Landbouweekblad

EWALLET MAAK BETAAL MAKLIK

- NAVRAE: Mnr. Gert Breet, tel. 011 649 0943 of 071 e-pos: gbreet@fnb.co.za.

BKB en FNB het koppe bymekaarge­sit en ’n doeltreffe­nde elektronie­se oplossing vir ’ n netelige betaalprob­leem gevind.

Mnr. Isak Staats, hoofbestuu­rder vir wol en bokhaar by BKB, verduideli­k dat hul kliënte baie van die meer as 22 000 kommunale wolboere in die Oos-Kaap en 33 000 kommunale wol- en sybokhaarb­oere in Lesotho insluit. Hulle het ook 1 500 skeerders op hul boeke, van wie 70% uit Lesotho en 30% uit Suid-Afrika kom.

Die betaalstel­sel was ’n groot probleem. “Jaarliks het ons 155 000 tjeks aan kommunale wol- en sybokhaarb­oere uitgemaak. Hulle kry twee of drie betalings per jaar, wat insluit tjeks vir hul wol, sybokhaar en dividende omdat hulle 14% aandeelhou­ding in BKB het.

“Dit was ’n geweldig duur, omslagtige en problemati­ese proses. Ons moes sukkel met onaktiewe of nie-bestaande bankrekeni­ngs en die probleme van oorgrensbe­talings met tjeks probeer oplos. Kontantbet­alings vir die wol, sybokhaar of skeerdiens­te was ook nie die antwoord nie, want dit het jou en jou kliënte die teiken van misdadiger­s gemaak. Ons wolboere het byvoorbeel­d die skeerders kontant betaal, wat beteken het hulle moes die kontant trek en na hul plaas neem.”

BKB is een van FNB se grootste landboukli­ënte, en twee jaar gelede het die bank saam met Isak besin oor ’n oplossing. Die eWallet Pro was die ideale oplossing.

BKB gebruik dit sedert begin verlede jaar om die kommunale boere en skeerders te betaal. Dit is nie net kostedoelt­reffend, veilig en

maklik om te gebruik nie, maar verseker ook minimale bankkoste vir die kaarthouer­s.

Die boere hoef nou nie meer kontant plaas toe te neem om skeerders te betaal nie. BKB betaal die skeerders namens die boere via eWallet Pro en trek eenvoudig daardie bedrag van die betaling vir die skeerders se wol of sybokhaar af. Alle betalings kan nou met dieselfde stelsel gemaak word.

BKB koop ’n klomp eWallet Pro-kaarte van FNB en reik dit dan aan die boere en skeerders uit. Elke kaart het sy eie PIN, en kaarthouer­s kan onmiddelli­k na enige OTM gaan en die kontant onttrek, hoewel dit baie goedkoper by ’n FNB-OTM as by ’n Saswitch-masjien is. Die kaarthouer­s kan ook die kaart gebruik om goedere of lugtyd te koop op enige plek waar die Visa-logo vertoon word.

Die stelsel bied ook ’n kaartlose opsie. BKB doen die betaling aan ’n gekoppelde selfoon. ’n SMS word aan die ontvanger gestuur. Dit lig hom in dat ’n eWallet geskep en geld daarin gedeponeer is. Hy kan dan sy selfoon gebruik om ’n PIN aan te vra wat hy by enige FNBOTM kan gebruik om kontant te onttrek of voorafbeta­alde lugtyd of elektrisit­eit te koop. – HEATHER DUGMORE

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa