Landbouweekblad

LENSIES & BONE

-

375 ml lensies 45 ml olie 1 groot ui, fyn gekap 5 ml garam masala 10 ml kerriepoei­er 3 ml borrie 1 middelslag-botterskor­sie, geskil, ontpit en in blokkies gesny Water 5 ml botter Skeut melk of room Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Bolaag

3 eiers 500 ml melk Lourier- of kerrieblar­e

Voorverhit die oond tot 180 ˚ C. Kook die lensies in ’n pot water (sonder sout) tot dit baie sag is. Terwyl die lensies kook, verhit die olie en braai die ui en speserye stadig daarin tot die ui sag is. Voeg die botterskor­sieblokkie­s by en braai verder vir ongeveer 2 minute. Bedek met net genoeg water om die botterskor­sie toe te maak en verhit tot kookpunt. Prut tot die botterskor­sie sag is en daar ongeveer 100 ml vloeistof saam met dit in die kastrol oorbly (as die vloeistof te min word gedurende die kookproses, voeg nog ’n bietjie water by). Druk die botterskor­sie goed f yn met botter en ’ n bietjie melk of room tot glad. Geur met sout en peper na smaak. Wanneer die lensies gaar is, dreineer en geur ook met ’n bietjie sout. Skep lagies van die botterskor­siepuree en lensies in ’n gesmeerde oondbak. Hou ongeveer 100 ml van die botterskor­siemengsel terug om in die bolaag te gebruik. Voeg die eiers en melk by die orige botterskor­siemengsel en klits goed, tot glad. Giet versigtig oor die bobotie en druk lourier- of kerrieblar­e bo- op in. Bak vir 30- 40 minute tot die bolaag goudbruin en ferm is. Sit voor met rys of poppadoms en ’n tamatiesla­ai met vars koljander- of roketblare. Lewer 6-8 porsies.

Die aardse smake van dié sakpas proteïenko­s maak dit nommerpas vir winteretes. Ons wys jou hoe om droëbone en lensies op te kikker.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa