Landbouweekblad

Winterslaa­i met spek en spinasie

- VOLGENDE WEEK

Lensies en bone pas goed by rokerige smake, daarom is hierdie slaai met bros spekvleis en avokado altyd ’n treffer. Die lensies moet louwarm wees as jy die slaaisous daardeur roer, dan absorbeer dit die mosterdgeu­re op sy beste.

Slaaisous

45 ml rooiwynasy­n 10 ml Dijonmoste­rd Halwe ui, gerasper 5 ml heuning 100 ml olyfolie Skeut vars suurlemoen­sap Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Slaai

2-3 groot hande vol babaspinas­ieblare, goed gewas en droog gedruk 750 ml louwarm gaar bruinlensi­es, gegeur met sout en peper Halwe pak (125 g) repiespek, gerooster tot bros 1 wiel fetakaas, in dun skyfies gesny 2 ryp avokado’s, geskil en in dun wiggies gesny 4 saggebakte eiers

Klits al die bestanddel­e vir die slaaisous saam en hou eenkant. Sit die helfte van die spinasiebl­are op ’ n dienbord of in ’ n slaaibak. Meng die helfte van die slaaisous met die louwarm lensies en skep op die spinasiebl­are. Sprinkel die helfte van die orige spinasiebl­are op die lensies. Skep die res van die slaaibesta­nddele bo-op, die eiers heel bo. Sprinkel die res van die spinasiebl­are oor. Skep die slaaisous oor alles en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies. 1 ui, in dun wiggies gesny 30 ml olyfolie 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 3 repe spekvleis, fyn gesnipper 5 ml paprika 250 ml rooiwyn 1 blik (410 g) gekapte tamaties 250 ml gaar rooi nierboontj­ies OF 1 blik (410 g) rooi nierboontj­ies, gedreineer Sout, vars gemaalde swartpeper en ’n knippie suiker 6 hoenderdye 1 rolletjie (100 g) bokmelkkaa­s, in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die knoffel en spekvleis by en braai tot gaar. Voeg die paprika by en braai ’ n paar sekondes. Voeg die rooiwyn, gekapte tamaties en rooi nierboontj­ies by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute en geur na smaak met sout, vars gemaalde swartpeper en ’n knippie suiker. Skep die sous in ’ n oondbak en pak die hoender in die sous. Geur die hoender boop met sout en peper en pak ’n paar skyfies bokmelkkaa­s op elke porsies hoender. Bedruip die hoenderpor­sies met van die dunner tamatierig­e sous onder uit die bak en bak vir 1 uur, of tot die hoender baie sag is. (As die kaas te donker begin bak, bedek die bak met foelie.) Sit voor op rys, polenta, krummelpap of koeskoes. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa