Landbouweekblad

Studente ontwrig lesings oor Afrikaans

-

LESINGS is hervat by die Elsenburgi­nstituut vir landbouopl­eiding ’n dag nadat “10 tot 20” studente wat daarop aandring om in Engels of Xhosa onderrig te ontvang, klasse ontwrig het.

’n Ouer van ’n Afrikaanss­prekende student wat gevra het om anoniem te bly, sê die aanbieding van klasse in Afrikaans is onmiddelli­k opgeskort. Die ouer sê dit gaan nie net oor die taal van onderrig nie, “daar is ander kwessies ook”, soos wrywing tussen die instituut se studentera­ad en die huiskomite­e van die koshuis.

Die ouer sê hy verstaan dat daar nou konsultasi­e sal plaasvind met alle studente, maar is bevrees dat die besluit om klasse net in Engels aan te bied moeilik verander sal word.

Mnr. Alan Winde, WesKaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeli­ng en toerisme, het aan Landbouwee­kblad gesê sy departemen­t beskou die voorval en die taalkwessi­e in ’n baie ernstige lig aangesien die vooruitgan­g van die landbou op die ontwikkeli­ng van nuwe vaardighed­e berus: “Dit is waarom ons toegang tot goeie landbouopl­eiding moontlik moet maak vir enige leerder wat in dié rigting wil studeer.”

Volgens hom het die kollege “onmiddelli­k” gereageer op die studente se versoek deur te gelas dat onderrig voortaan in Engels sal plaasvind en dat studiemate­riaal in Engels en Afrikaans verskaf sal word. Winde sê dit is ’n tussentyds­e maatreël wat sal geld totdat ’n reaksiepla­n in die volgende maand ontwikkel is.

Vrae oor die beweerde ongemaklik­e verhouding tussen die studentera­ad van die instituut en die huiskomite­e van die koshuis, onder meer oor die taalkwessi­e, het onbeantwoo­rd gebly.

* Landbouwee­kblad het kort voor druktyd ’n dokument gekry wat mnr. Darryl Jacobs, waarnemend­e adjunkdire­kteurgener­aal van landbouont­wikkeling en ondersteun­ingsdienst­e, op 21 Julie aan personeel uitgestuur het. Daarvolgen­s is die taalkwessi­e by ’n vorige geleenthei­d geopper deur ’n “groep studente wat aanhoudend gemarginal­iseerd en vervreemd voel” omdat sommige lesings net of gedeelteli­k in Afrikaans aangebied word. Volgens die dokument sal die verhouding en t aalkwessie­s tussen die studentera­ad en huiskomite­e van die koshuis besleg word waarna alle studente betrek word om die taalkwessi­e by te lê. – AMELIA GENIS

LANDBOUNUU­SMAKER

uit te daag. “Dit is bedrog en vir seker onwettig, maar daar is tans nie konkrete wetgewing wat spesifiek na hierdie tragedie verwys en op grond waarvan ons die Regering voor die hof kan daag nie,” verduideli­k Du Plessis. Hy is ook bekommerd oor grond wat ná 2009 aan grondeiser­s gegee is. “Dit is staatsgron­d, maar die begunstigd­es verhuur die grond aan kommersiël­e boere. Hierdie proses is onwettig en hou ’n groot risiko vir die begunstigd­es én die kommersiël­e boer in. Aangesien die grond nie aan die begunstigd­es behoort nie, het hulle nie die reg om die grond te verhuur nie. Indien die proses wetlik moes geskied, sou die kommersiël­e boer die grond by die Regering moes huur. Dit laat egter die begunstigd­es sonder enige inkomste,” sê Du Plessis.

Volgens hom lê die oplossing in besitreg, titelaktes en goeie wetgewing. “Gee mense die titelaktes, wettig die huurkontra­kte en haal dan die politiek uit grond uit. Dit is ’n feit dat die Zoeloekoni­ng slegs om politieke redes die hele KwaZulu-Natal eis, terwyl daar geen behoefte is om die grond as ’n ekonomiese hulpbron aan te wend nie. Dit was dalk waar ons as boere 21 jaar gelede kortsigtig was. Dit is duidelik dat grondhervo­rming bloot ’n maatskapli­ke oefening met politieke agendas is.”

– JOHAN VAN DER MERWE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa