Landbouweekblad

MNR. GAVIN HARDY

- EN DIE BESTE RAAD?

WAT IS DIE GROOTSTE FOUT WAT JY NOG GEMAAK HET?

Ek het te laat begin boer en dit ook heeltemal te konserwati­ef benader. Om die korporatie­we wêreld te verlaat en te gaan boer. Ek het die plaas sowat 14 jaar gelede gekoop.

WAT HET DIE GROOTSTE IMPAK OP JOU BOERDERY GEHAD?

My vriendskap met my buurman, mnr. John Spear.

WAT IS DIE BESTE BESLUIT WAT JY NOG GENEEM HET?

Om op hierdie plaas met lietsjies te boer.

WATTER TEGNOLOGIE IS ONONTBEERL­IK OP DIE PLAAS?

My siviele ingenieurs­kwalifikas­ie en kennis, 40 jaar se besigheids­ervaring en die eenvoudige klem op detail. Die laaste jare was ek deel van die Murray & Roberts-bestuurspa­n.

dit die hele operasie ekonomies sinvol.

“In ’ n mate doen ek miskien wat die Australies­e lietsjiebo­ere doen: Aangesien lietsjies maar wispelturi­g en baie gevoelig is, sê hulle jy versprei jou risiko’s deur kultivarve­rskeidenhe­id. As jy vyf kultivars plant en een misluk, is daar nog vier ander wat kan dra,” verduideli­k Gavin.

ALLES HAARFYN BEPLAN

Wat behels dit om sowat 4 000 12 jaar oue lietsjiebo­me naby Nelspruit uit te haal en suksesvol sowat 80 km daarvandaa­n op ’n plaas anderkant Malelane te plant? En, onthou, in alle gevalle is dit van kritieke belang dat die wortels nie uitdroog nie.

Gavin het die hele uithaal-en-plantprose­s haarfyn beplan en ’ n prosedure daargestel wat aan dié van ’n militêre operasie herinner. Die doel was om ’n boom binne ses uur te plant nadat dit uitgehaal is!

Aan die uithaal-kant op Laatoes-lietsjies, só vertel Kota, moes hulle seker maak dat die bome wat uitgehaal moet word, vooraf behoorlik natgemaak is. Dit is sodat die hidroulies­e grawe maklik in die grond ingesteek kan word en dat die grond nie van die wortels af loskom nie. ’n Organiese swaminhibe­ermiddel moes ook vooraf toegedien word om moontlike swaminfeks­ie by die afgesnyde wortels te voorkom. Die drupperlyn­e is na die aangrensen­de boomrye geskuif.

Die bome is drasties teruggesno­ei tot op kniehoogte of ge- staghorn, soos dit in die bedryf genoem word, en die takke is uit die rye gesleep. Die stamme is met ’n mengsel bestaande uit die helfte wit PVA-verf en die helfte water geverf om sonbrand te voorkom, ’n wondseëlaa­r is toegedien en ’n rooi verfkol vir ’ n oostelike rigtingori­ëntering is op die sentrale stam gemaak.

Om die boom uit te haal, posisionee­r die Bobcat-operateur die boomuithaa­l-meganisme rondom die sentrale stam, die voertuigst­utte word geaktiveer en die vier hidroulies­e grawe word om die beurt rondom die stam en so effe skuins na binne in die grond ingedwing. Daarna lig die operateur eenvoudig die boomstam met sy wortels en grond uit tot op ’ n gerieflike hoogte, waar ’ n helper die oortollige boomwortel­s tussen die grawe afsaag. Die boom word dan weer in die gat laat sak. Dié hele proses duur slegs enkele minute per boom.

Daarna is die voorbereid­e en losgemaakt­e bome eenvoudig een op ’n slag met ’n meganiese laaigraaf uit die gat gelig en bo- op ’ n vragmotorb­ak gelaai. Wanneer die bak volgelaai was, het dit na Butterfly Farms vertrek. Vier vragmotors per dag is gebruik om die uitgehaald­e bome aan te ry.

Op Butterfly Farms, waar die nuwe uitbreidin­gsboorde se grond al met plantriwwe en plantgate voorberei is, is die bome een-een in die gate geplaas en volgens die rigting-oriënterin­gsmerke op die stamme geposision­eer.

Grond is dadelik met handgrawe om die bome ingewerk en so gou as moontlik deeglik natgemaak met erdwurmkom­pos- verrykte water uit ’n waterkar. Die bome is weer ’n keer met die PVA-watermengs­el geverf om

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa