ELKE MENS BESKOU ‘GEHALTE’ ANDERS
Dr. Gustav Klingbiel se brief in Landbouweekblad van 10 Julie (“Geluk met artikel oor vleis se klasse”) waarin hy kommentaar lewer op die artikel oor die vleisklassifikasiestelsel (“’n Kwessie van klas”, LBW, 19 Junie) het betrekking.
Ek stem heelhartig saam ( strydig met die verbruiker se mening) dat sagtheid nie die gehalte van vleis bepaal nie. Indien sagtheid gehalte bepaal het, dan moes ons almal op kalfsvleis ( veal) gekonsentreer het, en dit val nie in my smaak nie.
Ek dink dit is onmoontlik om ’n definisie van gehalte weer te gee, aangesien dit van mens tot mens sal verskil. Persoonlik hou ek byvoorbeeld nie van Karoolam nie, bloot omdat ek nie daarmee grootgeword het nie.
Ek hou van ’n twee- tot viertanddier se vleis, mits die dier nie in strestoestande doodgemaak word nie. Baie jare lank al skiet ek byvoorbeeld my skape en bokke vir die huis met ’n .22-kaliber, verkieslik by die voerbak. Die gehalte van vleis sal baie verbeter indien die diere nie in strestoestande geslag word nie.
Natuurlik is daar verskille tussen beesrasse ten opsigte van die grofheid van grein ( draad) en marmering, wat ek hoog ag by gehalte. (Die meeste vleisgehaltepryse in Amerika gaan aan Angusvleis.) Ek ag die rypmaak van vleis ook baie belangrik.
My frustrasie gaan daaroor dat die publiek glad nie ingelig is oor ’n klassifikasiestelsel nie, maar ek as boer word vergoed op die grond van ’n klassifikasiestelsel. As voorbeeld kan ek noem dat ek baie koring by die koöperasie as graad 2 gelewer het teen ’n verminderde vergoeding, maar ek kon nooit daarin slaag om ’n graad 2-brood teen ’n laer prys terug te koop nie.
Die huidige vleisklassifikasiestelsel is te ingewikkeld vir die verbruiker. Ek stel voor ’ n vereenvoudigde stelsel met slegs drie grade word ingestel.
Op die Vleisbeesskool by Aldam word ’ n proekursus oor vleis aangebied wat ek van voorneme is om by te woon. Daarna sal ek dr. Klingbiel dalk beter kan inlig oor wat ek bedoel met vleis van goeie gehalte! BOK ERASMUS Dundee
MELKBOERE RAADOP
Nou skree ons as boere in die Vrystaat om hulp en antwoorde. Julle weet seker dat die meeste van ons amptelik per brief in kennis gestel is dat ons laaste melk die 30ste September geneem sal word ( lees die berig “Knou vir melkbedryf in OosVrystaat”, LBW, 24 Julie).
Wie en waar almal is, weet ons nie, maar dit is nie noodwendig net baie klein boere nie. Daar is verskeie menings en gerugte. Kan julle vir ons help uitvind wat waar en wat onwaar is?
Daar word blykbaar tonne melkpoeier teen ’n baie lae prys ingevoer. Verskeie fabrieke of verskaffers van melkprodukte gebruik dit dan om produkte te vervaardig. Ons verneem daar word langlewemelk daarvan vervaardig. Hulle gebruik sowat 50% melkpoeier en 50% melk ( die melk is glo om die smaak van poeiermelk te verbloem). Is hierdie gerug waar? Waar ’n rokie is . . .
Wie maak nog kaas, botter, ensovoorts? Baie vervaardigers vind dit blykbaar goedkoper om die produkte in te voer en dit dan net te etiketteer. Ons praat nie hier van die kleiner boere-kaasmakers nie. Word die publiek mislei? Hoekom sluit Homsek, Douglasdale en Montic hul deure vir sommige boere? Hoekom word personeel wat met die publiek praat, afgedank?
MNR. GAVIN HARDY van Butterfly Farms by Malelane bedryf ’n gemengde boerdery met lietsjies, mango’s, Ngunibeeste en bye. Hy het dalk wêreld-tuinbougeskiedenis gemaak toe hy nuwe kommersiële lietsjieboorde met duisende 12 jaar oue bome gevestig het. Lees die artikel op bl. 46.
VERTEL ONS VAN JOU GESIN.
Ek is getroud met Glynis en ons het drie seuns, Kevin, Trevor (wat in Amerika is) en Michael (wat in Australië woon). Ons het ses kleinkinders.
HET JY STOKPERDJIES?
My plaas en die natuur is my stokperdjies.
WAAR HOU JY VAKANSIE?
Verkieslik altyd in die bos, maar met twee van die seuns in die buiteland, nou ook oorsee. Alles oor boerdery, veral oor lietsjies, wat ek in die hande kan kry.
WATTER SPORTSPAN ONDERSTEUN JY?
Die Cheetahs.
HET JY GESTUDEER?
Ja, siviele ingenieurswese aan Wits en verskeie besigheidskursusse.
Posbus 1802, Kaapstad 8000
plaas-sertifikaat (vir Brucella
is nie. Sodra ’ n lid se diere positief toets (al is dit slegs een ram wat verdag toets weens ’ n reaksie op die Rev 1-entstof ) teen Brucella ovis, verval die lid of teler se skoonplaas- sertifikaat. Hy of sy moet ál sy of haar ramme hertoets (twee maal met ’n tussenpose van minstens 30 dae) tot die hele kudde negatief toets voordat hy of sy weer ’n skoonplaas-sertifikaat ontvang.
Die kans dat ’n koper ’n Brucella ovis- besmette ram op ’ n amptelike Dorperveiling sal koop, is baie skraal. Die afgelope drie jaar het die genootskap se kantoor slegs vier gevalle of uitslae ontvang van telers se ramme wat positief getoets het.
As ’n mens in ag neem dat ons meer as 200 telers se uitslae in dié tydperk ontvang het, is dit ’ n bewys dat die Dorper- telersgenootskap se Brucella-ovis- beheerskema baie goed werk. Drie van die vier telers se status as “vry van Brucella ovis” is in die tussentyd herstel nadat hul kuddes twee maal hertoets en besmette ramme geslag is.
Die Dorper-telersgenootskap wil nie te kenne gee dat daar nie ’ n groot probleem met betrekking tot Brucella ovis is nie. Inteendeel, ons stem volkome saam dat dit ’ n reuseprobleem is en dat baie meer gedoen kan word om die siekte te bekamp.
Maar Dorpertelers tel beslis nie onder diegene wat 50% besmette ramme op hul plase het, soos dr. Harris in sy artikel noem, nie. Hy sê wel in paragraaf 2 van die artikel “ek praat van kommersiële kuddes . . .”, maar dit is jammer dat hy nie melding maak van die Dorper- skaaptelersgenootskap en sy lede wat oor jare baie geld en tyd bestee het om Brucella ovis te bekamp nie en dat die 50% besmette ramme nie die geval is by die meeste lede van die genootskap nie.
Voornemende Dorper-ramkopers, u is welkom om die teler by wie u u ramme koop, te vra vir sy of haar skoonplaas-sertifikaat of toetse wat wys die betrokke ram(me) is nie besmet met Brucella ovis nie, want of jy nou R2 000 of R20 000 vir die ram betaal het, hy is niks werd as hy Brucella ovis het nie. ATTIE WESTRAAD Rasdirekteur, Dorperskaaptelersgenootskap van SA
HOE GEMAAK MET JEUGOORTREDERS?
Op 6 Julie 2015 omstreeks 04:00 het twee vyftienjarige kinders by my huis ingebreek. Hulle het my ook probeer seermaak deur my met ’ n klip en ’ n stuk hout te gooi.
Hulle het ’n groot mes by hulle gehad. Hulle wou vermoedelik skape steel en dit slag. Maar die mes kon ook bedoel gewees het om iemand te beseer of selfs te vermoor.
Die polisie is ontbied en kon daarin slaag om hulle in hegtenis te neem.
Ongeveer 14:00 het die polisie hulle weer by hul huis afgelaai. Die polisie se redenasie is dat hulle nie toegesluit kan word nie, want hulle is onder die toesig van hul ouers. Maar 04:00 in die nag pleeg hulle misdaad en hul ouers weet nie eens daarvan nie.
Die vraag ontstaan of daar enige ouertoesig is. Dié jong misdadigers is ’n gevaar vir die gemeenskap. Moet die gemeenskap maar die misdade van kinders onder ouertoesig aanvaar,
PLATFORM VIR UITVOER
Saam met my vrou woon ek twee maal per jaar vir ’n paar maande by my skoonseun in Bloemfontein. My skoonseun lewer kunsmis aan boere in die Vrystaat. Ek is ’n Nederlander en ons woon in Engeland, maar my vrou is in Bloemfontein gebore.
Ek lees Landbouweekblad met belangstelling.
Graag bied ek my dienste aan om Suid- Afrikaanse boere te help met hul uitvoer na Nederland. Ek is geaffilieer by ’ n netwerk wat heet Tacler waarop ek Suid- Afrikaanse boere kan verteenwoordig. Tacler bied aan die internasionale groenteen vrugtebedrywe ’n kommunikasieplatform waarop hulle inligting oor vraag en aanbod met mekaar uitruil om so tot nuwe insigte te kom en handelsverhoudings te bou.
Indien u belangstel, hoor ek graag van u. JAN HENDRIKS jan.hendriks8@gmail.com
STERKTE AAN MEDEBOERE
Ek wil graag alle medeboere baie sterkte toewens. Ek dink aan alle boere wat gebuk gaan onder ’n uiters vyandige landboubeleid en probleme, soos stakings wat nie ophou nie.
Kragvoorsiening is onder geweldige druk weens swak
of moet sulke kinders onder beter toesig geplaas word totdat hulle heeltemal gerehabiliteer is en weer in die gemeenskap opgeneem kan word?
instandhouding en regstellende aksie. Dit plaas ook dieselreserwes onder groot druk. En besproeiingsboere lei ernstige skade weens beurtkrag.
Bees- en saaiboere in sommige dele ervaar die ergste droogte in bykans 40 jaar. Kosvoorraad gaan krimp en kos gaan duurder word. Daar is ’n mielietekort. Die land se infrastruktuur kan nie die verspreiding van baie tonne ingevoerde graan hanteer nie. Ons is gewoond aan silo’s wat oorloop en om mielies uit te voer.
Is ons reg vir ’ n nasionale kragineenstorting? ’ n Voedseltekort? ’n Brandstoftekort? Paniek en opstandigheid?
Maak reg om te kan oorleef in enige krisisgeval. Daar lê ’ n onstuimige tyd vir ons voor. ’ n Boer maak altyd ’n plan. Mans, ons moet ons vroue, kinders en oumense oppas. Ons weet egter dat die Liewe Vader by ons is en nog altyd daar was. Ons hoef nie te vrees nie.
Baie sterkte aan almal in die landbou.