‘ANC PRAAT UIT VELE MONDE’
DIE
ANC is nie ’n organisasie met ’n enkele gestalte en beleid nie. Daarom is dit so moeilik vir bedrywe, soos die landbou, om ’n vertrouensverhouding met die Regering op te bou.
“Dis ’n klomp individue. Dit gaan nie van buite af reggestel word nie en dis nie die boere, of wie ook al, se fout nie,” het dr. Johan van Zyl, wat pas die leisels as uitvoerende hoof van Sanlam neergelê het, in ’ n onderhoud met Landbouweekblad gesê. Die volledige onderhoud verskyn binnekort.
“Binne die ANC is daar drie groeperings en die verskille tussen daardie groepe is baie groter as tussen die hoofstroomANC en die opposisie,” meen hy.
Wanneer die ANC sy beleid moet verklaar, kom die gema tigdes na vore. Dan is dit eintlik ’n goeie, sakevriendelike beleid, sê hy. Maar tussen verkiesings is die s t e mme van die t wee ander vennote (“die arbeid”) dikwels luider en meer prominent in die media.
“Hulle is baie konfronterend, en hoe meer jy van hulle hoor, hoe groter is die gevoel dat die mense antibesigheid is. Ek dink nie die ANC is in wese antibesigheid nie, maar baie van die individue sit in plekke waar hulle nie konsulteer nie en dan kom hulle vorendag met gekkighede, soos plaasgrootte.”
Hy het boere aangeraai om hulle nie te veel te steur aan uitsprake wat onsekerheid in die bedryf skep nie: “Die politieke onvriendelikheid is dalk daar, maar baie daarvan is net
DOEN DIT SELF
Volgens hom moet die landbou die Regering systap met private inisiatiewe.
“Dit verg egter mense wat nie na ’n regering se oop hand sit en kyk nie, maar mense wat bereid is om dinge self te doen.”
Boere moet dus in onseker tye geleenthede soek. “Hoe moeiliker dit is, hoe groter is die geleenthede om geld te maak, maar dan moet jy bereid wees om verby die bietjie swaarkry te kyk.”
Van Zyl is ook ’ n wildenskaapboer wat ’n plaas, Wolwehoek, naby BeaufortWes besit.