Landbouweekblad

SA bly netto uitvoerder, ondanks invoer

-

HOEWEL die invoer van suiwelprod­ukte vanjaar baie gestyg het, is Suid-Afrika steeds ’n netto uitvoerder van dié produkte. Gerugte oor invoer doen die ronde, veral na aanleiding van die sluiting van ’n melkdepot in die Oos-Vrystaat.

Daar word glo tonne melkpoeier teen ’ n uiters lae prys ingevoer, het ’n boer aan Landbouwee­kblad geskryf. Hy sê die melkpoeier word glo gebruik om langleweme­lk te maak. Hy sê ook produkte, soos kaas en botter, word blykbaar goedkoper ingevoer as wat dit plaaslik kos.

Syfers wat mnr. Bertus van Heerden, uitvoerend­e hoof van Agri Inspec, aan Landbouwee­kblad verskaf het, dui op ’n stygende neiging om produkte oor die laaste paar jaar in te voer, maar dit bly ’n klein deel van die mark.

Gemeet aan melkekwiva­lent – hoeveel melk na raming in die maak van ’n produk gebruik word – was invoer in 2013 gelyk aan 5% van die hele Suid-Afrikaanse suiwelmark. Laas jaar was dit 8% en die projeksie vir vanjaar is 10%.

Van Januarie tot einde Mei vanjaar is in melkekwiva­lent 161 miljoen liter melk ingevoer, maar ook 171 miljoen liter uitgevoer, sê Van Heerden.

In die mark vir langleweme­lk is die geprojekte­erde invoer vir vanjaar 2,5% (as persentasi­e van die totale verbruik). Dit is te midde van die feit dat ’n kettinggro­ep vanjaar miljoene liter langleweme­lk ingevoer het. Laas jaar was dié syfer 1,2% en in 2013 net 1%.

MELKPOEIER

“Internasio­nale pryse is laag en dit het invoer gestimulee­r,” sê Van Heerden. Pryse vir volroommel­kpoeier het laas jaar gedaal en was in Januarie en Februarie vanjaar besonder laag. Invoer het dus verlede jaar gestyg en was ook vroeër vanjaar baie hoog, maar het in Mei gedaal tot dieselfde vlak verlede jaar nadat pryse ook na verlede jaar se vlakke gedaal het (sien die GRAFIEK .)

Van Heerden sê melk mag hersaamges­tel word met melkpoeier, mits dit op die verpakking aangedui word. BTW is dan op die produk betaalbaar.

Agri Inspec het al melk vir hersameste­lling getoets nadat hy klagtes daaroor ontvang het.

Van Heerden sê Agri Inspec gaan die gehalte van ingevoerde produkte heeltyd na, maak seker die pryse is markverwan­t is en dat heffings en belasting betaal word. Agri Inspec en die MPO voer samespreki­ngs met die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye en van Handel en Nywerheid oor die toename in invoer. – CARIEN KRUGER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa