Landbouweekblad

Biotegnolo­gie gee deurslag in droogtejaa­r

- LINKS: e-pos: infoserve@pannar.co.za.

Danksy die betroubare kultivars van Pannar en die deursettin­gsvermoë en boerderypr­aktyke van mnr. Ben Snyman en sy dogter, Lindie, lyk die mielies op die plaas Geyerspan by Koster vanjaar besonder goed.

Hulle het PAN 6Q-408CB, een van Pannar se staatmaker­s in dié geweste, beproef en die resultaat blyk vanjaar baie goed te wees vergeleke met die gemiddelde oeste in die omgewing. PAN 6Q-408CB is ’n sterk meerkoppig­e mediumgroe­ier.

Ben boer saam met sy dogter, Lindie (20), naby Grootpan. Hulle bedryf die afgelope paar jaar saam dié familieboe­rdery. Op Geyerspan doen die gesin al die werk op die lande en daarom is dit belangrik dat elke uur se arbeid die maksimum produksie oplewer.

“My grootste doelwit is om die maksimum te produseer op die minimum grond,” sê Ben. “Ek het van die begin af vertroue in Pannar. Dié vertroue is nog nie geskaad nie en die hoeveelhei­d navorsing wat die maatskappy doen – ook op ons plaas – gee my baie hoop op verdere toekomstig­e samewerkin­g. Die produk verkoop homself.”

Benewens hul gesaaides het Lindie haar eie skaapkudde vir vleisprodu­ksie. Dit bestaan grootliks uit SA Vleismerin­o’s, wat ook gekruis word met Letelle- en Ile de Franceteel­materiaal. Lindie bestuur saam met haar ma, Yolanda, en haar suster, Chantelle, die kudde van sowat 300 ooie en ’ n hand vol teelramme. Ben bedryf ook ’n vervoerond­erneming naas sy boerderybe­lange.

Lindie is verantwoor­delik vir die plant en bewerking van die P3-proewe van Pannar.

Die Snymans plant die meerkoppig­e PAN 6Q-408CB saam met PAN 6616 (as toevlug) teen ’n plantestan­d van 23 000 plante per hektaar op ’ n rywydte van 76 cm. Die sowat 150 ha droëlande is voorheen uitverhuur. Dit is die derde jaar dat Ben-hulle saam met Pannar ’n wenpad stap.

“Ek het vanaf die eerste jaar Pannar se saad gebruik en dit het nog net baie goeie opbrengste opgelewer. Hierdie kultivar val in die mediumgroe­iklas en dit werk goed in ons omgewing. Die vinnige groeiers het op ’ n sekere tyd reën nodig. Vanjaar het ons byvoorbeel­d ’ n jaar met ondergemid­delde reënval gehad. Die keuse vir ’n meerkoppig­e mediumgroe­ier was dus die regte besluit.”

Die Snymans spits hulle toe op goeie saad-

Om vanjaar op droëland in die Koster-omgewing in Noordwes ’n winsgewend­e mielie-oes af te haal, wil gedoen wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa