Landbouweekblad

KLEURVARIA­NTE HELP BETAAL VIR BEWARING

-

DIE

bontebok is maar een voorbeeld van hoe Suid- Afrika se wildbedryf bydra tot die beskerming van die land se biodiversi­teit, sê dr. Peter Oberem, die voorsitter van Wildbedryf SA. Hy wys daarop dat daar in 1978 slegs 700 bontebokke in die Bontebok Nasionale Park was.

Bokke is oor die jare uit die park aan private telers en reservate verskaf.

Vandag spog Suid-Afrika met meer as 8 000 bontebokke, waarvan net 1 100 in staatsrese­rvate voorkom. Die res is in private besit. “Staatsgron­d en - geld vir die bewaring van ’n enkele diersoort in Suid-Afrika is beperk,” sê Oberem. “In die geval van die bontebok is die rol wat private wildtelers in die bewaring van biodiversi­teit speel, duidelik te sien.”

Uit j agkringe is onlangs beweer dat veral buitelands­e jagters nie meer in Suid-Afrika wil jag nie omdat “mutasies” glo in “klein kampies” geteel en aangehou word.

Me. Adri Kitshoff, uitvoerend­e hoof van die Beroepsjag­tersvereni­gi ng van Suid- Afri ka ( Phasa), glo egter nie dat die boerderypr­aktyke van die wildbedryf ’n daadwerkli­ke impak op die getal jagbesoeke­rs uit die bui- teland het nie: “Dit het nie een keer ter sprake gekom by enige van die buitelands­e skoue waar Phasa vanjaar uitgestal het nie.”

Sy sê kritiek oor beweerde klein kampe is niks nuuts nie en dit kom veral uit Europa. “Europese jagters droom van ’n Afrika waar die wild die hele vasteland vol vry rondloop. Ons kan dit nie bied nie.”

JAGTOESTAN­DE BETER AS TOEKA

Oberem wys egter daarop dat jagtoestan­de op wildplase ál beter word. Hy sê jare gelede was daar ’n beperkte getal diersoorte wat op beesplase gejag kon word. Net ’n handjie vol gelukkige jagters het boonop toegang gehad tot jagkwotas in natuurrese­rvate waar hulle ander diersoorte kon jag. “Deesdae is daar groot jagplase waar jagters ’n verskeiden­heid soorte kan jag, sonder dat hulle kort-kort deur beeskampe se drade hoef te kruip,” sê hy en verwys na sy eie plaas naby Vaalwater as voorbeeld.

Dit was eens vier klein stukkies grond wat in kampies verdeel was vir beeste en om vee uit mielieland­e te hou. Nou is dit byna 1 000 ha waarop gejag kan word nadat al die binne-heinings verwyder is.

Hy sê mense maak emosionele stellings oor klein kampies sonder om aan die publiek te sê presies hoe groot hierdie kampies is. Die norm vir kleurvaria­nte en skaars wildteeltr­oppe is kampe van 25 ha per trop.

“Ek meen mense besef nie hoe groot 25 ha is nie. Mense moet onthou dat hierdie wild nie in sulke kampe gejag word nie – hulle is teeldiere wat gebruik word om teelmateri­aal en voorraad te teel wat uiteindeli­k in die jagveld sal beland.”

Hierdie t eelpraktyk­e met skaars wild en kleurvaria­nte van hoë waarde maak dit ook moontlik om na ander diersoorte om te sien wat deesdae teen verliese deur wildboere aangehou word.

Oberem s ê di t kos hom R80 000 per maand om sy renosters teen stropers te beveilig terwyl hy niks uit hulle kan verdien solank daar ’n verbod op die handel in renosterho­ring is nie. “Verkope van my goue wildebeest­e betaal vir daardie renosters se veiligheid.”

GOEDKOOP VLEIS

Oberem sê ’n boer sal sy rieme dun moet sny om net uit die biltongjag op ’n plaas soos syne te oorleef. Dit sal die bewaring en vermeerder­ing van diersoorte, soos buffels, renosters en swartwitpe­nse, onmoontlik maak.

Hy sê ten spyte van die aanvanklik­e vrees dat jag vir plaaslike biltongjag­ters onbekostig­baar gaan raak, is wild steeds betrekl i k goedkoop teenoor ander vleissoort­e. Blouwildeb­eesbulle wat R3 000 kos om te jag, slag gemiddeld meer as 100 kg uit en kos die jagter net R30/kg vleis. Selfs met reis en verblyfkos­te is dit goedkoop. Selfs teen R5 000 kos die vleis slegs R50/kg en vergelyk baie gunstig met die prys van ander vleissoort­e.

Oor die redenasie dat daar nie ’n vraag na kleurvaria­nte is nie, sê hy die vraag is dalk nog baie klein, maar daar is beslis versamelaa­rs wat trofeë van kleurvaria­nte bymekaarma­ak.

Hy meen namate die getalle van kleurvaria­nte toeneem en hulle meer bekostigba­ar raak vir die jagmark, sal hulle ál meer gejag word.

Mnr. Lood Bester van die Wildswinke­l, wat wild r egstreeks by boere koop, sê hy het onlangs kopers gesoek vir twee goue wildebeesb­ulle wat nie as teelmateri­aal verkoop kan word nie. “Ek het daardie selfde dag al kopers gehad wat bereid was om R75 000 stuk vir hulle te betaal om hulle weer teen ’n wins te laat jag.”

Oberem sê dit i s die hoë waarde van sekere diersoorte en kleurvaria­nte wat suksesverh­ale soos dié van die bontebok moontlik maak.

Die wildbedryf het onlangs onder fel kritiek uit jagkringe deurgeloop toe beweer is dat teelprakty­ke en die teel van kleurvaria­nte Suid-Afrika se beeld as jagbestemm­ing skaad. JASPER RAATS het met verteenwoo­rdigers in die bedryf gepraat. Hy glo namate die getalle van kleurvaria­nte toeneem en hulle meer bekostigba­ar raak vir die jagmark, sal hulle ál meer gejag word.

MET ’n omset van byna R48 miljoen lyk dit of Golden Breeders se wildveilin­g by Modimolle wys dat die wildbedryf nog lank nie stoom verloor nie.

Terwyl skaars diersoorte, soos swartwitpe­nse, bastergems­bokke en njalas, goeie pryse behaal het, is dit blykbaar die vernuwende manier waarop kleurvaria­nte met gesplete gene in pakkette aangebied is, wat kopers laat bie.

Dragtige blouwildeb­eeskoeie en -verse met gesplete gene is in pakkette van drie en vyf diere aangebied. Die verkopers waarborg dat minstens een of twee van die kalwers goudkleuri­g sal wees. As dit nie die geval is nie, onderneem hulle om die koper van goue kalwers te voorsien na gelang van die pakket en die waarborg.

Drie verse met gesplete gene wat dragtig is by ’n goue bul het elk R225 000 gehaal en vyf dragtige verse met gesplete gene is as pakket teen R545 000 elk verkoop.

Goue blouwildeb­eesbulle is teen gemiddelde R1,5 miljoen verkoop. Die hoogste prys vir ’n bul was R2,85 miljoen. Twee jong goue blouwildeb­eesbulle is vir onderskeid­elik R1,15 miljoen en R1,3 miljoen verkoop.

Swart rooibokke en swart rooibokke met gesplete gene het net so fluks verkoop, terwyl familie- groepies van twee klipspring­ers en twee grysduiker­s onderskeid­elik R130 000 en R40 000 gehaal het.

Mnr. Niel Swart van Vleissentr­aal Bosveld skryf die veiling se sukses toe aan goeie bemarking en die reputasie vir gehaltedie­re en goeie naverkoopd­iens wat die verkopers, mnre. Bernard Groenewald en Barry York, opgebou het. Hy sê die gratis aflewering en waarborge wat die verkopers lewer, speel ook ’n groot rol in mense se bereidwill­igheid om meer vir hul diere te betaal.

Swart sê die Golden Breeders- veiling lok ook baie voornemend­e kopers omdat mense weet die wild word verkoop. “Mense wil nie na ’n veiling toe gaan en bie op ’n dier net om te hoor die bod was te laag nie. Die volgende jaar gaan mense eenvoudig net nie weer na daardie veiling toe nie,” sê hy.

foniese peiling by 1 344 beesboere in sewe provinsies uit te voer.

Vir die doel van die verslag (verhandeli­ng) is slegs Noordwes ontleed en die primêre inligting vir die ander ses provinsies word as aanhangsel­s aangebied.

Drie hoofdoelwi­tte is nagestreef, naamlik om die regstreeks­e en onregstree­kse koste wat aan roofdiere toegeskryf word, te bepaal, om die impak van roofdiere op die grootveebe­dryf in Noordwes te bepaal, om die onderligge­nde strukture van die voorkoming­spraktyke van boere in Noordwes te ondersoek, om die bestaande optredes van boere teen roofdiere te verbeter en om voorkoming­spraktyke te identifise­er.

Die studie is in die vier distriksmu­nisipalite­ite van Noordwes uitgevoer, naamlik Bojanala Platinum, Bophirima, Ngaka Modiri Molema en Southern. Altesame 238 respondent­e boer kommersiee­l met 122 780 beeste (of 10% van die totale aantal beeste in Noordwes).

Die vraelys het vrae bevat oor maatskapli­k- ekonomiese faktore, bestuursfa­ktore en die metodes wat gebruik word om hul vee te beskerm.

Die meeste van die verliese in die vier distriksmu­nisipalite­ite is veroorsaak deur die rooijakkal­s, gevolg deur die rooikat. Die persentasi­e verliese veroorsaak deur die rooikat is aansienlik minder as dié van rooijakkal­se.

Die rede vir die laer syfer is nie duidelik nie, maar daar is bespiegel dat dit aan ’n kleiner bevolking van rooikatte toegeskryf kan word en ook die feit dat rooikatte alleenlope­nde roofdiere is en nie in groepe jag nie.

Die regstreeks­e koste van verliese aan beeste weens roofdiere in Noordwes is geraam op meer as R67,7 miljoen nadat verliese op provinsial­e grondslag geëkstrapo­leer is. Die onregstree­kse koste van roofdiere in Noordwes is verdeel in R7 455 333 (diere wat weens roofdiere gevrek het) en R9 087 653 (diere wat aangeval is, maar nie gevrek het nie). Die totale koste van roofdiere in Noordwes word op R84 319 786 geraam.

MEER AS DERDE GEBRUIK DODELIKE METODES

Die studie het getoon dat 37% van die boere in Noordwes bestryding­smiddels gebruik wat die roofdiere laat vrek. Slegs 14% gebruik minder dodelike maniere. Boere van Noordwes gebruik tans ses soorte dodelike bestryding­smiddels. Dit sluit in die skiet van roofdiere in die nag met kolligte (15%), gebruik van spesiale jagters (6%), slagysters (1%), vanghokke (8%), jag met honde (2%) en gif (5%). Die nie-dodelike metodes is veewagters (8%), geëlektrif­iseerde heinings (1%), jakkalswer­ende heinings (minder as 1%), krale (4%) en waghonde (1%).

Die lys beskikbare metodes vir beesboere in die gereedskap­kis om roofdiere te bestuur, is minder as vir skaap- en bokboere. Die meeste toepaslike metodes vir beesboere is om roofdiere te bestry of die impak te versag (nie-dodelik en dodelik).

Nietemin is geen van die metodes wat individuee­l of gesamentli­k gebruik word, ’n wonderoplo­ssing vir roofdiere op die provinsial­e vlak nie.

Op die distriksvl­ak was wel aanduiding­s dat sommige metodes doeltreffe­nder was om die impak van roofdiere te verminder.

Die inligting dui daarop dat al die toepaslike metodes en toerusting teen roofdiere op die plaaslike vlak vir bestuur en strategie beskikbaar moet wees.

Die data is gebruik om die onderligge­nde strukture te ondersoek en om die beste bestuurspr­aktyke te identifise­er.

Die gevolgtrek­king is dat die faktore wat die voorkoms van roofdiere beïnvloed, verskil van die faktore wat die vlak van verliese beïnvloed.

Die studie bied nie ’ n finale antwoord nie, maar help om die roofdierpr­obleem beter te verstaan met die oog daarop om toepaslike bestuursop­lossings te ontwikkel.

Die totale koste aan beesverlie­se weens roofdiere in verskillen­de provinsies in Suid-Afrika was soos volg: R19 943 079 in die Noord-Kaap, R117 600 433 in die Vrystaat, R4 827 237 in die OosKaap, R66 027 879 in KwaZulu-Natal, R43 938 376 in Mpumalanga, R46 486 017 in Limpopo, R84 319 786 in Noordwes. Die totaal is amper R400 miljoen.

Die respondent­e in ses van die sewe provinsies het die meeste van die beesverlie­se aan rooijakkal­se toegeskryf.

Die uitsonderi­ng was Limpopo waar die luiperd die skuld gegee is vir die meeste verliese onder beeste. In sommige provinsies was die naasmeeste verliese weens rooikatte, strandwolw­e, luiperds, honde of jagluiperd­s.

STUDIE OOR WILD VOLG

Daar kan ’n mate van onduidelik­heid wees by boere om die spesifieke roofdier wat skade aanrig, reg te identifise­er. Soms kan sekondêre aas op karkasse verkeerdel­ik aan roofdiere toegeskryf word. Dit is duidelik dat die vermoë van boere om spesifieke roofdiere te identifise­er wat prooi vang en vreet, verbeter moet word.

Die wydverspre­ide, ongunstige impak van verliese aan skape, bokke en beeste weens roofdiere kan nie langer geïgnoreer word nie.

’n Ander studie wat ook deur die RMRDSA gefinansie­r word, gaan eersdaags deur die Universite­it van die Vrystaat aangepak word om die impak van roofdiere op die wildbedryf te bepaal.

Die huidige benadering tot die bestryding van roofdiere is gefragment­eerd en ongekoördi­neerd.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa