Landbouweekblad

ARBEIDSVER­SLAG WELKOM

-

Die skade wat arbeidswet­gewing aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aanrig, is alombekend en dit is waarskynli­k net die Regering self wat dit nie wil erken nie. Die feit dat 36% van die potensiële arbeidsmag werkloos is, kan deels daaraan toegeskryf word.

In ’n onlangse opname oor 15 faktore wat mense na die SuidAfrika­anse ekonomie lok, was arbeidsver­houdinge heel onder aan die lys saam met die doeltreffe­ndheid van die Regering, die vlak van onderwys en kultuur van navorsing en ontwikkeli­ng.

Die arbeidsver­houdinge tussen plaaswerke­rs en hul werkgewers is ook reeds oor jare ’n politieke speelbal.

Die Internasio­nale Arbeidsorg­anisasie (IAO) het ’n navorsings­projek daaroor gefinansie­r en ’n verslag met bevindinge het pas verskyn. Dit is ’n nuttige en objektiewe verwysings­bron oor die werklikhed­e van die arbeidsitu­asie in die landbou en beklemtoon die probleme waarmee kommersiël­e boere te kampe het.

Die vinger word kwaai na die staat gewys. Weens dereguleri­ng en handelsbev­ryding is die boere se kollektiew­e bedingings­mag weggeneem en hulle het prysnemers geword wat om oorlewing veg, terwyl staatsbyst­and ook omtrent nie meer bestaan nie.

Soos die druk toeneem, verminder hulle die aantal heeltydse werkers en maak meer gebruik van tydelike werkers, inkontrakt­ering en werkers wat nie op die plaas woon nie. Volgens die verslag het die staat se ingryping om die lewensgeha­lte van plaaswerke­rs sedert 1994 te verbeter grootliks misluk omdat hy nie wou aanvaar dat die lot van werkers en boere verstrenge­l is nie.

Om werkers te ondersteun sonder om boere te steun, is sinloos. Die aanbevelin­g is dat die bedingings­mag van albei partye versterk moet word sodat die wins in die waardekett­ing ewerediger verdeel kan word.

Sterkte aan al die melkboere – beter dae sal weer kom.

WAAR IS DIE TEE UIT RWANDA?

Suid- Afrika kan Afrika nie nét as ’n mark vir sý produkte sien nie, daar moet darem ook ’ n teenpresta­sie wees, is die waarskuwin­g van mnr. Moses Nyabila, uitvoerend­e hoof van die Keniaanse maatskappy Shamba Kraft.

Die ondernemin­g werk met plaastegno­logie en die ontwikkeli­ng van landboubes­igheid.

Hoe is dit dat hy nie die wêreld se beste tee uit Rwanda en Ethiopiese koffie op Suid-Afrikaanse winkelrakk­e sien nie? wou Nyabila weet by landbousak­elui wat FarmBiz se konferensi­e oor landboubes­igheid in Afrika bygewoon het.

Hy het toe sommer ook die geleenthei­d benut om aan die landboumin­ister, Senzeni Zokwana, te sê hoe moeilik Suid-Afrika se visumverei­stes dit vir mense, soos hy, maak om daarheen te reis.

Só moeilik dat hy nie verlede jaar se konferensi­e kon bywoon nie. Dit het geklink asof die minister dit ter harte neem. Hy meen die landbousak­esektor moet sy hulp in sulke situasies vra.

Nyabila sien Suid-Afrika egter, ondanks sy bietjie kritiek, as “die hart” van die ontwikkeli­ng van die vasteland se landboubes­igheid.

Hy het lof gehad vir die land se bankstelse­l, landboubes­ighede, goed ontwikkeld­e sektor vir produksiem­iddele en dienste, institusio­nele infrastruk­tuur en veral sy kommersiël­e boere.

“Elke stam of gemeenskap het ’n rol in Afrika te speel. Die idee dat wit Afrikane nie ’ n rol kan vind om te speel nie, kom nie by ’ n mens op nie.” Sy boodskap aan Suid-Afrikaanse boere was: “Julle skuld niemand enige verskoning­s vir die verlede nie. Neem jul plek met trots in in die herskryf van die verhaal van Afrika.”

RESEP

’ n Jersey- boer van Witsand, Overberg, en ’ n gereelde briefskryw­er stuur vir Manie die volgende raad oor renosterst­ropery.

Hy sê baie word geskryf en gedoen om die renosters van uitwissing te red, maar ’n alternatie­f moet geskep word vir die gebruike van hul horings.

Wat van l amstestike­ls met biesmelk daaroor?

Die Chinese en ander Oosterling­e wat agter die renosterho­ring aan is, eet mos rou geregte. Dit kan óf gaar gemaak óf rou gebruik word.

Maal die testikels, gooi dan vars biesmelk daaroor en vries in porsies net reg vir ontdooi en eet. Manie ken nie die biesmelkde­el nie, maar moes darem ook al ’ n springbok-“niekerbol” ná sy eerste jagtog sluk. Nie sy gunsteling nie – maar terselfder­tyd bestaan daar ook geen behoefte aan renosterho­ring nie.

‘Elke stam of gemeenskap het ’n rol in Afrika te speel . . . dat wit Afrikane nie ’n rol kan vind om te speel nie, kom nie by ’n mens op nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa