Landbouweekblad

VLEISBEESS­KOOL SKEP GELEENTHED­E VIR BEESBOERE

- – CHARL VAN ROOYEN

’ N BYEENKOMS, soos die Aldam-vleisbeess­kool, is ’n sleutelgel­eentheid vir boere om nuwe inligting te bekom en te leer hoe om nuwe tegnologie te gebruik om die probleme van die toekoms te bowe te kom. Só sê prof. Bob Weaber, assosiaat-professor van die departemen­t diereweten­skappe aan die Universite­it van Kansas in Amerika.

Hy is een van die internasio­nale sprekers op vanjaar se Vleisbeess­kool wat van 14- 16 Oktober deur Landbouwee­kblad, Breedplan en die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie ( LRF) by die Aldam- vakansie- oord naby Winburg aangebied word.

Weaber sê dit verg volgehoue verbeterin­g en die verkryging van kennis om ’n winsgewend­e, volhoubare landboubes­igheid op te bou. Die Vleisbeess­kool bied ’ n forum waar die boer nuwe konsepte kan evalueer om dit in sy sakemodel in te sluit.

Boere sal huis toe gaan met ’n beter begrip van die lewendehaw­ebedryf, asook verskeie strategieë wat hulle kan toepas.

ONDERWERPE

Die program bied ’n wye verskeiden­heid onderwerpe aan onder die hooftema van vleis en reproduksi­e. Dit sal waarde bied vir almal – van die beginnerbo­er tot die ervare beesboer.

Dit bring boere met groot ervaring en kundige akademici bymekaar om kommunikas­ienetwerke op te bou.

Dit kos R7 200 om die byeenkoms by te woon, wat drie nagte se verblyf, alle etes, lesings en ’n uitstappie na Sparta se vleisverwe­rkingsaanl­eg op Kroonstad insluit.

Daar is net plek vir 150 mense. Die inskryfvor­ms is op www. stockmansc­hool.co.za en www. landbou.com, of bel Charmaine

051 821 1783, of palberts@telkomsa.net.

Alberts, tel. e-pos:

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa