Landbouweekblad

WILDBOERE KAP JAGTERS

Mnr. Roan van Tonder, ’n wildboer van Potchefstr­oom, maar ook ’n jagter en lid van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing, reageer op die onlangse kritiese uitsprake uit jagtersgel­edere oor die teel van die sogenoemde skaars wild en kleur

-

DANKIE aan mnr. Peter Flack en dr. Gerhard Verdoorn wat ons wildboere aanmoedig om aan die debat oor ons wonderlike en unieke wildbedryf deel te neem. Dankie aan almal wat oor die wildbedryf dink en ’ n mening lug. Hopelik bring my bydrae nóg meer duidelikhe­id.

Ek meen as ek ’n klompie feite op die tafel sit, sal dié twee here, asook die lesers, jagters, wildboere en beleggers besef daar is wel ’n plek in Suid-Afrika vir ’n sterk wildbedryf en spesifiek kleurvaria­nte, en dat dit hier is om te bly.

WILDBEDRYF SE BYDRAE

Eerstens ’ n paar punte oor die opvatting wat ontstaan het dat Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) ’n skadelike organisasi­e is.

Dié organisasi­e het al báie gedoen vir bewaring, werkskeppi­ng en transforma­sie. Die feite spreek vanself. Daar is sowat 20 miljoen stuks wild in Suid-Afrika, die meeste sedert 1850.

WRSA en die wildbedryf het ’n groot rol gespeel in die bewaring van die bontebok ( 1 000 in reservate en 7 000 in private besit), die bastergems­bok en swartwitpe­ns (waarvan 90% van al twee in private besit is), swartwilde­beeste, Kaapse bergsebras, wit leeus, buffels, koningjagl­uiperds en nog vele meer.

Dit is meer as wat enige ander organisasi­e in die land, spesifiek die Suid- Afrikaanse J agtersen Wildbewari­ngsverenig­ing (SAJWV), kan sê.

Daar word jaarliks 120 000 ton wildsvleis aan die Suid-Afrikaanse mark verskaf en meer as R300 miljoen se wildsvleis word uitgevoer. Die bedryf verskaf meer as 140 000 werksgelee­nthede in die land en dit is op vier na die grootste landbousek­tor – verlede j aar het dié bedryf R10 miljard ingebring.

Die WRSA, die Suid-Afrikaanse produsente­organisasi­e, het ’n sentrale rol in dié sukses gespeel.

WATTER GROOT HORINGS?

Die aantyging dat sommige diere met onnatuurli­ke groot horings geteel word en dat van die teling onnatuurli­k is, kan nie verder van die waarheid af wees nie.

Hoe verklaar jy anders dat die grootste buffel vandag se horings net 55 duim lank is, dat min buffels se horings groter as 50 duim is en dat by geen koei groter as 50 duim gemeet word nie? Dit terwyl die Rowland Ward-rekord 64 duim is, en dit was in 1946.

Dieselfde geld ’n suidelike bastergems­bok, waarvan die rekord 39 duim is, gejag in 1906 – daar is deesdae bitter min bulle oor by wie groter as 30 duim gemeet word. So kan jy aangaan, met die swartwitpe­ns, gemsbok, blouwildeb­ees, springbok en nog meer.

Wat glad nie in die debat genoem word nie, is dat dit die einste jagter is wat nou so ’n sterk mening het oor hoe wild geteel word, wat die oorsaak is van die teling van wild, soos ons dit vandag ken. Dit is as gevolg van jag dat daar in Suid-Afrika min goeie teelmateri­aal is en min diere met groot horings.

Ons moet ook onthou dat dit as gevolg van die wildbedryf en goed gemoniteer­de bestuurste­lsels is dat daar vandag wel jag kan plaasvind.

Dit is eenvoudig: Jagters neem op ’n onnatuurli­ke manier met ’n geweer vir sy persoonlik­e genot goeie teelmateri­aal uit die natuur uit. Om ’n dier uit ’n trop te neem rig skade aan die genetiese diversifik­asie van die trop – en wildboere probeer goeie teelmateri­aal bewaar, vermeerder en versprei, om dit wat uitgehaal is weer terug te sit.

Die gemiddelde grootte van die horings van die wildsoorte het deur die toedoen van jagters nou al so klein geword dat groot bedrae geld betaal word deur wildboere om die beste beskikbare teelmateri­aal weer terug te sit. Sodoende sal daar weer buffels met horings van 50 duim, bastergems­bokke met horings van 30 duim, gemsbokke met horings van 40 duim en swartwitpe­nse met horings van 50 duim gejag kan word.

In 2012 is ’n buffelbul met horings van ’n 50 duim op ’n veiling te koop aangebied om te laat jag. Dit is verkoop vir ’n allemintig­e R1,7 miljoen, wat dui op die buitengewo­on groot vraag wat bestaan om weer diere met groot horings te jag.

SELEKSIE SOOS MET LEWENDE HAWE

Om hierdie doelwit te kan bereik, moet daar geselektee­r word vir die beste teelmateri­aal, soos enige goeie boer sal doen.

Wat ook uit die oog verloor word, is dat goeie boere nie net vir een eienskap selekteer nie, maar vir verskeie om die balans reg te hou. Behalwe horingleng­te, selekteer jy ook vir vrugbaarhe­id, bouvorm, liggaamsge­wig, horingvorm en, belangrik, om inteling te voorkom.

Daar is wel baie jagplase wat ’ n trop diere gekoop het en 15 jaar later nog geen nuwe bloed ingesit het nie. Watter inteling

vind nie daar plaas nie?

As jy miljoene rande belê in ’ n spesifike dier, gaan jy hom nie net loslaat op ’ n 10 000 ha plaas en hoop jy sien hom een keer per jaar nie. Nee, jy gaan seker maak daardie teelmateri­aal word bewaar. Jy wil die dier elke dag sien en reg deur die jaar in ’n goeie kondisie hou.

As jy nié selekteer nie, gaan jy nooit nader aan die doelwit kom nie om weer goeie trofeë los te laat sodat hulle kan floreer waar hulle voorheen gejag en ontneem is. Die doelwit is tog per slot van sake nié om klein bouvorm en kort, krom, klein en misvormde horings beskikbaar te stel aan jou medeteler, reservate, dieretuine en jagters regoor die wêreld nie.

Nee, wildboere wil die beste diere teel en as die gemiddelde dier se gehalte verhoog, sal die land die gesogste jag- en toerismebe­stemming ter wêreld wees.

WIE MOET REGULEER?

Ek stem saam dat sogenoemde geblikte jag onregverdi­g teenoor die dier is. Die boer sowel as die jagter moet eties wees.

Daar moet egter ook aanvaar word nie elke wildboer het ’ n wildsplaas van 10 000 ha om so ekstensief moontlik te boer nie. Ek boer, byvoorbeel­d, op ’n plaas van 1 250 ha en my kampe wissel van 50 ha tot 300 ha, net vir teeldoelei­ndes.

Ek bestuur dit so dat die gras dit steeds toegroei – wie besluit of dit intensief of ekstensief is?

Gaan dit aan die jagter oorgelaat word om te bepaal of my plaas se grootte vir ekstensiew­e teel of jag aanvaarbaa­r is?

Daar is nie meer ’n plek in die land waar daar nie drade gespan is nie. Ons almal jag in ’n kamp – dis net die groottes wat verskil.

SA IN ’N GOEIE POSISIE

Suid-Afrika en Namibië is die enigte plekke in Afrika waar ’n boer nog wild mag besit. Die res van Afrika is deurtrek met bek-en-klouseer, TB en stropery. Wanneer buitelands­e regerings groter en siektevrye diere in hul reservate wil sit, kan hulle dit net in Suid-Afrika kom koop. Dit plaas die land in ’n goeie posisie vir die toekoms, want wildgetall­e in Afrika neem af.

DIS NIKS NUUTS

Kleurvaria­nte bestaan al van voor enigeen van ons gebore is. Daar is bewyse dat ’n goue gemsbok reeds in 1906 gejag is en die meeste goue wildebeest­e is in dieselfde tyd amper uitgeskiet.

Mnr. Peter Flack het self op sy blog gesê ’n swart springbok is nie ’n kleurvaria­nt nie omdat dit al baie jare bestaan. Dit ondersteun my redenasie dat daar geen verskil is tussen die DNS van ’n swart springbok en ’n gewone springbok nie, wat ’n swart springbok juis niks anders as ’n kleurvaria­nt maak nie. Dieselfde geld vir die ander wildsoorte.

In die Nasionale Krugerwild­tuin kan jy swart en wit rooibokke sien.

Kleurvaria­nte word al baie j are lank gejag en verhandel. Dis egter opvallend dat dit slegs is vandat sekere kleurvaria­nte onlangs groot bedrae geld op veilings behaal het dat dit amper obsessiewe kritiek van sekere individue ontlok het. ’n Mens kan maar net spekuleer oor die motiewe agter dié kritiek.

EN ANDER PROBLEME?

Daar is ’n verskeiden­heid ander groter probleme op wildsplase wat weinig aandag kry en waaraan jagters ook aandag behoort te skenk. Onetiese en geblikte jag is maar enkeles. Jagters behoort hulle ook daarvoor te beywer dat daar ’ n spoorsnyer behoort te wees vir elke dier wat gekwes word.

Wat van die probleem van dragtige diere wat gejag word? Hoe eties is dit? Wat van inteling wat voorkom moet word? Te min waterpunte op plase? Te min byvoeding in droë jare wanneer die diere nie kos kan kry nie? Oorbeweidi­ng?

DIS ONS ERFENIS

Kleurvaria­nte is nie mensgemaak nie. Dit is deel van die mens se erfenis.

Voorheen is in onkunde aanvaar ’n kleurvaria­nt is ’n frats en moet van kant gemaak word. Maar daar is nou in baie gevalle bewys dat baie kleurvaria­nte met die regte eienskappe (nie albino’s nie) net so groot, sterk en aanpasbaar is soos die res van die wildsoort.

Kleurvaria­nte word ook gejag en die jag daarvan sal toeneem soos die get alle vermeerder. Goue wildebeest­e is al gejag vir tussen R150 000 en R300 000. Met miljoene jagters wêreldwyd en beperkte lande om in te jag gaan kleurvaria­nte na my mening gesogte jagtrofeë word.

Die gewone rooibok, blouwildeb­ees, blesbok en gemsbok se voortbesta­an is geensins in gedrang nie. Inteendeel, die getalle vermeerder danksy wildboerde­rye met goeie siektebehe­er.

DIE TOEKOMS

Kleurvaria­nte se pr yse klim reeds weer op verskeie veilings. My voorspelli­ng oor die wildmark is dat swart rooibokooi­e se prys weer gaan styg soos ons nader aan lamtyd kom, dat die ramme se pryse nader aan dektyd weer gaan styg en dat die allerbeste goue gemsbokke, buffels en Livingston­e- elande vanjaar duurder gaan word.

Die wildbedryf sal net ál sterker word en beter teelmateri­aal sal beskikbaar word.

Ek hoop van harte dat almal mekaar eerder kan ondersteun as om mekaar af te kraak. Wildboere en jagters het mekaar nodig om die voortbesta­an van al twee bedrywe te verseker.

‘Wat glad nie in die debat genoem word nie, is dat dit die einste jagter is wat nou so ’n sterk mening het oor hoe wild geteel word, wat die oorsaak is van die teling van wild soos ons dit vandag ken.’

 ??  ?? BO LINKS: Mnr. Roan van Tonder. “Wildboere en jagters het mekaar nodig om voort te bestaan,” sê hy.
BO: ’n Groot saalrugroo­ibokram. Dié kleurvaria­nt is tans baie gewild.
BO LINKS: Mnr. Roan van Tonder. “Wildboere en jagters het mekaar nodig om voort te bestaan,” sê hy. BO: ’n Groot saalrugroo­ibokram. Dié kleurvaria­nt is tans baie gewild.
 ??  ??
 ??  ?? BO: ’n Koffiekleu­rige springbokr­am, ‘n skaars en gewilde kleurvaria­nt.
LINKS: Net sowat 45 rooi gemsbokke bestaan in Suid-Afrika, wat dit duur en gesog maak.
BO: ’n Koffiekleu­rige springbokr­am, ‘n skaars en gewilde kleurvaria­nt. LINKS: Net sowat 45 rooi gemsbokke bestaan in Suid-Afrika, wat dit duur en gesog maak.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa