Landbouweekblad

AGOA STU UITVOER, BEMAGTIGIN­G

-

DIE

Wes-Kaapse sitrusbedr­yf is verheug oor die hernuwing van die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa) vir nóg tien jaar, want dit is deurslagge­wend tot die winsgewend­heid en groei van uitvoerpro­gramme en transforma­sieplanne.

Die omset van Suid-Afrika se sitrusuitv­oer na Amerika het die afgelope 15 jaar van sowat R10,2 miljoen tot R720 miljoen gegroei.

Dit is danksy die goeie samewerkin­g tussen boere, die allerbeste vrugte en die voordeel wat Suid-Afrika onder Agoa geniet. Die Agoa-wet skaf heffings af op die Amerikaans­e verkooppry­s van produkte uit Afrika.

Mnr. Gerrit van der Merwe, voorsitter van die Wes-Kaapse Sitrusprod­usenteforu­m (WKSPF), sê die heffings sou 15% tot 30% van hul verdienste opneem en dit onekonomie­s maak om vrugte na Amerika uit te voer.

Die Wes-Kaap, wat vry is van swartvlek, lewer die grootste deel van die sitrus wat na Amerika uitgevoer word. Die eerste uitvoer na hierdie kieskeurig­e mark was in 1999. Sedertdien het die bedryf altesame R8,8 miljard in Amerika verdien. Ongeveer 60% (R5,4 miljard) daarvan het na die Wes-Kaapse ekonomie en plase teruggekom.

Van der Merwe verwag sitrus-uitvoer na Amerika sal oor die volgende dekade met 10% tot 15% per jaar groei.

Die Midde-Weste van die land is aantreklik vir sitrusboer­e, want danksy die oliebedryf is dit ’n ryk afsetgebie­d.

PROJEKTE BRING HOOP

Sedert die bedryf na Amerika uitvoer, is verskeie suksesvoll­e transforma­sieprojekt­e op die been gebring. Dit staan bekend as die Harvest of Hope-projekte en is gesetel in die sitrus-, rooibostee-, wyn-, tafeldruif- en sagtevrugt­ebedryf. Die doelwit is om behoeftige plaaswerke­rs op te hef en te bemagtig.

Me. Suhanra Conradie, senior bestuurder van die WKSPF, sê Agoa lewer ’n belangrike bydrae tot hierdie ontwikkeli­ngs- en transforma­sieprogram­me. “Ons het reeds gesien dat 1 210 werkers ekonomies bemagtig word, terwyl nóg 500 uit maatskapli­ke ontwikkeli­ngsprogram­me voordeel trek. Dit bereik altesame 4 500 mense.”

Volgens haar word 4 000 permanente en 12 000 tydelike werknemers deur die Amerikaans­e uitvoerpro­gram bevoordeel. Danksy die program is ’n bykomende 3 000 werkgeleen­thede in die regstreeks­e en onregstree­kse diensketti­ng geskep. Die voordele van die verkope van Suid-Afrikaanse sitrus ondersteun ’n hele platteland­se omgewing, dorpe, infrastruk­tuur en die gemeenskap van diensversk­affers. – LUCILLE BOTHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa