Landbouweekblad

Grieke voer méér uit SA in

- – NICO VAN BURICK

ONDANKS Griekeland se skuldkrisi­s bly die vraag na uitvoerpro­dukte van die Suid-Afrikaanse landbou, bosbou en visserye sterk in Griekeland. Dit het boonop die afgelope paar jaar eerder toegeneem as gedaal.

Me. Thabi Nkosi, senior ekonoom by Agri SA, het ’ n studie gedoen oor die invloed van Griekeland se probleme op uitvoer uit Suid-Afrika. Dit is in die lig van die feit dat Europa Suid-Afrika se grootste handelsven­noot is. Sy het bevind dat die invloed betreklik klein is omdat die totale uitvoer uit Suid-Afrika verlede jaar slegs R504 miljoen beloop het.

Griekeland is in die 85ste plek as handelsven­noot vir Suid- Afrika. Sedert 2013 het Suid-Afrika ’n negatiewe handelsbal­ans weens die invoer van vervaardig­de goedere uit Griekeland. Vervaardig­de goedere (waarvan verwerkte voedsel en drank sowat 6% vorm) het vanjaar tot dusver 64% van die land se uitvoer behels, gevolg deur produkte van die landbou, bosbou en visserye (25%) en mynbouprod­ukte (11%).

Nkosi sê van Januarie verlede jaar tot Mei vanjaar is vrugte en neute ter waarde van R63,2 miljoen na Griekeland uitgevoer, terwyl die waarde van vis en ander seekos in dié tydperk R109 miljoen beloop het. “Ondanks die skuldkrisi­s het die vraag na Suid- Afrikaanse produkte in die landbou, bosbou en visserye sterk gebly. Griekeland is ’n netto invoerder van vis en verskeie soorte neute en ek meen nie Suid-Afrika se uitvoerder­s hoef bekommerd te wees nie.”

Sy sê die volhoubaar­heid op medium- en lang termyn sal afhang van of Griekeland sy skuldprobl­eme te bowe kan kom, asook die groei in die inkomste van verbruiker­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa