EL NIÑO IN AUSTRALIË
Australiese boere aan dié land se ooskus veg teen ’n kwaai droogte. Die kans is goed dat dit kan voortduur omdat ’n nuwe El Niño-weerstelsel sy greep verstewig.
Die federale regering het in minder as drie jaar reeds meer as A$500 miljoen (R4,62 miljard) aan bystand en steun vir droogtegeteisterde boere en landbouondernemings bestee. Nou is daar ’n matige tot sterk El Niño onderweg en dit beteken gewoonlik droogte in oos-Australië.
Die regering se data wys dat daar sedert die 1860’s gemiddeld elke 18 jaar ’n ernstige droogte in Australië was. Die ergste droogte wat die land getref het, het van 2003 tot 2012 geduur. Dit het die regering A$4,5 miljard (R41,6 miljard) aan hulp vir die platteland gekos.
Die destydse landbouminister, mnr. Joe Ludwig, het in 2012 verklaar dat die droogte verby is, maar ’n jaar later het groot dele van wes-Queensland baie min reën gehad. Teen verlede jaar het dié nuwe droogte na die kusgebiede en tot in suidoos-Queensland en die noordooste van Nieu-Suid-Wallis versprei.
Die minister van landbou, mnr. Barnaby Joyce, sê toe sy regering ná ’n algemene verkiesing in September 2013 aan die bewind gekom het, was daar geen droogtebeleid nie. “Ons het dit ’n voorrangsaak gemaak.” Barnaby sê die behoefte aan steun was ’n werklikheid, veral in Queensland en dele van Nieu-Suid-Wallis.
Sedert 17 Junie vanjaar het die regering 5 156 aansoeke om huishoudelike toelaes vir plase goedgekeur. Die betalings wissel van tweeweeklikse toelaes van A$519,20 (R4 799,97) vir enkellopende persone sonder kinders tot A$561,80 (R5 193,80) vir enkellopende persone met kinders. Paartjies kry A$468,80 (R4 334,02) elk. Ontvangers kry ook ’n gesondheidsorgkaart en ’n sakebestuurder wat hul situasie help evalueer en ’n toekomsplan ontwikkel.
Boere en hul lewensmaats wat daarvoor in aanmerking kom, sal tot drie jaar lank betalings kry. “Dit is werklike hulp vir boeregesinne om kos op die tafel te sit as die inkomste opgedroog het,” sê Barnaby.
Die regering het A$615 miljoen (R5,68 miljard) bewillig om die tweemaandelikse betalings vir die volgende vier jaar te finansier. Dit bewillig ook A$82 miljoen (R758 miljoen) vir die finansiering van maatskaplike en gemeenskapsteun, ekstra finansiële raadgewers vir die platteland, plaagbestuur, rabatte vir waterinfrastruktuur en infrastruktuurbystand vir plaaslike regerings. Dit sluit A$435 miljoen (R4,02 miljard) in vir plaaslike infrastruktuur en werkskeppingsprojekte vir mense wat hul werk weens die droogte verloor het.
Daar is A$25,8 miljoen (R238,5 miljoen) bewillig vir programme om plaagdiere en onkruid in droogtegebiede te bestuur en A$20 miljoen (R185 miljoen) om bestaande maatskaplike en gemeenskapsteun uit te brei. Dit sluit steun en berading in.
Met drie konsessieleningskemas is tot dusver 598 lenings aan plase ter waarde van meer as A$313 miljoen (R2,89 miljard) goedgekeur. “Die lenings verseker finansiering teen lae rentekoerse aan plaasondernemings wat die droogte kan weerstaan en weer produktief kan raak sodra hulle op die been kan kom,” sê Barnaby.
Tot A$250 miljoen (R2,31 miljard) is beskikbaar vir droogteverwante konsessielenings in die nuwe boekjaar. Boere waardeer die hulp, maar wat hulle regtig wil hê, is reën – en baie daarvan.
–
HOOFFOTO: Duisende vrywilligers werk saam met Leket om groente en vrugte wat om ekonomiese redes nie geoes word nie, te “red” en aan liefdadigheidsorganisasies te versprei. dis geskik vir menslike verbruik. Sowat 5% van die produkte word weggegooi. “Ons het ook dieetkundiges op ons raad en ons word deur maatskappye van buite geoudit.”
PROBLEME
“Dit het sowat 11 jaar geduur om die vertroue van die mense te wen saam met wie ons werk. ’n Plaas is die boer se fabriek en hulle hou dus nie gewoonlik daarvan as vreemde mense daar rondloop en dalk iets breek nie, maar ons het hul vertroue gewen deur die regte goed te doen en kundige mense aan te stel. Ons werk nou saam met die plaas se bestuur en wys hulle waar die groente en vrugte heen gaan,” sê Paul.
Hy verwys na die boere as “kliënte”. “Ons beskou hulle so, en daarom maak ons seker ons los hul probleme en klagtes op.”
Sowat vyf jaar gelede het die direkteure hulself afgevra of die kos wat hulle versprei, na organisasies gaan wat dit werklik nodig het en ook seker gemaak hulle weet hoe die kos aangewend word. “Ons het ’n skakeleenheid op die been gebring wat die organisasies (soos sopkombuise) tot tien keer per jaar besoek sodat ons hul behoeftes verstaan, maar ook kan seker maak dis werklike behoeftes.” Op dié manier kon hulle ’n duidelike aanduiding kry van watter produkte gered moet word en watter produkte selfs vir die liefdadigheidsmark verlore is.
“Jy kan ook net soveel met blaarslaai doen. Ons het die tipes produkte gegradeer. Produkte, soos aartappels, wortels en tamaties, is standaard, terwyl eiervrug en soetrissies op ’n laer vlak is en kool en blaarslaai op die laagste vlak.” Finansiering bly ook ’n tameletjie, sê Paul. “Ons kan elke maand 3 000 ton produkte red as ons net genoeg geld gehad het om meer mense in diens te neem.” Lucille Botha het einde April die 19de Agritechlandbou-ekspo in Tel Aviv as gas van Israel se uitvoer-instituut bygewoon. Sy het ook in die suide van die land groenteplase, kweekhuise, kwekerye en navorsingsinstellings besoek.