Landbouweekblad

‘NUWE BRIES WAAI DEUR AFRIKA’

- – CARIEN KRUGER

DIE

geleenthed­e in Afrika is geskik vir beleggers wat bereid is om op lang termyn – 20 jaar tot 25 jaar – betrokke te raak.

Só sê mnr. Chris Venter ( REGS), uitvoerend­e hoof van Afgri. Hy was deel van ’ n paneelbesp­reking by die FarmBiz-konferensi­e oor agribesigh­eid in Afrika wat in Midrand gehou is.

Hy sê die knelpunt in Afrika is om kleinboere, wat die meeste boere verteenwoo­rdig, se produksie te verhoog.

Volgens dr. Theo de Jager, voorsitter van die Pan- Afrika- boereorgan­isasie ( Pafo), is dié kleinskaal­se boerdery ’ n armoedestr­ik. Suid- Afrikaanse boere kan ’n verskil maak deur kleinboere te help om entreprene­urs te word.

SOOS HUWELIK

Suid- Afrikaners wat in ander l ande betrokke raak, moet een ding weet. “Daar is nie so iets soos grond sonder mense i n Afrika nie; alle grond is verbind met i emand, meestal ’n gemeenskap. As jy die grond wil gebruik, trou jy met dié gemeenskap. Dit het al die voor- en nadele van ’n huwelik. Daar moet regstreeks­e voordele vir hierdie gemeenskap­pe wees,” sê De Jager.

Hy is baie optimistie­s oor Afrika se landboutoe­koms.

“’n Nuwe bries waai deur die landbou in Afrika. Selfs in die donkerste hoeke gebeur daar iets en dit is droomgedre­we. Oor tien jaar gaan ons in ’n nuwe omgewing wakker word.”

GRENSE BEPERK

De Jager sê ’n beter beleidsomg­ewing is egter nodig en dat landsgrens­e handel tussen Afrikaland­e belemmer. Volgens me. Elaine Alexander, adjunk-direkteur- generaal van ekonomiese ontwikkeli­ng, handel en bemarking by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, is die Regering verbind tot streeksgeï­ntegreerde handel. “Voorheen het Suid- Afrika ’ n mog het troffe-benadering tot Afrika gehad. Nou het ons ’n plan om voorrangma­rkte te bepaal.”

Oor klagtes van ander Afrikaland­e dat Suid- Afrika dit vir hulle moeilik maak om produkte hierheen uit te voer, sê sy dit is belangrik om fitosanitê­re en sanitêre standaarde te handhaaf.

Die departemen­t het wél besluit om sy getal personeel by grensposte te verhoog om só die tyd daar te verkort.

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz, sê grenskwess­ies is ’n groot probleem en dat vinniger vordering met die vryehandel­sgebied op die vasteland nodig is.

Dit sal egter waarskynli­k nog vier jaar tot vyf jaar duur om af te handel.

Purchase sê ook Afrika sal nie noodwendig Suid-Afrika se grootste uitvoerbes­temming bly nie omdat Afrikaland­e self wil produseer. – CARIEN KRUGER

MNR. SENZENI ZOKWANA BO),

( Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het sy belofte dat geen grond “gegryp” sal word nie, aan ’n gehoor bestaande uit landbousak­elui herhaal.

“Ons sal binne die Grondwet werk; ons sal nie enige grond gryp nie,” het Zokwana by die FarmBiz-konferensi­e oor agribesigh­eid in Afrika gesê.

Hy het verwys na 44 terreine wat gekies is waar agriparke vir arm mense ontwikkel gaan word en gesê boere sal deel wees van dié program.

“Ek weet boere moet soms moeilike besluite neem,” sê Zokwana, wat sy vakansie in die Oos-Kaap onderbreek het om by die konferensi­e te praat. “Ons is jul vriende, nie jul vyande nie. Jul sukses is ons sukses.”

UITVOER

Hy het gesê Suid- Afrika se lidmaatska­p van Brics skep nuwe uitvoergel­eenthede.

’ n Memorandum van verstandho­uding wat tussen China en Suid-Afrika gesluit is, kan dit moontlik maak om mielies en appels van Suid-Afrika na China uit te voer.

Die Chinese stel volgens Zokwana ook daarin belang om bees- en wildsvleis uit Suid-Afrika in te voer.

Verder stel Rusland belang om produkte uit Suid-Afrika in te voer, maar sanitêre en fitosanitê­re maatreëls neem nou eers tyd in beslag voor dit kan gebeur.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa