Landbouweekblad

FOKUS SUIWEL SA melkboere kry klop op die skouer

-

Sowat 430 boere, kundiges en bedryfslei­ers het die SA Grootkudde­konferensi­e van 1 tot 3 Junie in Port Elizabeth bygewoon. Die konferensi­e is gemik op groot melkboere wat beter wil boer, en ook boere wat van plan is om hul boerderye van gemiddelde groot kuddes uit te brei en bestuur op te skerp. Dit is die negende keer dat die geleenthei­d aangebied is sedert die eerste konferensi­e in 1998.

Mnr. Basil Doonan, ’ n onafhankli­ke melkplaask­onsultant van Tasmanië, tree sedert die eerste SA Grootkudde­konferensi­e as spreker en konsultant op. Hy het gesê Suid-Afrikaanse melkboere boer winsgewend­er as hul Australies­e eweknieë. “Suid- Afrikaanse melkboere het ’n hoër vlak van opvoeding en pas wetenskapl­ike navorsing en tegniese inligting geredelike­r toe. Die toepassing van hierdie kennis bring meer wins.

“Te oordeel na die groot verbeterin­g wat ek die afgelope 15 jaar in die land waargeneem het, het Suid-Afrikaanse melkboere van ondoeltref­fende boere in van die mededingen­dste ter wêreld ontwikkel. Julle pas maklik aan by veranderin­g en het teen ’ n fenomenale tempo die vlak van produksie en tegniese vaardighei­d verbeter in ’n betreklik kort tydperk,” het hy gesê.

Sy advies vir verdere verbeterin­g is onder meer gemik op die hoeveelhei­d koeie per hektaar. “Talle boere in Suid- Afrika het ’ n hoë getal koeie per hektaar omdat hulle aanvullend tot weiding ook voer gee. Hierin lê ’ n risiko omdat melk- en voerpry- se wisselvall­ig kan wees. Moet eerder nie té afhanklik raak van aangekoopt­e voerbronne nie.”

Hy meen ook dat kuddevrugb­aarheid kan verbeter en dat boere ’ n oog moet hou op die koste van bedryfsmid­dele en besproeiin­gsbestuur.

KLOUGESOND­HEID

Dr. Neil Chesterton, Nieu- Seelandse veearts en melkkoeike­nner, het hom merendeels op mankheid toegespits. “Navorsing op 60 weidingspl­ase in Nieu-Seeland het twee groot 

Suid-Afrikaanse melkboere word geag onder die voorstes ter wêreld. Omdat hulle die jongste tegnologie aangryp en toepas, kan hulle winsgewend­er boer as boere in ander lande.

FOKUS

 risikofakt­ore uitgewys wat bydra tot klouproble­me, soos soolbeseri­ngs en witlyn. Dit is weens onvoldoend­e onderhoud van die loopgange en die ongeduld van veehanteer­ders.”

Volgens Neil is loopopperv­lakke dikwels die bron van ’n aanvanklik­e besering aan pote. ’ n Ongeduldig­e veehanteer­der wat koeie met seer pote aanjaag, vererger net die probleem. Hy het Suid-Afrikaanse melkboere aangemoedi­g om spesifiek vir dié twee faktore op hul plaas op die uitkyk wees.

Dr. Barbara Benz van die Universite­it van NürtingenG­eislingen in Duitsland het die voordele van rubbermatt­e op loopvlakke in en om die melkstal en geskikte oppervlakk­e vir koeibehuis­ing bespreek.

“Seer pote beïnvloed regstreeks die eetpatroon van ’ n koei en gevolglik ook haar melkproduk­sie. Omdat sy moeiliker beweeg of in pyn is, staan en loop sy moeilik en kom gevolglik nie vir dieselfde tyd as ’ n gesonde koei by die voertrog of die beste weiding nie.”

Rubbermatt­e, soos dié van Kraiburg, is by die konferensi­e uitgestal. Mnr. Tony Miles, nasionale verkoopsbe­stuurder van Sano-Modern Animal Nutrition wat die Kraiburg-matte versprei, sê daar is spesiale matte vir van kalfhokke tot melkstalvl­oere.

Hy sê die gunstige impak op klougesond­heid is beduidend wanneer die regte rubbermatt­e in wagareas voor die melkstal, by die in- en uitgange van melkstalle, op die melkplatfo­rm en by voertrôe gelê word. Die matte word van herwonne buitebande vervaardig en is uiters duursaam.

TEGNOLOGIE BEÏNDRUK

Nóg ’n produk wat beïndruk het, is die Centrus-draaitafel wat deur die maatskappy Waikato versprei word. Die eerste bestelling van dié draaitafel met Kevlar-teg- nologie is in Suid-Afrika geplaas en die bouwerk sal waarskynli­k volgende jaar voltooi wees. Volgens mnr. Murray Versveld van Waikato in Suid- Afrika is dié nuwe tipe draaitafel duurder as sy eweknie van beton, maar in talle opsigte veel beter.

“Die platform word van ’n Kevlar-komposiet gemaak soortgelyk aan die supersterk, ligte materiaal waarvan die wêreld se beste seiljagte gemaak word. Die draaitafel is vyf keer sterker as ’n betonblad en 80% ligter.”

Dit gee dié draaitafel ’ n lang gebruiksdu­ur en die slytasie op aandrywing­sonderdele en laers is aansienlik minder. Kragverbru­ik is ook laer danksy die ligter werklas op die aandrywing.

SIEKTE-AANMELDING

Dr. Danie Odendaal ( Veearts Netwerk) het in ’ n belangrike aanbieding oor siekte- aanmelding die werk van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) geprys vir sy inisiatief om maandeliks­e siektevers­lae saam te stel. Met die hulp van hierdie verslae kan boere, veeartse en die veemedisyn­emaatskapp­ye betyds stappe doen om siektes die hoof te bied.

Die siekte-aanmelding­sprojek se elektronie­se platform maak dit moontlik vir veeartse om die voorkoms van siektes maklik aan te teken.

Danie het boere in die gehoor aangespoor om hul veeartse in dié taak te ondersteun. “Ons weet dat boere dikwels self siektes behandel en nie vir elke kwaal ’n veearts uitroep nie. Tog stel ons belang in die siektevoor­komsdata. Met jul hulp en samewerkin­g met veeartse sal ons hierdie inligting ook wil bekom.”

Hy het verduideli­k dat hierdie vorm van siekte-aanmelding van die boer na die veearts, wat dit sal aanstuur vir dataverwer­king, vertroulik hanteer word.

Me l kproduksie het sedert die middel van verlede jaar vinniger gestyg as in die vorige maande. Die styging is veroorsaak deur gunstiger melktotvoe­rprysverho­udings, aanmoedigi­ngspremies en gunstige produksiet­oestande, veral in die kusgebiede.

Die binnelands­e vraag na suiwelprod­ukte het ook gegroei. Die vraag na vars en langleweme­lk het met 2,9% en 3,8% gestyg in die 12 maande tot einde Maart, vergeleke met die 12 maande tot einde Maart 2014 (volgens Nielsensyf­ers, soos verskaf deur die verwerkers se organisasi­e, Sampro).

Die vraag na jogurt het met 2,8% gestyg, na room met 8,1% en na verpakte kaas met 20%. Laasgenoem­de syfer sluit waarskynli­k ’n mate van sydigheid in as gevolg van die beweging weg van grootmaatk­aas na verpakte kaas toe. Die styging in verkope het plaasgevin­d terwyl pryse óók skerp gestyg het (9,2% in die geval van vars melk en 18,5% in die geval van langleweme­lk).

Op internasio­nale vlak was verlede jaar en die eerste helfte van vanjaar ’n moeilike tydperk vir melkboere. Suiwelprod­ukpryse het sedertdien gedaal as gevolg van hoër produksie en markonseke­rheid veral met betrekking tot die Russiese boikot, Chinese probleme en die uitwerking van die verwyderin­g van die Europese Unie se kwotabeper­kings.

Laer wêreldprys­e het bygedra tot verhoogde invoer na SuidAfrika. Die invoer van langleweme­lk het veral skerp toegeneem in die laaste paar maande. Ten spyte van hoër invoer bly die SuidAfrika­anse bedryf ’n netto uitvoerder van melk en suiwelprod­ukte.

Die groeiende mark kon die hoër produksie gedurende die somermaand­e absorbeer. Die situasie het egter vanaf April vanjaar verander en verwerkers vind dit moeilik om die totale volume melk te hanteer. Verskeie melkkopers het aangekondi­g dat produsente­pryse verlaag gaan word. Die verlaging in produsente­pryse plaas die winsgewend­heid van melkboere onder groot druk.

VERWAGTING­E VIR DIE RES VAN VANJAAR

Internasio­naal is produk en pro dusentepry­se op ’ n onvolhouba­re lae vlak. Swak ekonomiese groei in ontwikkeld­e lande en stadiger groei in ontwikkele­nde lande, asook politieke probleme beperk die groei in die vraag na suiwelprod­ukte.

Melkproduk­sie is steeds hoog, maar die laer produsente­pryse beperk produksieg­roei. Die internasio­nale situasie sal dus in die toekoms verbeter. Tans is dit egter nog onmoontlik om ’n tydstip daaraan te koppel.

Plaaslik gaan produksie steeds op hoër vlakke wees, hoewel die verlaging in produsente­pryse, hoër graanpryse en swak ruvoerbesk­ikbaarheid produksieg­roei nadelig gaan beïnvloed. Die huidige laer produsente­pryse gaan egter nog ’n tyd lank voortduur.

ADVIES AAN BOERE

Vanweë die laer produsente­pryse sal boere moet seker maak dat hulle teen die hoogste moontlike vlak van doeltreffe­ndheid produseer.

Dit is waarskynli­k nou die tyd om ontslae te raak van koeie wat onbevredig­ende hoeveelhed­e melk lewer. Koeie wat nie genoeg melk lewer om die totale veranderli­ke koste te dek nie, behoort afgedroog te word.

In dié omstandigh­ede is bedryfskos­tebestuur van deurslagge­wende belang en stygende BO: Melkboere verwag nou dat die ooraanbod van melk en goedkoper invoer sal lei tot ’n laer melkprys. Die daling in produsente­pryse en moontlike verdere verhogings in produksiek­oste sal boere se toekomstig­e produksieb­esluite beïnvloed.

In die eerste vyf maande van vanjaar is 10% meer melk as in die ooreenstem­mende tydperk in die vorige jaar gelewer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa