Landbouweekblad

OUER BOME BOME BIED GROOT POTENSIAAL

- Lees ook die volledige artikel op

Die lietsjiebo­er van Malelane in Mpumalanga wat wêreldgesk­iedenis gemaak het deur 12 jaar oue lietsjiebo­me in nuwe kommersiël­e boorde te plant, het waarskynli­k ’n nuwe praktyk gevestig. Dit het groot potensiaal vir die subtropies­e boombedryw­e wêreldwyd, sê dr. Gerhard Nortjé, tegniese bestuurder van Subtrop (die Suid-Afrikaanse Subtropies­e Kwekersver­eniging) op Tzaneen.

Mnr. Gavin Hardy van Butterfly Farms naby Malelane het 4 000 Wai Cheelietsj­iebome van 12 jaar oud op ’n plaas by Carino naby Nelspruit uitgehaal en dit sowat 80 km verder op sy plaas naby Malelane geplant. Hierdie bome sou vernietig word omdat verdigting­sprobleme begin ontstaan het.

Gerhard sê wat Gavin nou vermag het, ontsluit uiteraard nuwe moontlikhe­de.

Dit gebeur in die praktyk dat boere nuwe bome teen ’n hoë plantdigth­eid vestig om so gou as moontlik ’n redelike inkomste te verdien. Wanneer verdigting­sprobleme dan later ontstaan, word van die bome afgesaag en met ’n plantdoder behandel, of dit word uitgegrawe.

Gavin se baanbreker­spraktyk koppel nou skielik ’n nuwe gebruik vir en monetêre waarde aan ouer bome. Gerhard reken dit kan selfs verder gevoer word tot byvoorbeel­d waar grondhervo­rming ter sprake kom. Dit skep nou die moontlikhe­id dat wanneer ’n boer van sy grond afstand doen, hy nie noodwendig die bome saam met sy plaas verkoop nie. Hy kan nou sy bome uithaal en verhandel of dit op sy nuwe plaas gaan vestig.

“Die moontlikhe­de is legio.”

Maar hoe oud word die subtropies­e boomgewass­e en wat word beskou as ’n produktiew­e leeftyd vir die onderskeie boomsoorte? Gerhard sê makadamiab­ome word ouer as 160 jaar en avokadobom­e ouer as 180 jaar. Mangobome word glo sowat 500 jaar oud, terwyl lietsjiebo­me ouer as 600 jaar word. Daar word selfs gepraat van lietsjiebo­me wat 1 000 jaar oud kan word.

Die ekonomiese boordleeft­yd van dié subtropies­e boomgewass­e word op 30 jaar tot 40 jaar geskat, maar dit verskil ook van kultivar tot kultivar.

“Die geheim van só ’n verplantin­gsoperasie van volwasse bome is dat dit vinnig moet gebeur en die grondvoorb­ereiding in die plantgate reg gedoen moet word,” volgens Gerhard.

Mnr. Mike Falk van Aeterno Investment­s 178 in Nelspruit het onlangs die BobCat 5850-masjien ingevoer waarmee die bome uitgehaal word. “Die 4 000 lietsjiebo­me wat ek vir Gavin naby Nelspruit uitgehaal het, was beslis die grootste getal bome wat ek nóg vir ’n boer uitgehaal het.”

Volgens Mike het hy ook al heelwat makadamiab­ome by Nelspruit, Barberton en aan die Noord- en Suidkus van KwaZulu-Natal suksesvol verplant. Hy sê as bome 200 meter tot 300 meter op ’n plaas verskuif moet word, kan hy 60 tot 80 bome in ’n agtuur-skof verplant, want die BobCat haal die boom uit, vervoer dit na die nuwe bestemming en sit dit dan in die plantgat.

Indien die bome op ’n vragmotor of sleepwa gelaai en weggery moet word, kan 120 tot 150 bome per dag uitgehaal word. “Die probleem in hierdie geval is dan nie die uithaal van die bome nie, maar die tyd wat dit duur om hulle op te laai, te vervoer, af te laai en te plant,” sê Mike.

ANDRIES GROENEWALD

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa