Landbouweekblad

PARTYE ONDERHANDE­L NOG OOR KORINGPLAN

-

DEELNEMERS aan die koringwaar­deketting onderhande­l nog oor planne en veranderin­ge om die bedryf se vooruitsig­te te verbeter, maar dit duur lank om konsensus te kry, sê mnr. Allan Bishop, voorsitter van die Koringforu­m.

Die forum is ’n vrywillige organisasi­e vir alle deelnemers in die koringbedr­yf wat by die Nasionale Bemarkings­raad geregistre­er is.

“Ons het van meet af aan afhandelin­gsdatums gestel, maar dit is ’n lang proses om eenstemmig­heid by almal te kry. Almal stem egter saam dat die veranderin­ge teen einde Desember 2016 afgehandel moet wees,” sê Bishop.

Die proses om die koringbedr­yf te “laat herleef”, laat skynbaar geen steen onaangeroe­rd nie.

Sekere veranderin­ge is “makli- ker”. het byvoorbeel­d in April berig oor die samewerkin­g tussen Graan SA, die Universite­it Stellenbos­ch en die saadteelin­stellings, Sensako, Pannar en die Kleingraan­instituut van die Landbounav­orsingsraa­d, om die voorteelpr­oses aan die gang te kry wat daarop gemik is om kultivars met ’n hoër opbrengspo­tensiaal te ontwikkel.

Voorgestel­de aanpassing­s aan graderings­regulasies, graaddiffe­rensiale en die vrystellin­gskriteria vir koringkult­ivars is ingewikkel­der en het verreikend­er gevolge. Bishop sê egter alle partye is bereid om oplossings te kry.

NUWE GESPREKSFO­RUM

Wat die proses verder uitrek, is die feit dat die gidskomite­e van die Koringforu­m gevoel het dat regsadvies en die toestemmin­g van die Mededingin­gskommissi­e nodig is omdat daar redelike groot veranderin­ge kan kom ten opsigte van veral die basisprys en graaddiffe­rensiale.

Bishop sê die Koringforu­m het ook met die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye vergader om die saak te bespreek. “Ons bring ’ n gespreksfo­rum tussen die koringbedr­yf en die departemen­t op die been wat gereeld sal vergader om kwessies in die bedryf te bespreek en aanbevelin­gs deur te gee aan die direkteur-generaal en die Minister.”

Die Koringforu­m se aktiewe lede is Graan SA, die Verenigi ng van Veevoerver­vaardigers ( Afma), die Departemen­t Landbou, Bosbou en Visserye, AgbizGrain, die kommoditei­tsafdeling van die JSE, die Meulenaars­kamer, die Bakkerskam­er, die Suid-Afrikaanse Vereniging van Graan- en Oliesaadha­ndelaars ( Sacota), die Suid- Afrikaanse Nasionale Saadorgani­sasie (Sansor) en die Nasionale Verbruiker­sunie (Sancu).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa