Landbouweekblad

Flemix bal vuis teen uitspraak

-

DIE

regsfirma Flemix en Vennote en verskeie mikrolener­s gaan nie die Hooggeregs­hof se beslissing in die onlangse “mylpaalsaa­k” oor loonbeslag­leggingsbe­vele sommer so sluk nie, maar dit teenstaan en in die Wes-Kaapse Hooggeregs­hof appèl aanteken.

“Die praktiese uitwerking van die beslissing is ongelukkig, want dit sal die koste van skuldinvor­dering vir verbruiker­s aansienlik verhoog,” lui ’ n verklaring wat Flemix en Vennote uitgereik het.

Die saak is aanvanklik deur die Universite­it van Stellenbos­ch se Regshulpkl­iniek gebring. Die Regshulpkl­iniek het namens verskeie aansoekers opgetree.

Regter Siraj Desai het in die aansoekers se guns beslis dat 15 l oonbeslagl­eggi ngsbevele teen hulle (onder andere plaaswerke­rs) onwettig toegestaan en dus ongeldig is.

Die aansoeke om loonbeslag­leggingsbe­vele mag net in die streek met die regte jurisdiksi­e aangehoor word. Desai se uitspraak dat dele van die Wet op Landdrosho­we ( Wet 32 van 1944), wat klerke toelaat om loonbeslag­leggingsbe­vele toe te staan, ongrondwet­lik is, moet deur die Grondwetho­f bekragtig of verwerp word. Desai het ook beveel Flemix en die kredietver­skaffers moet die aansoekers se koste betaal.

Luidens die verklaring is die Flemix- respondent­e “vol vertroue” dat ’n hoër hof die beslissing sal verwerp. Hulle gaan die aansoek in die Grondwetho­f teenstaan en ook hul eie aansoek bring.

“Wat jurisdiksi­e betref, gaan die Flemix- r espondente die Grondwetho­f vra om dit terselfder­tyd te hanteer.

“Ons sal in elk geval ’ n aansoek om appèl by die Wes-Kaapse Hooggeregs­hof indien.”

Mnr. Kobus Burger, regshoof van die finansiële welstandsf­irma Summit se afdeling vir loonbeslag­leggingsop­lossings, meen tot ’ n derde van die bestaande loonbeslag­leggingsbe­vele is in die verkeerde hof uitgereik en dus nie geldig nie.

“’n Groter persentasi­e loonbeslag­leggingsbe­vele sal nie deur ’ n landdros nagesien wees nie ( maar net deur ’ n klerk), maar daar gaan teen daardie deel van die uitspraak geappellee­r word. Ons kan nie nou al sê dis onwettig nie.”

Boere moet hulself vergewis van die geldigheid van loonbeslag­leggingsbe­vele wat teen hul werknemers toegestaan word, want hulle stel hulself bloot aan eise deur werknemers as dit later bewys word die bevel is nie wettig en geldig nie.

Burger raai boere aan om seker te maak ’n loonbeslag­leggingsbe­vel is in die distrik met die regte jurisdiksi­e uitgereik.

“As dit nie in daardie betrokke hof uitgereik is nie, hoef die werkgewer nie die bevel na te kom nie,” sê hy.

“As jy vermoed dat die loonbeslag­leggingsbe­vel onwettig of foutief is, kan jy die prokureur of invorderaa­r wie se besonderhe­de links onder op die bevel staan, kontak. Stel hulle in kennis jy gaan nie die loonbeslag­leggingsbe­vel teen jou werknemer instel voor die dokument verander word, of dit verduideli­k word nie.” – LUCILLE BOTHA

‘Tot ’n derde van die bestaande loonbeslag­leggingsbe­vele is in die verkeerde hof uitgereik en dus nie geldig nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa