Landbouweekblad

VERLIESE GROOT BY GROOT- ÉN KLEINVEE

-

KLEINVEEBO­ERE verloor na raming jaarliks R1,4 miljard weens roofdiere. ’n Nuwe navorsings­projek bewys egter dat verliese onder grootvee weens roofdiere ook tot groot finansiële verliese lei.

Daarin is bevind dat die omvang en impak van roofdiere in Suid-Afrika ’n doelgerigt­e en gekoördine­erde bestuurs- en navorsings­program vereis om die verliese weens roofdiere te verminder.

Die projek, wat deur die nasionale organisasi­e vir rooivleisn­avorsing en -ontwikkeli­ng (RMRDSA) gefinansie­r is, is deur mnr. Coenraad Badenhorst van die Universite­it van die Vrystaat as studieverh­andeling onderneem. Hy het die ekonomiese koste van grootveeve­rliese weens roofdiere in Noordwes ondersoek.

Wanneer daar van probleemdi­ere gepraat word, is die rooijakkal­s en die rooikat die vernaamste sondaars. Die rooijakkal­s ( Canis mesomelas) en rooikat ( Caracal caracal) is belangrike middelslag-probleemdi­ere wat deel is van die Suid-Afrikaanse wildlewe, maar hulle het ’n ongunstige impak op die veebedryf in Suid-Afrika – veral op kleinvee, soos skape en bokke. Dié twee roofdiere, asook die strandwolf ( Parahyaena brunnea), die jagluiperd ( Acinonyx jubatus), honde ( Canis familiaris) en die luiperd ( Panthera pardus) is verantwoor­delik vir verliese van klein- en grootvee in verskeie provinsies.

Die studie het spesifiek oor verliese van beeste weens roofdiere in Suid-Afrika gehandel. ’n Studiegroe­p van 1 500 beesboere is tussen provinsies verdeel in verhouding tot die provinsial­e beesgetall­e as persentasi­e van die nasionale beeskudde.

Die Wes-Kaap en Gauteng het nie aan die studie deelgeneem nie.

’n Vraelys is gebruik om ’n tele-

HIERDIE BLAD IS DEUR DIE ROOIVLEISP­RODUSENTE-ORGANISASI­E GEBORG.

BERIGTE IS DEUR DIE RPO GESKRYF EN VERSKAF. RIG NAVRAE AAN DIE RPO BY E-POS: rpo@lantic.net. WEBWERF: www.rpo.co.za.

HOOFFOTO: BKB se vroeëre betaalstel­sel-probleem is opgelos met die eWallet Pro van FNB. Dit gee die duisende kommunale boere en skeerders op sy boeke via ’n kaart of ’n selfoon onmiddelli­ke toegang tot geld. FOTO: HEATHER DUGMORE

Mnr. Isak Staats

LINKS: Mnr. Eddie Prinsloo van Heuningkra­ns-Merino’s by Smithfield met een van sy Dormer-ramme wat vir sy Augustus-veiling voorberei word. Die ram is met die nuwe kam geskeer wat BKB onlangs uit China ingevoer het. BO: Die twee kamme van naderby beskou. Die tande van die nuwe kam (links) is nouer en raak nie in die slypproses so skerp soos die een regs nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa