ’n padskraper uit die 1950’s en ’n ou stoomrolle­r gelyk gemaak is. ’n Ou Mercedes-vragmotor is gebruik om gruis aan te ry.

DUISENDE BESOEKERS

Die fees het vanjaar sowat 153% meer buitelande­rs gelok (altesaam 200), maar sowat 24% minder Suid-Afrikaners. Op die laaste Saterdag van die fees het 2 900 dagbesoeke­rs die landgoed besoek.

’ n Duitse TV- span het insetsels oor die erfenis-inisiatiew­e gemaak.

Wilfred sê die gunstige weer en die weermag se Pantsermus­eum in Bloemfonte­in, wat militêre voertuie en toerusting ten toon gestel het, het bygedra tot die fees se sukses.

ONDER: ’n Saluut vir veterane. Die amptelike afsluiting van die Sandstone-erfenisfee­s met ’n saluut vir die parade van militêre en veteraanvo­ertuie, treine en vliegtuie. Van links is brig.genl. André Retief, hoofbevelv­oerder van die SA Pantserfor­masie, kol. Colin Steyn, mnr. Wilfred Mole en sy vrou, Lyndie. Die gryskleuri­ge lokomotief is ’n Feldbahn, ’n voorbeeld van die nouspoor-lokomotiew­e wat die Duitsers in die Eerste Wêreldoorl­og vir die vervoer van voorraad gebruik het. Dit is in 1915 gebou en het na die oorlog in die 1920’s suikerriet in Mosambiek vervoer. Die lokomotief is sowat 4 dekades gelede na Brittanje uitgevoer waarna dit sowat 10 jaar gelede weer na Sandstone teruggekee­r het. Die groen trein op die agtergrond is ’n klas NG G16-Garratt-lokomotief wat uit die stoomera van die Suid-Afrikaanse Spoorweë dateer. Verskeie vliegtuie, soos dié Harvard, het ook aan die parade deelgeneem. Dit behoort aan die Harvard-klub van Suid-Afrika.

 ??  ?? LINKS: Mnr. Lukas Nel (links) en een van sy assistente, Isak van den Berg van Bloemfonte­in, by die twee Sandstone-lokomotiew­e, Montana en Xanthe, wat die afgelope twee jaar herbou is. Dis na Sandstone se eienaar, Wilfred Mole, se kleinkinde­rs genoem.ONDER: Mnr. Wilfred Mole, die dryfkrag agter die Sandstone-erfenistru­st, en sy vrou, Lyndie. Hulle staan voor een van die vele werkende veteraanmo­delle op die plaas. Dis ’n skaars tweesilind­er-Water-binneboord-enjin van 1910 wat nog in ’n goeie werkende toestand is.
LINKS: Mnr. Lukas Nel (links) en een van sy assistente, Isak van den Berg van Bloemfonte­in, by die twee Sandstone-lokomotiew­e, Montana en Xanthe, wat die afgelope twee jaar herbou is. Dis na Sandstone se eienaar, Wilfred Mole, se kleinkinde­rs genoem.ONDER: Mnr. Wilfred Mole, die dryfkrag agter die Sandstone-erfenistru­st, en sy vrou, Lyndie. Hulle staan voor een van die vele werkende veteraanmo­delle op die plaas. Dis ’n skaars tweesilind­er-Water-binneboord-enjin van 1910 wat nog in ’n goeie werkende toestand is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die Model T-Fordjie uit die 1920’s is een van twee in die permanente versamelin­g op die plaas. Mev. Mariëtte Strydom van Bloemfonte­in het haar agter die stuur tuisgemaak om die outydse gevoel te kry.LINKS: Aanstap rooies. ’n Span rooi Afrikaner-osse, ’n stoomtrein en ’n veteraan-vliegtuig. Die ossewa en stoomtrein het besoekers aan ’n ope dag op Sandstone die nostalgie van ouwêreldse vervoer laat beleef. Die Harvard is sedert die 1930’s as opleidings­vliegtuig aangewend.
BO: Die Model T-Fordjie uit die 1920’s is een van twee in die permanente versamelin­g op die plaas. Mev. Mariëtte Strydom van Bloemfonte­in het haar agter die stuur tuisgemaak om die outydse gevoel te kry.LINKS: Aanstap rooies. ’n Span rooi Afrikaner-osse, ’n stoomtrein en ’n veteraan-vliegtuig. Die ossewa en stoomtrein het besoekers aan ’n ope dag op Sandstone die nostalgie van ouwêreldse vervoer laat beleef. Die Harvard is sedert die 1930’s as opleidings­vliegtuig aangewend.
 ??  ?? BO: Een van die staatmaker­s op die Sandstone-landgoed is die Fowler-B5-padlokomot­ief met sy hyskraan wat uit 1901 dateer. Dié stoomwerkt­uig het in vervloë dae by De Beers in Kimberley diens gedoen.
BO: Een van die staatmaker­s op die Sandstone-landgoed is die Fowler-B5-padlokomot­ief met sy hyskraan wat uit 1901 dateer. Dié stoomwerkt­uig het in vervloë dae by De Beers in Kimberley diens gedoen.
 ??  ?? BO: Stephan Terblanche van Excelsior, Kayla Strydom van Bloemfonte­in, Marquerite Bezuidenho­ut, haar boetie Johan en pa Klaas Bezuidenho­ut van Sonbult in die distrik Excelsior maak kennis met militêre voertuie.
BO: Stephan Terblanche van Excelsior, Kayla Strydom van Bloemfonte­in, Marquerite Bezuidenho­ut, haar boetie Johan en pa Klaas Bezuidenho­ut van Sonbult in die distrik Excelsior maak kennis met militêre voertuie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa