Landbouweekblad

MELKKOPER SE SLUITING ‘N RAMP

- – CARIEN KRUGER

SOWAT 50 melkboere in die OosVrystaa­t se melkerye is in die weegskaal omdat ’n melkkoper einde September sy 26 jaar oue melkdepot in Clocolan gaan sluit.

Die melkverwer­ker Montic, met sy fabriek in Heidelberg, Gauteng, het boere op 1 Julie daarvan in kennis gestel.

Een van die boere het aan Landbouwee­kblad gesê hy is al 40 jaar ’n melkboer op die plaas waar sy pa en oupa ook melkboere was. Hy kon nog nie ’n ander koper vir sy melk kry nie. Hy het reeds sy werknemers moes kennis gee.

Die boer sê die sluit van die depot gaan ’n groot invloed op die omgewing hê omdat elke boer vyf tot agt gesinne onderhou. Daar is boonop personeel by die depot wat hul werk gaan verloor.

Mnr. Martin Swanepoel is uitvoerend­e hoof van die Sontic-groep, houermaats­kappy van die suiwelmaat­skappye Montic en die Wes-Kaapse Sonnendal. Hy sê boere is al in September verlede jaar gewaarsku dat dit vir Montic ’n groot probleem is dat meer as 75% van hulle nie die nodige wetlike sertifikat­e het om melk te produseer nie en die melk nie aan alle standaarde voldoen nie: “Kettingwin­kelgroepe se oudits is baie streng.”

Swanepoel sê dit het al gebeur dat Montic melk moes weggooi nadat hy dit gekoop het. Baie van die boere het volgens hom klein melkerye wat minder as 1 000 liter per dag lewer, wat dit vir hulle moeilik maak om die nodige geld te bestee om aan wetlike vereistes te voldoen.

Hoewel die sluiting van die depot nie omgekeer sal word nie, sê Swanepoel hy gesels nog met boere en probeer kyk hoe hulle gehelp kan word.

’n Paar boere het reeds vroeër vanjaar ander melkkopers gekry, terwyl Montic dalk sal oorweeg om groter boere se melk regstreeks uit Gauteng op te laai.

Mnr. Harry Hepton, wat nie aan Sontic gelewer het nie, maar wat in die distrik Senekal ’n melkboer is, sê hy weet van boere wat al melkkoeie in die mark begin sit het. Daar is egter nie kopers nie en die koeie sal waarskynli­k as slagbeeste verkoop moet word.

LAAT BETALINGS

’n Ander boer het gesê hy is intussen laat betaal vir melk wat hy in Mei en Junie gelewer het. Swanepoel het egter kort voor druktyd gesê volgens sy inligting is die Mei- betalings gedoen en is die Junie-betalings nou verskuldig.

Hepton, ’n voormalige ondervoors­itter en direkteur van die Melkprodus­ente- or g a ni sa s i e (MPO), voorspel dat nóg boere in die provinsie uit die bedryf gestoot gaan word deur ’n verskeiden­heid faktore, soos die sluiting van die depot, tesame met nog kopers in ander streke wat roetes gestaak het, en die huidige ooraanbod van melk in Suid-Afrika wat kopers hul produsente­pryse laat verlaag.

“Die ouens raak moedeloos. In die Vrystaat was daar eens 1 500 melkboere. Daar is nou dalk minder as 300 en ek voorspel einde vanjaar sal daar minder as 100 wees.”

Die boer sê die sluit van die depot gaan ’n groot invloed op die omgewing hê omdat elke boer vyf tot agt gesinne onderhou. Daar is boonop personeel by die depot wat hul werk gaan verloor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa