Landbouweekblad

SÓ DOEN DIE JORDAANS DIT

- Skei die afdelings. Boekhouste­lsel.

Om as familie saam te boer, is nie aldag maanskyn en rose nie. Mnr. Andrew Jordaan (62) van die Spekboombe­rg-boerdery by Cradock en sy drie seuns, Wilhelm (38), Ginkel (36) en Andrew jr. (31), het ’n familietru­st gevorm en kry dit reg om dit in harmonie te doen. Hier is hul resep: ■ Elke seun het ’n afdeling van die boerdery wat binne sy belangstel­lingsveld lê, en waarvoor hy verantwoor­delikheid neem. Wilhelm behartig die gesaaides, besproeiin­g en instandhou­ding van die werktuie, Ginkel sien om na die melkery en Andrew jr. is by die skaapboerd­ery betrokke. Andrew sr. is oorhoofs by ál die vertakking­s betrokke, maar sy groot liefde is die Merino’s en die stoetery in besonder. ■ Die boekhoudin­g van elke afdeling word afsonderli­k gehou. Dit help om aan te toon watter afdeling onder- of oorprestee­r. ■ Hoewel al die seuns getroud is, probeer hulle so dikwels moontlik saam ontbyt op die familiepla­as te geniet. Om die tafel word informeel oor elkeen se dagtaak gesels. ■ Minstens een keer per week word ’n formele vergaderin­g gehou om die beplanning vir die volgende week te bespreek. Daar word ook by geleenthei­d gesamentli­k besin oor die langtermyn­doelwitte, soos waar spilpunte opgerig en nuwe kampe gespan moet word. ■ Die vroue van die seuns is nie regstreeks by die boerdery betrokke nie, maar ondersteun hul wederhelft­es as dit by belangrike besluite kom. ■ Die familie glo dat daar op vergaderin­gs na elkeen se standpunt geluister en dit gerespekte­er moet word sonder om mekaar in die rede te val.

Informele gesprek.

Formele vergaderin­g.

Vroue se rol.

Respek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa