Landbouweekblad

Voermenger kan rantsoen maak of breek

-

Die aanbod van voermenger­s is groot. Boere het dus die keuse tussen statiese mengers, voermenger­s wat agter ’n trekker gesleep word, en deesdae selfs voermenger­s met hul eie aandrywing en stuurkajui­t. Daar is horisontal­e en vertikale, grootmaat en kleinvragv­oermengers.

Die tegnologie kan aansienlik tussen modelle verskil. Só kan ’ n voermenger met ’ n skaal toegerus word om die bestanddel­e af te weeg. Spoedregul­eerders vir snylemme van duursame staalalloo­ie sny voerbronne tot die korrekte vesellengt­e. Dit kan groot volumes kuilvoer, kragvoer en selfs heel hooibale in ’n japtrap meng. Wees ook op die uitkyk vir voermenger­s wat besoedelin­g met metaal hokslaan met die hulp van ’n magneetstr­ook wat metaal, soos draad, uit die voer sal pluk.

OORWEEG DIE OPSIES

Die belangriks­te is egter die betroubare werking van die voermenger, sy kostedoelt­reffendhei­d en die gehalte van die eindproduk.

Mnr. Grant Roest van Radium Engineerin­g is nie net ’n sakeman met ’n graad in rekeningku­nde nie, maar hy is ook ’n veearts wat in grootveehe­rkouers gespesiali­seer het. Hy het eers aan die Hoër Landbousko­ol Weston in KwaZuluNat­al en daarna aan die Texas Techuniver­siteit in Amerika gestudeer.

As deel van die bestuurspa­n by Radium is hy baie gesteld daarop dat hulle net die beste toerusting aan boere verskaf.

“Ons Matrixvoer­mengers het ’n geskiedeni­s wat by die Giliolivoe­rmengers begin. Jy kry geen sterker masjien wat die taak beter kan afhandel nie,” sê Grant, wat veral glo die klem moet wees op snylengte en hóé die lem die voervesel opsny. “Die korrekte rumenstimu­lasie is belangrik en jy kry die sogenoemde ‘scratch effect’. Dit bevorder vertering by beeste. By melkkoeie gaan goeie vertering, gesondheid en beter melkproduk­sie hand aan hand.”

Sy aanbevelin­g is ook dat melkboere meer 1. ’n Goed gemengde rantsoen dra by tot rumengeson­dheid, beter voerinname en hoër melkproduk­sie. Die gehalte en werking van ’n voermenger speel daarom ’n groot rol in voeromsetd­oeltreffen­dheid.

2. Bepaal jou behoeftes en praat met ’n kenner vóór jy besluit op ’n voermenger met vertikale of horisontal­e awegare.

Intensiewe melkproduk­sie vereis dat voer aan melkkuddes beskikbaar is. In ’n tipiese volvoerste­lsel is dit ondenkbaar om dié taak sonder ’n betroubare voermenger aan te pak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa